Bruid van Christus

Die Bybel vergelyk die verhouding tussen Christus en Sy kerk met die verhouding tussen ‘n bruidegom en bruid. Net soos ‘n bruid gehoorsaam is aan haar man en na hom hunker, so moet die kerk ook hunker na Christus. (Efesiërs 5:22-27). Hierdie beeld kom in die volgende dele in die Bybel voor:

Die volgende is ’n vertaling van What does it mean that the church is the bride of Christ? (gotquestions.org)

Vraag: Wat beteken dit dat die kerk die bruid van Christus is?

Antwoord: Die beeld en simboliek van die huwelik word toegepas op Christus en die liggaam van die gelowiges wat as die kerk bekend staan. Die kerk bestaan uit diegene wat op Jesus Christus as hul persoonlike Verlosser vertrou het en die ewige lewe ontvang het. Christus, die Bruidegom, het die kerk opofferend en liefdevol gekies om sy bruid te wees (Efesiërs 5:22-27). Net soos daar in die Bybelse tyd ’n verlowingstydperk was waartydens die bruid en die bruidegom tot die bruilof van mekaar geskei is, so is die bruid van Christus gedurende die kerktydperk van haar Bruidegom afgesonder. Haar verantwoordelikheid gedurende die verlowingstydperk is om getrou aan Hom te wees (2 Korintiërs 11:2; Efesiërs 5:24). By die wederkoms sal die kerk met die Bruidegom verenig word en die amptelike ‘huwelikseremonie’ sal plaasvind en daarmee saam sal die ewige eenheid van Christus en sy bruid verwerklik word (Openbaring 19:7-9; 21:1-2).

In die ewige toestand sal gelowiges toegang hê tot die hemelse stad wat bekend staan as die Nuwe Jerusalem, ook genoem “die heilige stad” in Openbaring 21:2 en 10. Die Nuwe Jerusalem is nie die kerk nie, maar dit neem sommige van die kenmerke van die kerk aan. In sy visioen van die einde van die eeu sien die apostel Johannes die stad neerdaal wat versier is “as ’n bruid”, wat beteken dat die stad glansryk sal wees en dat die inwoners van die stad, die verlostes van die Here, heilig en rein sal wees, met wit klere van heiligheid en geregtigheid. Sommige het vers 9 verkeerd geïnterpreteer om te beteken dat die heilige stad die bruid van Christus is, maar dit kan nie wees nie omdat Christus vir sy volk gesterf het, nie vir ’n stad nie. Die stad word die bruid genoem omdat dit almal insluit wat die bruid is, net soos al die studente van ’n skool soms ‘die skool’ genoem word.

Gelowiges in Jesus Christus is die bruid van Christus, en ons wag met groot verwagting op die dag wanneer ons met ons Bruidegom verenig sal word. Tot dan bly ons getrou aan Hom en sê saam met al die verlostes van die Here: “Kom, Here Jesus!” (Openbaring 22:20).

Homoseksualiteit

Hierdie uitbeelding van Christus as bruidegom (man) en Sy kerk as sy bruid (vrou) is ‘n verdere argument teen homoseksualiteit.

In die Bybel word die mens verteenwoordig deur die man – in Genesis 2 word na Adam verwys as “die mens” (kyk spesifiek die 1953 vertaling):

(20)… maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie. (21)Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. (22)En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens. (23)Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.

As homoseksualiteit ‘n aanvaarbare praktyk was, hoekom het die Bybel die verhouding tussen Christus en sy kerk vergelyk met die verhouding tussen ’n man en vrou (bruidegom en bruid)? Hoekom het die Bybel dit dan nie eerder vergelyk met ‘n liefdesverhouding tussen twee mans nie?

1 thought on “Bruid van Christus”

  1. Om te antwoord op die vraag oor homoseksualiteit: Die verkeerde vraag word elke keer gevra.

    Die vraag moet eerder wees,
    Die aanvaarding ten opsigte van vlees wat mag lê by vlees, met ander woorde, “Man mag lê saam vrou.” beskryf dit mooi, letterlik, dat daar n “opposite” is wat God Homself gemaak het. ’n “Binary”. Iets wat pragtig is. Dit is ’n letterlike siening van natuur. Ons sien dit orals, bv. Dag-Nag. Warm-Koud. Ens.
    (maar dit is net my siening, want ek kan nie vir enigiemand sê dit IS waar vir hulle nie.)

    “Man wat nie by man mag lê nie” word dan obviously gesien as “teen God se Wil.” BINARY.

    Maar dan bevraagteken dit jou hele stelling hierbo oor ’n vergelyking en siening wat dan net vleeslik gesien word en nie geestelik nie.

    Sodra jy ’n nuwe siening vir mense gee oor wat iets ‘eintlik beteken in die Bybel’ beteken dit dat ‘in fact’ homoseksualiteit ook ’n nuwe siening en beter verstaan kan hê oor wat dit eintlik beteken om Gay te wees” daarom jou vraag. Glo ek

    ONS STRYD IS NIE TEEN VLEES EN BLOED NIE MAAR TEEN ELKE MAG EN GESAG, TEEN ELKE GEES WAT HEERS OOR HIERDIE SONDIGE WERELD, TEEN ELKE BOSE GEES IN DIE LUG.

    Dit maak nie saak wat die fiesiese is nie, want dit is al klaar wat dit is. Om dit lief te hê en om dit te nurture en om dit te probeer verstaan en te aanvaar vir wat dit werklik is, is wat liefde is en wat die Bybel ons leer. Ons moet lief wees vir mekaar. Maak nie saak wie of wat jy is nie. Liefde is Binary. EN DIT BETEKEN SIELIK OOK. HOEKOM DINK JULLE BESTAAN GAY MENSE? ONS LEER JULLE GEDULD, LIEFDE, AANVAARDING EN VERSTAAN. ONS IS DIE SWART SKAPIES IN DIE VLOK. MAAR TOG ONS IS SKAPIES NON THE LESS. Ek het Myself aanvaar vir wie ek is. En God het ook, want ek is sy skepping. Amen!

    Ek vra dat mense hierdie nie moet sien as ’n terugslaan aan iemand wat at least die guts het om so iets te vra met ’n verduideliking wat sin maak nie, maar dat dit nie altyd “bashful hoef te wees teenoor die Gay gemeenskap nie.” Ons is tog ook maar net mens, en ons verstaan julle misverstand of geloof. Ons soek maar ook net bietjie liefde.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui