Ds Gerhard Bothma oor die “dywil” op Facebook

Die volgende is gekopieer vanaf Facebook:

16 Februarie 2012

Gerhard Bothma
Dawkins pleeg biologiese fundamentalisme en die kerke moenie met teologiese fundamentalisme daarop antwoord nie (Danie Veldsman)

Chrisman Baard
Welgesegd. Waar sê hy dit?

Gerhard Bothma
Neels haal hom aan in n berig vnoggend op p3. Danie het by die NG Ring van Silverpark opgetree. Hy’t ook gese dat daar nie kan bewys word dat God bestaan of nie bestaan nie

Chris Visser
God se bestaan word nie bewys nie, maar geglo!

Izak Du Plessis
God bestaan dus omdat daar nie bewys kan word dat hy bestaan of nie bestaan nie?

Sou die Dywil dieselfde voorreg hê? Val hy ook onder die uitsonderlike toegewing dat sy bestaan of nie-bestaan nie bewys kan word nie?

Izak Du Plessis
En gevolglik bestaan die Dywil wel?

Gerhard Bothma
Jip, Izak. Die dywil bestaan. In jou gedagtewereld. Nes Superman, Spiderman en Batman in comics bestaan.

Gerhard Bothma
Die dywil is n laatkommer in die mitiese wereld. En hy het nooit n plek op Berg Olympus gehad nie, alhoewel hy in die latere toevoeging tot Job (hfst 1) in die Semitiese godevergadering opduik. Maar dis eers na die Jode hom in ballingskap via die Persiese Zoroaster-buddies leer ken het. Die dywil val egter nie in dieselfde kategorie as God nie (het jy al MM Walters se ‘Satan ter sprake’ gelees?)

Izak Du Plessis
Wil jy dus vir my sê dat dit bewys kan word dat die Dywil nie bestaan nie, maar God kry die voorreg om te bestaan omdat sy bestaan/nie-bestaan nie bewys kan word nie?

Izak Du Plessis
En omdat hy ouer as die Dywil is?

Gerhard Bothma
Jy besluit mos self (W)wie jy in jou simboliese universum insluit en watter rol jy (H)hulle laat speel. Kry vir jou n dywil as jy een wil he, daar’s n klompie op die mark (en op die ashoop. Chips net vir Hansie s’n, hy’t hom lelik gedrop)

Izak Spangenberg
Hoe seg John Hunt in sy boek “Bringing God Back to Earth”: “Of all the world religions it’s only Christianity, and its successor, Islam, which condemn people to eternal damnation” (Hunt 2004:300). Na my wete veroordeel Richard Dawkins niemand na ’n hel. Hy fundamentalisties? Ek meen Danie se definisie van fundamentalisme is skeef.

Izak Du Plessis
En ek vereenselwig my met my genant se stelling. Sit die tassie neer, djou onner.

Braam Coetzee
Dawkins is wel uitgesproke anti-godsdiens, maar om hom om die rede as fundamentalis te label? Weet nie so mooi hoe mens dit regkry nie.

Gerhard Bothma
Ons beoordeel mekaar mos maar op die uitwasse en die karikature van die ‘ons’ en die ‘hulle’. Die waarde le vir my daarin dat ons nie fundamentalisties in ons reaksies moet wees nie

Braam Coetzee
Daarmee stem ek 100%

Cobus Van Wyngaard
Danie is nie nuut in die opmerking nie. McGrath het ’n soortgelyke argument gemaak, en “Atheist fundamentalism” is al vir ’n hele tyd lank deel van die “fundamentalism” wikipage, en tot ’n mate bespreek op die backend van dieselfde bladsy. So die idee bestaan al ’n ruk lank. My vermoede is egter dat ons telkens in ’n muur gaan vasloop as ons oor “ateïstiese fundamentalisme” wil praat deur dit met ’n sekere vorm van Amerikaanse Christendom te wil vergelyk. As ons egter binne die breë ateïstiese tradisie gaan werk, dan wil dit vir my voel of daar ateïstiese benaderinge is wat meer ruimte vir dialoog met ander wêreldbeelde wil laat as ander. Of fundamentalisme die regte woord is om te gebruik vir ’n gebrek aan dialoog met ander wêreldbeelde weet ek nie, maar dit is sonder twyfel een van die kenmerke van “fundamentalism proper”.

Izak Spangenberg
Godsdienstige fundamentalisme het te doen met mense wat bedreig voel deur die nuwere wereldbeeld en die nuwere verstaan van die kosmos. Dawkins en vele ander probeer die nuwere wereldbeeld propageer. In daardie sin is hulle eerder propagandiste, maar nie fundamentaliste nie. Hulle verset hulle nie soos godsdiensitge fundamentaliste teen die nuwe nie.

Stefan Coetzer
Sommige gelowiges se obsessie met Richard Dawkins bevestig maar net dat hulle nie antwoorde het op wat hy sê nie. En, tipies kerklik, is daar knaend pogings om hom met etikette te probeer vermoor. 🙂

Terloops, wat op aarde is BIOLOGIESE fundamentalisme?

Izak Spangenberg
Goeie vraag, Stefan. Sou ’n mens dan ook GEOLOGIESE fundamentaliste kry?

Stefan Coetzer
Die modegier deesdae is om mense soos Dawkins, Hitchens ens. as “new atheists” te bestempel:

“New Atheism is the name given to the ideas promoted by a collection of 21st-century atheist writers who have advocated the view that “religion should not simply be tolerated but should be countered, criticized, and exposed by rational argument wherever its influence arises.”” (Wikipedia)

Doodgewoon en normaal. Van wanneer is uitgeproke kritiek gelyk aan “fundamentalisme”?

Izak Spangenberg
Na my mening het ons eerder met gefrustreerde wetenskaplikes te doen. Hulle probeer so hard hulle kan om die stand van ons kosmologiese, biologiese en geologiese kennis mee te deel, maar godsdiensleiers hou mense met hul dogmas gevange in die Middeleeue. Hoe deurbreek ’n mens die indoktrinasie van geestelikes?

Chris Visser
Ek wonder maar net: Is die Dywil en die Duiwel dieselfde ou? Of is dit die drukkersdyuiwel?

Chris Visser
‎@ Gerhard: Die storie dat die Duiwel nie in die OT reeds bestaan het nie en eers later uitgedink is ens… Wat van Op 12:9 Die ou slang van Gen 3 en die “Duiwelse” Draak was toe mos al reeds die duiwel, of nie? sy spoor lê mos al dwarsdeur die OT (Jes 14:12-14; Eseg 28) In 1 Kron 21:1 en in Job word hy Satan genoem; in Ander vertalings word na hom as Lucifer verwys.

Stefan Coetzer
Chris, die slang van Genesis was ’n slang, nie ’n duiwel nie. Satan in die OT was maar net nog ’n slegte gees wat rondgehang het. Dis eers later in die Bybel dat hy bevorder is en sy eie koninkryk in die lug gekry het. Nie eens die god van die OT was bewus van ’n nadoodse hel waar stoute mense eendag heen verban sou word nie – die hedendaagse hel is ’n evolusie van die doderyk van ouds. En so terloops, die “hemel” het min of meer dieselfde paadjie geloop. Die God van die OT weet ook nie van siele wat nadoods by die gode gaan loop woon nie.

Gerhard Bothma
@Chris: die vertalings het mense in die verkeerde rigtings gelei. Lees gerus die Alg Sin se verslag. Evard Huisamen se ‘Dieper as Satan’ en Amelia Wilson se ‘The Devil. A Biography’ skyn ook goeie lig in die donker in

Stefan Coetzer
Ek wag nog vir “The Devil. An Autobiography”. 😉

Gerhard Bothma
Sorry, Stefan. Jy gaan laaaaaaank wag

Gerhard Bothma
Izak, hoekom wil jy he ons moet aan die dywil glo?

Wuk Bothma
Maak die vlgde quote enige bydrae tot die gesprek?

“Science can have a purifying effect on religion, freeing it from beliefs of a pre-scientific age and helping us to a truer conception of God. At the same time, I am far from believing that science will ever give us the answers to all our questions.” –English physicist, awarded Nobel Prize in 1977 Nevill Mott.

Izak Du Plessis
Nope, Gerhard, ek wil nie hê jy moet in die Dywil glo nie. Maar as jy in God glo, is dit eerliker om ook in die Dywil te glo. Of hy nou jonger as God is of nie, hy is keihard in die belydenisskrifte van die kerk versteen.

Bertus Osbloed Van Niekerk
‎@Chris Visser: moenie die fout maak om die Ou Testament van Genesis af te begin lees en dan te dink die boek is daar begin skryf nie. Van die tekste in Genesis behoort tot ’n latere redaksionele fase in die ontwikkeling v n die korpus (onder meer Genesis 3 en die slang). Ek neem predikante wat in die gereformeerde tradisie opgelei is kwalik dat hulle onder meer hierdie inligting van lidmate weerhou. Ons weet al 200 jaar dat die duiwel in Kronieke ná die ballinskap ingeskryf is toe Dawid se volkstelling geherinterpreteer is. Die teks is gelaagd. Dit maak hom des te meer kompleks en interessant.

Kyk ook:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui