Kerkbode dryf evolusie-agenda

Die brief hieronder is op 27 Julie 2013 aan Kerkbode gestuur en weer op 2 September 2013 nadat geen reaksie daarop ontvang is nie. Tot vandag toe het Kerkbode nie hierop reageer nie.

**************

27 Julie 2013

Aan: Kerkbode se redakteur

kerkbode@tydskrifte.co.za

DRYF KERKBODE ’n EVOLUSIE-AGENDA?

In ’n baie kort tydjie is die volgende drie pro-evolusie artikels in Kerkbode geplaas:

Kerkbode plaas egter bitter selde (indien enigsins) artikels wat die skeppingsleer/kreasionistiese kant voorstel.

Evolusie is, soos argeologie, historiese wetenskap en kan nie vergelyk word met operasionele wetenskap wat vandag vir ons motors en TV’s gee nie.

Evolusie is nie versoenbaar met die Bybel nie en die negatiewe uitwerking wat dit op baie mense se geloof het, is welbekend. Daar is baie voorbeelde waar mense tot geloof gekom het toe hulle besef het dat evolusie nie ’n feit is nie.

Die Creation Answers book is pas deur (CMI) Creation Ministries International in Afrikaans vrygestel met die titel Antwoorde oor die skepping. Dit is ’n boek wat al die belangrike vrae bespreek soos bv: Kan ’n mens glo dat die aarde in 6 dae geskape is? Bewys koolstofdatering dat die aarde baie oud is? Hoe kan ons sterre in ’n jong heelal sien? Hoe het al die diere op Noag se ark gepas? Wat van dinosourusse?

As Kerkbode enigsins objektief is, sal hulle ’n breedvoerige en objektiewe artikel oor hierdie boek publiseer in Kerkbode.

Groete

Daniel Louw
Secunda

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui