Selfdegeslagsverhoudings en die wetenskap

Kyk ook:

INLEIDING

(SGV=Selfdegeslag verhoudinge en SGO=Selfdegeslag oriëntasie)

Vandat die bekende sielkundige Sigmund Freud in 1916 gesê het dat die oorsprong vir selfdegeslag verhoudinge(SGV) geestelik van aard is, is die wortels van SGV hoofsaaklik op geesteswetenskaplike vlak nagevors. Na sowat 60 jaar se geesteswetenskaplike navorsing, het die klem in die soeke na die oorsprong van SGV vanaf die middel 1970s verskuif na natuurwetenskaplike navorsing. Dis nou weer sowat 40 jaar later en tot op datum is daar nog geen enkelvoudige antwoorde gevind oor die oorsprong van SGV nie.

Kom ons kyk vervolgens na die resultate van wetenskaplike studies rakende die oorsprong van SGV en vra onsself dan af waar dit die kerk laat.

BIOLOGIES WETENSKAPLIKE NAVORSING

Met die navorsing om die menslike genoom te ontrafel, het die wêreld as’t ware op die punte van hul stoele gesit om te hoor of daar ’n sogenaamde gay geen ontdek sou word. (Die studie het geduur van 1993 tot 2003). Dr. Francis S. Collins skryf hieroor in sy boek The Language of God: “An area of particular strong public interest is the genetic basis of homosexuality. Evidence from twin studies does in fact support the conclusion thar heritable factors play a role in male homosexuality. However, the likelihood that the identical twin of a homosexual male will also be gay is about 20 percent (compare with 2-4 percent of males in the general population), indicating that sexual orientation is genetically influenced but not hardwired by DNA, and that what ever genes are involved represent predisposition, not predetermination.” (My vetdruk) 

Dr. Dean Hamer het in 1993 bekend geword as sou hy ’n gay geen ontdek het. Twee ander studies het sy bevindinge bevestig, maar drie ander studies kon dit nie bevestig nie. In ’n Kanadese studie in 1999 op dieselfde 4 merkers van die Xq28 geen van 52 manlike homoseksuele tweelinge, was Rice et al se bevinding: “It is unclear why our results are so discrepant from Hamer’s original study. Because our study was larger than that of Hamer et al’s, we certainly had adequate power to detect a genetic effect as large as reported in that study. Nontheless, our data do not support the presence of a gene of large effect influencing sexual orientation at position XQ 28.” (Die vetdruk in hierdie verslag is die opsteller s’n). Hamer het self later oor sy werk gesê: “Homosexuality is not purely genetic…environment plays a role. There is not a single master gene that makes people gay…I don’t think we will ever be able to predict who will be gay”.

Die soeke na ’n sogenaamde ‘gay-geen’ het ’n tweede asem gekry met die “genetic linkage technique” navorsingsresultate wat deur Sanders en Bailey in 2014 bekend gestel is. Daarvolgens word ’n hele aantal gene in ’n gebied – selfs honderde – betrek by so ’n studie. Volgens hul navorsingsresultate is daar by ’n gedeelte van die X-chromosoom wat Xq28 genoem word en by chromosoom 8 merkers wat in groter getalle voorkom by persone in SGV. Neil Risch van die Universiteit van Kalifornië in San Francisco, wie se 1999 studie die teendeel bevind het, sê egter dat meer resente navorsing die getuienis betwyfel.

Rondom die ontstaansgronde van SG oriëntasie laat Sanders et al. (2014) hulself as volg uit “genetic contributions are far from determinant but instead represent a part of the trait’s multifactorial causation, both genetic and environmental.”

Studies by tweelinge met SGO het, is van die duidelikste aanwysers dat SGO ’n genetiese/biologiese komponent behoort te hê. Met ’n Australiaanse studie in 2000 is bevind dat onder monosigotiese(ontwikkel uit een eisel) tweelinge daar ’n 30% kans was dat wanneer die een gay is die ander tweeling ook gay sal wees. Met ’n Studie in Swede in 2010 was die ooreenstemmende syfers 34% tot 39% van die manlike tweelinge(MZ) en 18% tot 19% onder vroulike monosigotiese tweelinge(MZ). Långström et al gee met die studie ook erkenning daaraan dat omgewingsfaktore ’n belangrike rol speel.

Die vraag word ten regte gevra: Indien die mens se geslagsgerigtheid geneties bepaal word, dan moet daar tog ’n 100% ooreenkoms wees by monosigotiese tweelinge? Dit is duidelik nie die geval nie.

Nog ’n vraag wat ten regte gevra kan word, is waarom Bailey en Pillard se studie van SGV by tweelinge bevind het dat 11,2% van aangenome broers ook SGV beoefen? Dis tog ’n baie hoër persentasie as die bevolkingsgemiddelde, en behoort dus ook ’n omgewingsoorsprong hê.

Die feit dat SGV hoër is by MZ tweelinge as by DZ tweelinge, word deur navorsers toegeskryf aan hul opvoeding. So het Joseph (2000) aangetoon dat MZ tweelinge meer as ’n eenheidgrootgemaak is (72 vs 19%), en onafskeidbaar as kinders (73 vs 19%) was. Giorgi Chaladze (2016) meen ook dat die hoër voorkoms van SGV onder identiese tweelinge “…might not necessarily represent heredity, but can be the result of similar rearing conditions. MZ twins are raised more similarly than DZ twins: they are more likely to be dressed similarly, share the same room, and have common friends (Evans & Martin, 2000; Richardson & Norgate, 2005; Seligman, 2009).

Dis ook belangrik om kennis te neem van die navorsing van Peter S. Bearman van die Columbia Universiteit en van Hannah Brückner van Yale Universiteit(2001). “We consider social, genetic, evolutionary, and hormonal transfer hypotheses for same-sex romantic preferences of adolescent (N=5,552) sibling pairs drawn from a nationally representative sample.” “Among male opposite-sex twins, the proportion reporting a same-sex romantic attraction is twice as high among those without older brothers (18.7%) than among those with older brothers (8.8%). No such difference obtains for female opposite-sex twins, who are unlkely to report a same-sex attraction whether they have older sisters or not (5.1% versus 5.7%). If differences between opposite-sex twins and others were based on prenatal hormonal transfers, older brothers should not decrease the likelihood of reporting same-sex attraction. Based on the evolutionary dynamics model, in contrast, individuals with older siblings should be more likely to report same-sex attraction.”

“We now test whether genetic influence on sexual orientation is expressed…If genetic influence were expressed in these data, MZ twins should have the highest concordance for same-sex erotic preference, and unrelated and half-siblings the lowest…Among MZ twins, 6.7% are concordant. DZ twin pairs are 7.2% concordant. Full siblings 5.5% concordant. Clearly, the observed concordance rates do not correspond to degrees of genetic similarity…If same-sex romantic attraction has a genetic component, it is massively overwhelmed by other factors.”

Hul slotsom is: “Our results provide substantial support for the role of social influences, reject the hormone transfer model, reject a speculative evolutionary theory, and are consistent with a general model that allows for genetic expression of same-sex attraction under specific, highly circumscribed, social conditions.”

Die werk van Lombardo et al. (2012) toon aan dat voorgeboortelike testosteroon ’n 16-27% invloed op geslagsoriëntasie het. Meisies met Congenital Andrenogenital Syndrome – hulle het a.g.v. ooraktiewe adrenalienkliere 9 keer hoër androgeenvlakke – het ’n 10-20% geneigtheid tot selfdegeslag verhoudinge. Hormoonvlakke spreek dus nie die laaste woord oor geslagsoriëntasie nie.

S. Bocklandt et al. (2006) het gevind dat die buitengewone wyse waarop X chromosome buite werking gestel word, hoër is by moeders van SGO mans: 23% by moeders met meer as 1 SGO seun; 13% by moeders met een SGO seun; en 4% van moeders met heteroseksuele seuns. Die vraag is hoekom presenteer 100% van die moeders nie hiermee nie? En hoekom is die 4% moeders met hierdie X chromosome se seuns dan nie ook homoseksueel nie?

In die soeke na ’n natuurwetenskaplike verklaring vir SGO – en wetenskaplikes soos Rice et al (2012) sê “no convincing molecular genetic evidence has been found…” – blyk dit dat daar al meer aandag aan epigenetika gegee word. Epigene is veelvuldige merkers wat op mens se gene aangetref word en die uitdrukking daarvan beïnvloed.

A. Onlangse studies by die Universiteit van Cambridge het aangetoon dat ’n fetus tussen weke 2 en 9 ongeveer 1 tot 2% van sy/haar voorsate se epigenetiese merkers erf. Rice et al. (2012) se hipotese is dan dat epi-merkers ’n invloed op die seksuele oriëntasie van die fetus het. Eric Villain, ’n neurowetenskaplike van UCLA, sê dat die model aanvaar dat androgeenvlakke ’n belangrike rol speel in die ontwikkeling van geslagtelike oriëntasie. Alhoewel dit waar kan wees, is dit egter nog nie bewys nie.

B. Tydens die swangerskap word verdere merkers toegevoeg a.g.v. die moeder se fisiologiese en sosiale omstandighede.

C. Epigenetiese merkers word ook toegevoeg tot iemand se gene na geboorte – via omgewingsfaktore soos onsedelike aanranding op kinders, chemiese blootstelling, dieet, oefening en stres. Dr. Tuck Ngun van die Universiteit van Kalifornië, was die leier van ’n span wat navorsing gedoen het op 37 identiese tweelinge waarvan 1 van die 2 homoseksueel was. Hulle kon m.b.v. epigenetiese merkers 70% akkuraat aantoon wat ’n persoon se geslagsoriëntasie is.

Prof. Michael Meaney van Mcgill Universiteit en dr. Frances Champagne (2004) het aangetoon dat rotte wat die eerste paar weke na geboorte moederliefde ontvang het, epigenetiese verandering ondergaan het. Hulle het daarna stresvolle situasies baie beter hanteer as rotte wat min of geen aandag van hul moeders ontvang het nie.

Dit is onteenseglik so dat navorsers ook met agendas kom. Dit is dus sleg as ASSAF (2015) in hul samevatting van studies oor SG verhoudinge konsekwent negatief is oor enige moontlike omgewingsinvloed op die oorsprong van SGO, slegs gewig wil gee aan navorsing op natuurwetenskaplike gebied – en dan ’n stelling maak soos SGO is “biologically based”. Tog erken hul ruiterlik: “…science, at present, is unable to show conclusively what causes sexual orientation, or why and how both opposite and same-sex orientation comes about.” Dis interessant dat Lawrence S. Mayer en Paul R. McHugh van Johns Hopkins Universiteit sopas (2016) die resultate van hul navorsing bekend gemaak het wat op baie dieselfde styl as ASSAF se studie gedoen is. Hulle het na meer as 200 navorsingsresultate op die gebiede van o.a. epidemiologie, genetika, endokrinologie, psigiatrie, neurowetenskap, embriologie en pediatrie gekyk. Hul bevinding is die volgende: The understanding of sexual orientation as an innate, biologically fixed property of human beings – that people are “born” that way – is not supported by scientific evidence”.

GEESTESWETENSKAPLIKE NAVORSING

Insiggewende inligiting kom na vore met die navorsing van O’Keefe et al (2014) en Beard et al (2013). Die inligting is verkry van 1,178 studente, oud-studente, dosente en personeel by 2 universiteite in Wes-Virginië. Die studie het gefokus op bloedskande onder broers en susters asook seksuele misbruik deur volwassenes.

Hul het die volgende bevind: “The powerful effect of same-sex sibling incest as a predictor of adult same-sex orientation and of course same-sex CSA (Child sexual abuse) by adult males in our participants reported by Beard et al. and same-sex orientations in victims of sister-sister incest provide critical period learning, sexual imprinting, and conditioning explanations for three phenomena used in the past to support claims that there is a genetic basis or other biological basis for same-sex orientations: concordance of sexual orientations between twins, an increase in same-sex orientations among men with older brothers, and earlier puberty in gay men than in heterosexual men. Concordance of sexual orientations among identical twins is easily explained by the high likelihood of incest between the twins and the effect of same-sex incest on adult orientation. The higher incidence of same-sex orientations in men with older brothers is also easily explained by incest between the two brothers having a more profound effect on the younger brother because of critical period learning.”

Navorsing toon dat seuns wie seksueel gemolesteer is, 4 tot 7 keer meer in SGV belangstel – 65% van die slagoffers meld dat dit ’n uitwerking gehad het op hul seksuele identiteit (Bolton, Morris en MacEachron). Sheir en Johnson (1988) se navorsing het hulle by ’n syfer van 58% uitgebring. Wetenskaplikes wie geen ruimte laat vir sosiale/omgewings invloede op die ontstaan van SGO, beweer dat die homoseksuele persoon hierdie persone onwillekeurig aantrek. Tog het T. Sweet en L.S.Welles (2012) bevind dat persone met SGO rapporteer dat hulle deur persone van dieselfde geslag seksueel misbruik is deur “…an adult or any other person younger than 18 years when the individual did not want the sexual experience or was too young to know what was happening.”

’n Saak wat voorkom by ’n groot persentasie homoseksuele mans, is die gebrek wat hulle het aan ’n vervullende verhouding met hul vaders. Gerard van den Aardweg (1985) sê dat by 71% van homoseksuele mans “The most important factor was the father’s detachedness or nonparticipation in the son’s upbringing. The fathers of 38 percent of the men were so hypercritical that the sons were made to feel either rejected and/or inferior.” Dis insiggewend dat in ’n 2010 studie onder 7,643 vroue tussen die ouderdomme van 14 en 44, daar bevind is dat vroue wie sonder hul biologiese vaders grootgeword het, drie keer meer lesbiese verhoudinge in die vorige jaar aangeknoop het, as diegene wie by hul biologiese vaders grootgeword het.

M. Frisch en A. Hviid (2006)het in ’n studie onder 2 miljoen Dene gevind dat SGV baie meer voorkom by mans wie se ouers geskei het en waar die vader afwesig was. By vroue het die dood van hul moeders in die adolessente jare baie hoër SGV tot gevolg gehad.

’n Nederlandse studie onder 7,076 volwassenes (2003) en ’n Verenigde Koninkryk studie onder 10,000 adolessente (2011), het beide aangetoon dat ’n swak selfbeeld algemeen voorgekom het onder pesone met ’n homoseksuele oriëntasie.

Daar is navorsingsbewyse dat daar ’n vloeibaarheid is in mense se geslagsoriëntasie. Dr. Laumann van die Universiteit van Chicago (1994) se studie het aangetoon: “sexual orientation has found to be unstable over time in both males and females”. Savin-Williams en Ream (2007) se studie het aangetoon dat daar onder adolessente groot verskuiwings rondom seksuele oriëntasie plaasvind. “Seventy-five percent of adolescents who had some initial same-sex attraction between the ages of 17-21 ultimately declared exclusive heterosexuality.” Katz-Wise en Hyde (2015) het ’n studie gedoen onder 18- tot 26-jariges wat SG georiënteerd is. Daar is aangetoon dat 63% van die vroue en 50% van die mans ’n vloeibaarheid in hul seksuele oriëntasie aangetoon het. Dr. Robert L. Spitzer se navorsing op 200 mans en vroue wat hulp gesoek het om te verander van hul selfdegeslag oriëntasie, het aangetoon dat 64% van die mans en 43% van die vroue hulself mettertyd as heteroseksueel beskryf het.

Daar moet ook gelet word op studies wat die gevolge van SGV vir ons aantoon. Anale kanker in die VSA kom jaarliks by 1.4 mans uit 100,000 mans voor. By mans wie ’n aktiewe homoseksuele lewe lei, is dit 35 per 100,000. In ’n 2002 studie oor huishoudelike geweld, het 7% heterosksuele mans dit rapporteer teenoor 39% van mans in SGV. In ’n 2014 opvolgstudie van 2001 oor SGV en psigiatriese probleme onder 6,646 persone in Nederland – ouderdomme wissel van 18 tot 64 – bevind Theo G.M. Sandfort et al “Sexual orientation continues to be a risk factor for psychiatric disorders, stressing the need for understanding the origins of these disparities.” “…it was found that homosexually active men were more likely to have had panic and drug abuse disorders…lifetime comorbid disorders…major depressive disorder(12 months).” “Homosexually active women were more likely to have had bipolar, alcohol dependence and drug dependence.” Statistieke in die VSA toon dat nuwe infeksies van die VIGS-virus is 44 keer hoër by mans wat homoseksualiteit beoefen(CDC, 2011).Die navorsing wat die sosioloë Mark Regnerus (2012) (University of Texas, Austin) en Loren Marks (Louisiana State University) gedoen het oor die kinders wat in selfdegeslag verbintenishuise grootword, moet ook van kennis geneem word. Daar word statisties aangetoon dat daar ’n verskeidenheid van negatiewe gevolge op hierdie kinders is. Hulle is 4 keer meer geneig om afhanklik te wees van welsyn, hulle is 4 keer meer geneig om ’n geslagsoriëntasie anders as heteroseksueel te hê, hulle is 3 keer meer seksueel uitgebuit. Prof. Donald Sullins het bevind dat seksuele misbruik van kinders voor Graad 6, wie deur selfdegeslag ouers grootgemaak word, is 5 keer hoër as by kinders in die res van die samelewing.

GEVOLGTREKKING UIT WETENSKAPLIKE NAVORSING

Elsabé Brits haal op Netwerk24 die navorsing van Giorgi Chaladze (2016) aan. Met rekenaarmodelle van andere se navorsing kom hy tot die slotsom dat 50% van mans, en net meer as 50% van vroue, draers van ’n gay geen moet wees. Brits sê dan: “Volgens dié navorsing verduidelik dit hoekom dit van generasie na generasie oorgedra word en dit beteken ook dat nie almal wat die gene het, gay is nie.”

Die sosioloog, dr. Steven Goldberg sê: “Gay critisism has not addressed the classic family configuration; it has merely asserted away the considerable evidence for the existence of family factors. Studies which attempt to disprove the existence of the classic family pattern in homosexuality are convincing only to those with a need to believe.”

In ’n artikel in Psychology Today skryf dr. Stanton Peele en Richard DeGrandpre Popular reactions to genetic claims can be greatly influenced by what is currently politically correct…Meanwhile, genetic claims are being made for a host of ordinary and abnormal behaviours, from addiction to shyness and even to political views and divorce. If who we are is determined from conception, then our efforts to change or to influence our children may be futile. There may also be no basis for insisting that people behave themselves and conform to laws. Thus, the revolution in thinking about genes has monumental consequences for how we view ourselves as human beings.”

Die Amerikaanse Kollege van Pediaters het die volgende ewewigtige en verantwoordbare verklaring gemaak: “Homosexual attraction is determined by a combination of familial, environmental, social and biological influences. Inheritance of predisposing personality traits may play a role for some. Consequently, homosexual attraction is changeable. Contrary to the ‘born that way’ myth, the scientific evidence links homosexuality to social and parental influences…combined in varying degrees with biological predisposition in some people. Sexual orientation is not fixed at birth but rather is environmentally shaped and unfolds slowly across childhood, adolescence and even into adulthood for some individuals.”

WAAR LAAT DIT DIE KERK?

Die Algemene Sinode sê in sy besluit oor dieselfde geslag verhoudinge: “In ooreenstemming met die NGB Art 2 behoort die besondere en algemene openbaring gebruik te word, dws die beste huidige menswetenskaplike bevindings.” (Dis die laaste sin van punt 8). Hierdie besluit van die Algemene Sinode is weliswaar belangrike woorde, maar in die verslag van die taakspan oor dieselfde geslag verhoudinge, word die volle waarheid van wetenskaplike bevindinge ignoreer. Die uitgangspunt van die taakspan rondom dieselfde geslag verhoudinge, is skynbaar dat mense geneties gepredisponeerd is tot hul onderskeie geslagsoriëntasie. ’n Kerkraad van Stellenbosch sê bv. in die Sinode se stukke dat mense se seksuele oriëntasie ’n “gawe uit die Skepper se hand” is. ’n Teoloog van Stellenbosch het ‘tyd gelede in die “Burger” geskryf dis mense se “Godgegewe identiteit”. Hierdie stellings strook nie met die waarheid nie – vir navolgers van Hom Wie die Waarheid is dit nogal erg!

Ten slotte, wanneer mens op wetenskaplike wyse na homoseksualiteit kyk, moet jy jouself afvra of jy bereid is om onbevange na alle wetenskaplike gegewens te kyk. Daar is skynbaar 2 hoofstrome van denke oor die saak. Die een stroom is van oortuiging dat jy homoseksueel gebore word, dat dit ’n noodwendigheid is en onomkeerbaar is. Dis redelik die polities korrekte standpunt van die dag. Volgens die tweede hoofstroom – wat duidelik meer objektief na die waarheid kyk – dui alle wetenskaplike inligting daarop dat die mens gevorm word deur “nature and nurture/die natuur en jou omgewing”.

Die invloed van jou standpunt het enorme implikasies. Indien jy meen dat jy so gebore is, gaan jy heel moontlik geslagsoriëntasie kritiekloos aanvaar. Indien jy egter van oortuiging is dat jou omgewing en lewenservarings ’n bepalende invloed het op jou geslagsoriëntasie, gaan ouers baie meer bewus wees van hoe hulle hul kinders sal begelei in die ontwikkeling van sy/haar geslagsidentiteit. Vaders gaan in besonder bewus gemaak word van hul rol teenoor hul kinders. Kinders sal baie meer bewustelik beskerm word teen moontlike seksuele misbruik. Kinders sal almeer toegerus word om die gevare van pornografie te vermy.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui