Gay teoloog dreig; sy wíl op kansel staan

Kyk ook:

Van Rapport gekopieer.

**************

Gay teoloog dreig; sy wíl op kansel staan

2012-01-21 23:14

Marlene Malan

Me. ­Lulani Vermeulen (28), die gay teoloog wat einde verlede jaar haar graad in die teologie aan Maties verwerf het, beoog regstappe teen die NG Kerk en die universiteit.

Behalwe, het sy Vrydag aan Rapport gesê, as die universiteit van standpunt verander oor haar toekoms op die kansel.

“Maar in dié stadium verkies ek dialoog bo regsaksies.” Vermeulen kon op grond van haar weiering om selibaat te bly nie ná haar studies as predikant in die NG Kerk gelegitimeer word nie. Die kuratorium van die kweekskool het geweier. Die NG Kerk laat nie gay, of ongetroude heteroseksuele predikante wat in seksuele verhoudings betrokke is, op die preekstoel toe nie en erken ook nie gay-huwelike nie.

Vermeulen sê omdat sy, die NG Kerk en die Universiteit van Stellenbosch die saak volwasse en nugter sal benader is dit dalk nie gepas om te praat van “aanvat” nie. “Veel eerder is ons besig om beskaafd met mekaar oor dié kwessie saam te dink en eers in dialoog te tree sodat ons ook in die proses my grondwetlike en menseregte onder die aandag van die kerk kan bring.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui