NGK se taakspan oor homoseksualiteit 2015

Kyk ook:

Die volgende kommunikasie is in Februarie 2015 vanuit kantoor van die algemene sinode versprei.

Dit was seker te wagte. Die homoseksuele kwessie sal seker altyd gedebateer word in die NGK ten spyte daarvan dat die Bybel so duidelik daaroor is.

Kyk byvoorbeeld die progay reaksie van hooggeplaaste teoloë in die NGK oor die Lulani Vermeulen-kwessie einde 2011: NG Kerk sê nee vir gay vrou as predikant. Dit is baie duidelik dat hierdie kwessie nog lank nie gaan lê het nie. Net soos die Belharkwessie lyk dit nie of die NGK leierskap sal gaan lê voordat hierdie kwessie deurgedruk is in die NGK nie.

Die volgende is sommige van die skrywes wat ingestuur is vir die taakspan:

***********

SAKE VANUIT DIE KANTOOR VAN DIE ALGEMENE SINODE

Die volgende word deurgegee as deel van die kommunikasie van die Dagbestuur van die Moderamen aan die kerkverband:

1. UITNODIGING TOT BYDRAES VIR DIE WERK VAN DIE ALGEMENE SINODE SE TAAKSPAN HOMOSEKSUALITEIT

Die Taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk insake Homoseksualiteit nooi hiermee alle belanghebbendes uit om skriftelik ʼn bydrae te lewer tot die werk van die Taakspan in opdrag van die Algemene Sinode 2013 (… gee opdrag aan die Algemene Sinode Moderamen om in voortsetting van die 2007 verslag oor homoseksualiteit ʼn studie te doen oor die status van selfdegeslagverhoudings in die lig van die Skrif en Gereformeerde tradisie): d.i. ’n ondersoek na die status (juridies en eties) van selfdegeslagverhoudinge. Hierdie bydrae moet asseblief fokus op die status en etiese vrae rondom selfdegeslagverhoudinge. Wat is die ‘voorwaardes’ waarbinne ʼn verhouding tussen twee persone as eties gelukkend beskou kan word en sluit dit persone van dieselfde geslag uit of in?

Beperk asseblief u bydrae tot 5 A4 bladsye en e-pos dit aan algemenesinode@ngkerk.org.za of pos dit aan:

Taakspan Homoseksualiteit

Posbus 13528

Hatfield 0028

Alle bydraes moet ons asseblief bereik voor 31 Maart 2015

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui