Verklaring van die Sentrale Bestuursdiensgroep insake Teologiese Opleiding in die NG Kerk

*******

Verklaring van die Sentrale Bestuursdiensgroep insake Teologiese Opleiding in die NG Kerk

Die Sentrale Bestuursdiensgroep (SBG) van die NG Kerk in Namibië het kennis geneem van die verklaring wat die drie kuratoria uitgereik het ten opsigte van die opleiding aan die Teologie-fakulteite te Stellenbosch, Pretoria en Bloemfontein.

Die SBG het voort kennis geneem van die debatte wat tans in die pers gevoer word ten opsigte van die saak.

In die lig hiervan het die SBG dit goed gedink om die volgende begeleidende kommentaar uit te reik oor die saak.

1. Die veranderde situasie ten opsigte van tersiêre opleiding het die kerk genoop om strategiese vennootskappe met ander denominasies te vorm sodat universiteitsopleiding steeds aan die drie teologiese fakulteite voortgesit kan word. Dus is die instansies nie meer “kweekskole” van die kerk soos in die verlede nie.

2. Die ontwikkeling het tot gevolg dat al die dosente aan die teologiese fakulteite nie meer deur die NG Kerk beroep word soos in die verlede nie. Die kerk hou via sy kuratoria toesig oor die leer en lewe van die NG Kerk-studente en dosente wat wél deur die kerk beroep is. Die kerklike eksaminering van studente wat hulle voorberei vir die bediening in die NG Kerk en wat uitloop op legitimasie as proponente, (dit wil sê teologiese kandidate wat beroep mag word binne die kerkverband), staan ook onder toesig en beheer van die drie kuratoriums.

3. Die kuratoriums word van tyd tot tyd saamgestel deur genomineerde verteenwoordigers uit elke sinodale gebied, wat deur die onderskeie sinodes aangewys word.

4. Uit die voorafgaande is dit duidelik dat dit moontlik kan wees dat ‘n dosent wat aan een van die fakulteite klasgee, uitsprake kan maak en standpunte kan huldig waarmee die NG Kerk nie saamstem nie.

Uitgereik in opdrag van die Sentrale Bestuursdiensgroep
Windhoek

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui