Positiewe kommentaar op “Die Trojaanse Perd in die NGK”

Hier volg kommentaar deur verskillende mense op die boek Die Trojaanse Perd in die NG Kerk:

Kyk ook:

***********

Francois van Tonder

2011-03-11

Hennie

Nadat ek na die onderhoud geluister het en weer na die webblad gaan kyk het, besef ek maar net weer dat die NG kerk as liggaam hom duidelik moet bekeer tot God. Ek glo dat julle poging en bereidheid om die Waarheid (Bybel) ten volle te hervestig in die kerk as geloofstap tot God se eer word nie deur Hom gemis nie. Weereens baie dankie vir julle “intellektueeles” wat die omvang van slaggate in die NG kerk – familie verstaan en aanspreek namens ander gemeentelede.

Ek glo die Here gee vir jou 2 Kor. 4:1-8.

Mag die Here jou en jou gesin/familie seën en mag julle Sy beskerming geniet in hierdie stryd!

Francois van Tonder

Leon Retief
2011-02-19

Uitstekend en opwindend.
Goed om byderhand te hou vir feite.
Vir gewone lidmaat miskien effe hoog.
Doe zo voort.
Geluk aan bydraers.

Noel Christensen

2011-01-22

Hallo Hennie,

Ek sien die NG kerk – Mike Smuts het hul mes in vir julle. Lees in die Beeld vandag dat julle eers ’n teorie geformuleer het en dan wetenskaplikes se steun soek. Mike Smuts vergelyk julle met Mbeki wat die bestaan van die HIV virus ignoreer. Aldus Mike Smuts.

Dit kom vir my voor asof die “aanval” op julle ondeurdag is.
Lyk my die Trojaanse Perd het ’n behoorlike herrie in die NG kerk ontketen.

Talle ander kerke is so “bang” vir die evolusie vs skepping debat dat hulle weier om daaroor te praat. Die onderwerp is m.a.w taboe. Veral talle Pinkterkerke en sommige Charismatiese kerke val in die kategorie.
Bang hulle verloor lidmate aan beide kante.

Ek waardeer wat julle doen. Jou argument word ook vir die gewone mens in eenvoudige taal uiteengesit dat ek selfs op die golfbaan met my pelle daaroor kan gesels. Dis egter ook wetenskaplik so goed uiteengesit dat die geleerdes ook aanklank daarby vind……………. dis nou as hulle nie strooipoppe skep en dit aanval soos Mike Smuts nie.

Laas jaar tydens Angus Buchan se saamtrek het ek een van jou boeke saamgeneem. Ons het lekker daaroor gesels. Ongelukkig het van die ouens wat heftig teen ’n letterlike interpretasie van die skeppings leer gekant is ons van tweespalt beskuldig en ons het ooreengekom om dit maar daar te los.

Vir my beteken dit so baie. Dis asof die Bybel soveel nader aan my is. ’n Boek vol waarhede. Man, nou die dag sien ek ’n voeltjie uitgedos in oranje en rooi kleure en in my binneste besing ek die lof van die God van die Bybel wat die mooi voeltjie bedink en gemaak het. Ek kyk na ’n boom en dis vir my so mooi dat ek vir ons hemelse Vader se, “Die boom is so mooi dat al sou dit al wees wat Hy gemaak het, sou dit my Sy lof laat besing omdat die boom so mooi is”. Wat meer is. Die hele heelal is so vol van die voorbeelde. Om vir ’n oomblik stil te wees en alles wat ek voel, die lug wat ek inasem, die smake wat ek proe, die wind wat oor my vel waai, die son wat oor my vel streel en alles wat ek aanskou in evolusie terme uit te druk is gekheid. Saam met Dawid skreeu ek uit. Dis ’n gek wat se daar is nie ’n God nie. Dis ook gekheid as die Christen se dat ons skepper God die proses van evolusie “gebruik” het om te skep. Ek dink nie hulle besef wat hul eintlik sê nie.

Dan kan ek nie verstaan waarom “hulle” se ons moet terug gaan na die middeleeue nie. Ek onthou, Noag en sy gesin was maar enkelinge. God werk dikwels met minderhede. Die konsensus van die meerderheid is nie noodwendig die waarheid nie. Ek wil alle “evolusioniste” uitdaag om tog weer te besin oor die evolusie teorie. Ek glo die waarheid van die skepping sal ook vir hulle ontsluit word.

God seen julle werk.

Dr. Nico Brits, ’n mediese spesialis in Kanada

2010-12-08

Die skrywers van Die Trojaanse Perd in die NG Kerk het ’n baie groot onderwerp in ’n baie kort boek saamgevat. Dit moes baie moeilik gewees het om te besluit wat om in te sluit en wat om weg te laat. In hierdie dae van Bybelse ongeletterdheid is dit baie belangrik om die Bybelse aanhalings vol uit te skryf en nie net teksverwysings te gee nie. Die Woord is lewendig en kragtig en skerper as ’n tweesnydende swaard. Dit kom nie ook nie leeg na die Here terug nie. Ons gebed is dat dit sal lei dit tot die bekering van die ongelowige eerder as tot sy gevoel van veroordeling. Alhoewel die boek ’n studie is oor groeiende ongeloof en afvalligheid in die N G Kerk, is die onderwerpe wat in die boek gedek word werklik baie aktueel. Die sake wat die skrywers aanspreek is nie net ’n bekommernis vir NG Kerk-lidmate nie. Dit is ’n wêreldwye tendens dat evolusie, liberalisme, Skrifkritiek, ’emergent’, goedpraat van sondige praktyke ensovoorts, met wetenskaplik klinkende argumente die outoriteit van die Bybel ondermyn en so baie mense laat twyfel in hulle geloof.

Elbie Brits (Kerkbode aanlyn)

Dieselfde boek?
2010-12-09

Ek het so pas die boek klaar gelees en verstaan glad nie sommige van die komentare nie. Dr. Malan, praat ons van dieselfde boek,Trojaanse perd in die NG Kerk ? Ek het niks gelees wat ek in verband kan bring met “regse Fundamentaliste” nie. Ek het wel geldige redes vir kommer gesien oor wat in die kerk gebeur, geskryf deur ’n groep mense wat God waarlik lief het. Selfs al word dit nie ’n best seller nie, Gert van Dyk, gaan ek die boek veseker aanstuur vir almal wat ek ken.

Prof. Hoffie Hofmeyr
2010-12-13

Baie geluk aan al die inisieerders en medewerkers. Die publikasie is ook keurig versorg. My eerste indrukke is beslis positief en ek dink dis ’n belangrike bydrae tot die gesprek wat in baie opsigte deur al die liberale drukgroepe baie eensydig gedryf word.

Ek persoonlik dink die NG Kerk staan voor ’n jaar waarin sy waarskynlik in baie opsigte menslik gesproke grootliks gemaak of gebreek gaan word. Baie dinge gaan in die Algemene Sinode, in ’n nuwe moderamen en in die balans van besluite kulmineer. Goddank dat dit darem ten spyte van baie tekortkominge ook nog God se kerk is. Ons sal egter werklik almal ons invloed, ons insettte en ons gebede moet aanwend om vir duidelike en gebalanseerde rigting te ywer, want die huidige pad hou weinig hoop in. Piet Strauss en andere kry skynbaar heelwat teenstand. Dat sommige van die elemente nie wil besef dat daar te midde van verskeidenheid, eenheid en ooreenstemming oor basiese dinge moet wees nie, gaan ’n mens se verstand te bowe. En om alles vir almal (via onder andere die ontluikende kerk en ander strominge) te probeer wees beteken doodgewoon om later niks vir niemand te wees nie. En watter dwaasheid is dit nie dat sovele tans in die NG Kerk dink dat “deeds without creeds” enige waarde sal hê nie.

Nogmaals baie geluk met die publikasie en baie seën in die Kerstyd en krag vir 2011 met al sy uitdagings.

Bouwe van der Eems

2011-01-17
http://proregno.wordpress.com/2011/01/17/resensie-die-trojaanse-perd-in-die-ng-kerk/#comment-245

Die boek gee ’n baie deeglike analise, met baie verwysings en voetnotas van die sake wat groot probleme in die NG Kerk veroorsaak. Dit stel lesers in staat om self na die bronne te gaan kyk en die bewerings wat in die boek gemaak word te verifieer. Veral omdat meeste verwysings op die Internet is, en daarom baie maklik toeganklik is vir lesers.

Die boek bevat ook lang uittreksels van diegene wat hulle kritiseer. Die boek veroordeel dus nie slegs die standpunte van sekere persone in die NG Kerk nie, maar laat die leser ook hoor “uit die perd se bek” wat die standpunt van daardie persone is.

Die sake wat bespreek word handel oor Skrifbeskouing, Skrifkritiek, homoseksualiteit, evolusie en die huwelik.

Vir gereformeerde gesindtes is dit dus ’n uitmuntende oorsig van die situasie in die NG Kerk.

Louis le Roux

2011-05-08

My opregte dank aan u en u medewerkers vir u harde werk met die samestelling en publikasie van “Die Trojaanse Perd”. Die boek is vir my soos manna uit die Hemel en het my weer hoop gegee vir die behoud van die NG Kerk.

Scrapbook Studio has left a new comment on your post “Mag só ’n kerk ander teregwys?

2011-05-13

Ek stem heelhartig saam. Ek is besig om die Trojaanse boek te lees, en ek huil elke aand, so hartseer is ek. Ek is al amper 15 jaar uit die NG kerk, en al vir baie jare in ’n sendingkerk, en dit breek my hart om te dink dat die Kerk waar ek grootgeword en Jesus leer ken het, so dwaal.

Susan, van Grabouw

2011-06-01

Goeienaand!

Ek het toe uiteindelik klaargekry met die Bybelstudie-kursus en is nou so byna halfpad met jou trojaanse perd boek. Ek drink gellings tee saam met die lesery om my stomme verbasing te oorkom oor alles wat ek lees! Ek is werklik erg geskok, maar moet eers klaar lees voor ek ’n woord kan sê – as ek ooit weer my woorde terugvind!

Hoop dit gaan goed met almal van julle.

Groete, Susan

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui