Onverdraagsaamheid teen ex-gays

Kyk ook:

Daar is al hoe meer gevalle waar ex-gays aangeval word deur die (pro) gay gemeenskap. Dit is waarskynlik omdat hulle weet dat hulle saak daardeur skade ly. Dit het niks met die waarheid te doen nie.

In die artikel ‘Ex-gay is OK’ sê Grace Harley die volgende:

“I have suffered more discrimination and intolerance as an ex-gay than I did when I was actually in the [homosexual] lifestyle”.

In die artikel Conversion therapy: she tried to make me ‘pray away the gay’, word vertel hoe Patrick Strudwick, ’n gay persoon, vir die psigiater Lesley Pilkington ’n strik gestel het en haar gevra het om hom te genees van homoseksualiteit. Omdat homoseksualiteit egter in 1973 van psigiatrie se woordelys van geestesongesteldhede verwyder is, het Pilkington kwansuis onwettig opgetree en het Strudwick die saak in die hof gewen.

Kyk ook:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui