Moet ons vir almal bid?

Op die vraag of ’n mens vir almal moet bid, veral vir hulle redding, is jou eerste reaksie: Natuurlik!

2 Petrus 3(9)…Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Romeine 10: (1)Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle gered word, (2)want ek kan van hulle getuig dat hulle vol ywer vir God is, maar sonder die regte insig.

We are not building God’s kingdom. He is building His kingdom, and we are praying for the privilege of being involved – Francis Schaeffer

Daar is egter heelwat aanduiding in die Bybel dat daar ’n tyd kom waar ’n mens nie moet aanhou om vir mense te bid wat hulle harte teen die Evangelie verhard het nie.

Deuteronomium 3: (25)Laat my [Moses] tog nou deur die Jordaan gaan om hierdie mooi land te gaan bekyk, die mooi Bergwêreld en die Libanon.’ (26)Maar deur julle toedoen het die Here destyds vir my kwaad geword en daarom het Hy nie nou my gebed verhoor nie. Hy het vir my gesê: ‘Jy het nou al genoeg daaroor gepraat. Moenie weer met My oor hierdie saak praat nie.

Jeremia 7: (16)Jy moenie vir hierdie volk bid nie. Moet My nie ter wille van hulle smeek en by My vir hulle voorspraak probeer doen nie. Ek sal nie na jou luister nie.

Jeremia 11: (14)En jy, Jeremia, moenie vir hierdie volk bid nie, moenie vir hulle pleit of bid nie, want as jy My aanroep wanneer die ramp hulle tref, sal Ek nie luister nie.

Matteus 12: (30)Wie nie aan my kant is nie, is teen My; en wie nie saam met My die skape bymekaarmaak nie, jaag hulle uitmekaar. (31)Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word, maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie. (32)As iemand iets teen die Seun van die mens sê, kan dit hom vergewe word; maar as iemand iets teen die Heilige Gees sê, kan dit hom nie vergewe word nie, nie in hierdie bedeling nie en ook nie in die toekomstige nie.”

Markus 3: (28)“Dit verseker Ek julle: Alles sal die mense vergewe kan word, al die sondige lastertaal wat hulle praat. (29)Wie egter teen die Heilige Gees laster, word tot in ewigheid nie vergewe nie maar bly ewig skuldig aan die sonde.” (30)Dit het Hy gesê omdat hulle gesê het: “Hy is van ’n onrein gees besete.”

Lukas 12: (10)Elkeen wat teen die Seun van die mens iets sê, kan vergewe word; maar hy wat teen die Heilige Gees laster, kan nie vergewe word nie.

Lukas 16: (31)Maar hy [Abraham] sê vir hom: ‘As hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie al sou iemand uit die dood opstaan.’

Johannes 17: (9)“Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie maar vir dié wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. …

Efesiërs 6: (18)…Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

Hebreërs 6: (4)Wanneer mense een keer deur God verlig is, die hemelse gawe ontvang en deel gekry het aan die Heilige Gees, (5)die goeie woord van God leer ken het en die kragte van die toekomstige wêreld ondervind het (6)en dan nogtans afvallig geword het, is dit onmoontlik om hulle weer tot bekering te bring. In hulleself kruisig hulle immers weer die Seun van God en maak hulle Hom in die openbaar tot ’n bespotting.

Hebreërs 10: (26)Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie. (27)Daar bly alleen ’n verskriklike verwagting oor van oordeel en ’n gloeiende vuur wat die teenstanders van God sal verteer. (28)As iemand die wet van Moses oortree, en twee of drie getuies bevestig dit, word hy nie begenadig nie, hy word doodgemaak. (29)Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy kry wat die Seun van God verag het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, geminag het en die Gees van genade beledig het? (30)Ons weet tog wie Hy is wat gesê het: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld;” en verder: “Die Here sal oor sy volk oordeel.” (31)Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val.

1 Johannes 5: (16)As iemand sy broer sonde sien doen wat nie tot die dood lei nie, moet hy bid en God sal die broer die ewige lewe gee. Dit geld dié wat sonde doen wat nie tot die dood lei nie. Daar is sonde wat tot die dood lei; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie. (17)Alle ongeregtigheid is sonde, maar daar is sonde wat nie tot die dood lei nie.

Paulus sê hier om te bid vir mense wat sonde doen wat nie tot die dood lei nie. Oor mense wat sonde doen wat tot die dood lei sê hy: “ek sê nie dat julle nie vir hulle moet bid nie”. Hy sê egter ook nie dat ‘n mens veral vir hierdie mense moet bid nie.

Bronne

  1. Why does Jesus pray for the saved and not the world when God loves everyone?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui