Flip du Toit

Kyk ook:

Facebook: facebook.com/flip.dutoit.56

Flip (PR) du Toit was ‘n predikant wat deur die kuratorium en die kerk aangestel is om die skakelpersoon te wees tussen die teologiese studente, dosente, kuratorium en die kerk by die teologiese fakulteit van die Universiteit van Pretoria .

Ferdie Mulder was ’n teologiese student by die Universiteit van Pretoria en is in 2006 lewenslank as teologiese student geskors uit die teologiese fakulteit van die Universiteit van Pretoria omdat hy drie van sy dosente, Julian Müller, Jurie le Roux en Dirk Human van teologiese dwaalleer aankla het omdat hulle Jesus se liggaamlike opstanding verwerp het. In die proses het hy ander teologiese studente se ondersteuning gewerf en hulle het selfs ‘n verklaring onderteken. Flip du Toit het hulle egter met regstappe gedreig wat daartoe gelei het dat al die studente hulle ondersteuning onttrek het.

Die volgende aanhalings kom uit Opgestaan (2011):

p24: Die sake wat onder bespreking was het ingesluit die standpunte van die Nuwe Hervorming en ook interpretasies van Jesus se opstanding, uniekheid, die bestaan van die duiwel en ’n paar etiese sake. Van hierdie sake is gereeld bespreek met veral dr. Flip du Toit, die predikant wat deur die kuratorium en kerk aangestel is om die skakelpersoon te wees tussen die studente, dosente, kuratorium en die kerk. Vandat ek in 2001 teologie begin studeer het, was hy min of meer weekliks sigbaar by die Fakulteit Teologie. Hy het egter nooit terugvoering gegee oor studente se bekommernisse nie.

p30, voetnota 17: Ek het aan dr. Flip du Toit gevra om nie my naam te noem wanneer hy die briewe voorlê nie uit vrees vir moontlike negatiewe gevolge vir my studies. Hy het gesê dat hy dit beslis verder sou neem en ook (en baie belangrik dink ek), dat hy na my sou terugkom oor die sake. Hy het nie.

p39: Ek het deurlopend gesprekke met dr. Flip du Toit gehad oor van die bekommernisse, maar dit was gewis my belewenis dat hy dit nooit met erns bejeën het nie.

p308-309

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui