Probleem is valse teologiese skoling

*******

BRIEF | Probleem is valse teologiese skoling | Netwerk24

5 Junie 2022

Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes, skryf:

Dis slegte nuus van Johan Retief!

Dit was vir my traumaties om die berig “Oud-dominee glo nie meer en bieg: ‘Jammer ek het julle vals hoop gegee’ ” te lees (Rapport, 29 Mei). Weer eens ’n NG Kerk (NGK)-dominee wat alles oorboord gooi en post-teïsme betree en nes die omstrede ds. Ben du Toit met groot bravade en openbare ophef ’n boek daaroor moet gaan skryf. Hoekom?

Hoekom gebeur sulke dinge feitlik net met NGK-dominees? Johan Retief was ’n medetokkelok van Ben du Toit. Tydens hierdie tyd was Johan se bynaam “Kaiafas”. Miskien omrede hy blykbaar toe al ’n ernstige wanbegrip van die evangelie gehad het.

Die probleem lê duidelik in valse en gebrekkige liberale en postmoderne teologiese opleiding, soos die dolerendes van die NGK en hul mondstuk Kairos Netwerk al by herhaling uitgewys het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui