Kyk ook:
Inhoudsopgawe
- Afmetings
- Geskiedenis
- Ooreenstemming met Nuwe-Testamentiese verslae en Joodse begrafnistradisies
- Die beeld of inprent
- Ander oorblyfsels van gekruisigde persone
- Waarskynlikheid
- Koolstof-14-datering
- Ander dateringsmetodes en ondersteunende bewyse
- Hoekom verwerp soveel mense die Turynse kleed?
- Wat sal my oortuig dat dit nie eg is nie
- Vrae aan skeptici
- Ten slotte
- Ander bronne
- Voetnotas
Die Doodskleed van Turyn (of Turynse lykwade of doodskleed of lykkleed) (Engels = “Shroud of Turin”) is ‘n stuk linne waarin ‘n gekruisigde man toegedraai was.
Dit was “ontdek”, of ten minste bekend gemaak gedurende die 14de eeu nC en is vernoem na die stad waar dit vandag gehou word – Turyn, Italië.
Die gekruisigde man op die kleed stem ooreen met ‘n Joodse man uit die eerste eeu, geskat op 1.78 m en 77 kg, met ‘n lang baard.
Daar bestaan goeie bewyse dat dit die stuk linne is waarmee Jesus toegedraai is ná sy kruisiging waarvan ons lees in Johannes 19:40 en Johannes 20:5-7.
Afmetings
Dit is 4.4 meter lank en 1.1 meter breed. Die man se kop was in die middel en die doek is in die lengte om hom gevou.
Geskiedenis
Die volgende is ‘n kort oorsig van die geskiedenis van die Turynse kleed:
- 1ste eeu nC: Op hierdie stadium is daar geen definitiewe historiese rekord van die lykkleed nie. Sommige meen egter dit kan verbind word aan vroeë Christelike relikwieë soos die “Kleed van Edessa” of die “Mandylion”.
- 1350’s: Die kleed verskyn in die besit van Geoffroi de Charny. Charny sterf in 1356.
- 1390: Die biskop van Troyes, Pierre d’Arcis, skryf ‘n lang memorandum aan Teenpous Clemens VII, waarin hy verklaar dat die lykkleed ‘n vervalsing is en dat ‘n vorige biskop van Troyes, Henri de Poitiers, die kunstenaar wat dit gemaak het, geïdentifiseer het. Clemens reik ‘n verklaring uit dat die lykkleed uitgestal mag word, solank dit duidelik gemaak word dat dit ‘n kunsvoorstelling van die lyding van Jesus was en nie ‘n ware relikwie nie.
- 1453: Die kleed word oorgedra aan die koninklike familie van Savoye, wat dit in kapelle en kastiele huisves.
- 1532: Die kleed word beskadig in ’n kapelbrand in Chambéry, met sigbare brandmerke en watervlekke. Dit word deur susters herstel.
- 1578: Die kleed word permanent na Turyn, Italië gebring, waar dit tot vandag bewaar word.
- 28 Mei 1898: Secondo Pia, ‘n Italiaanse amateurfotograaf, fotografeer die lykkleed. Terwyl hy die fotografiese negatief ontwikkel, ontdek hy dat die negatiewe beeld ‘n duidelike, lewensgetroue beeld van ‘n man se gesig en liggaam getoon. Dit word beskou as die deurslaggewende keerpunt in die geskiedenis van die kleed.
- 1978: STURP (Shroud of Turin Research Project) ondersoek: ’n Internasionale span wetenskaplikes ondersoek die lykkleed vir 5 dae. Geen verf of pigmente word gevind nie; die oorsprong van die beeld of inprentsel is ‘n raaisel.
- 1988: Radiokoolstofdatering: Drie laboratoriums dateer die lykkleed tussen 1260–1390 nC. Op grond van hierdie resultate, verwerp baie mense dit as Jesus se lykkleed.
- 2000’s: Hoë-resolusie beelde, 3D-ontledings, en DNS-studies word uitgevoer.
- 2017: Die roudata van die radiokoolstofdatering in 1988, word uiteindelik vrygestel wat die resultate daarvan vir alle praktiese doeleindes weerlê. Uit ander dateringsmetodes lyk dit eerder of die lykkleed wel dateer uit Jesus se tyd.
Ooreenstemming met Nuwe-Testamentiese verslae en Joodse begrafnistradisies
Die volgende feite is ten gunste van die teorie dat dit die doek was waarin Jesus toegedraai is[1]:
- Die gebruik van ‘n enkele volle doek om die liggaam toe te draai, saam met linnestroke en soms ‘n kakebeenband, stem ooreen met Joodse begrafnistradisies en die Nuwe Testament se Griekse terme: Athonia, Cinden, Sudarium. Dit verskil van mummifikasie.
- Die kleed bevat heelwat bloed. Die bloed was van ‘n man en die tipe is bepaal as AB. Dit is ‘n baie skaars bloedgroep, maar meer algemeen onder Jode.
- Die bloed op die kleed is steeds rooi wat bewys dat die persoon baie erge getrauma ervaar het voor hy gesterf het.
- Die spykers is deur die polse, nie die handpalms nie. Dit is anatomies korrek vir kruisigings in daardie tyd en verskil van latere kunswerke waar die spykers deur die hande uitgebeeld word.
- Die man se sy is deur ribbes vyf en ses deurboor deur ‘n spies, wat die hartkamer sou bereik het. Dit sou nadoodse bloed en water (longedeem) laat uitvloei het, soos beskryf in Johannes 19:34. Daar is longedeem op die kleed gevind naby die steekwond aan die sy. Jesus is die enigste gekruisigde waar opgeteken is dat hy in die sy gesteek is met ‘n spies.
- Die man van die kleed is meer as 100 houe toegedien waarskynlik met ‘n Romeinse gesel (Engels=“flagellum”). ‘n Gesel het gewoonlik drie rieme. Op die punte van elke riem was ‘n klein gewiggie vasgebind (tipies lood). Hierdie houe het elke deel van sy liggaam bedek en is selfs erger as wat uitgebeeld word in Mel Gibson se fliek, Passion of the Christ. Let wel, dit was blykbaar redelik standaard praktyk om gekruisigdes te gesel voor hulle gekruisig is. Sommiges het nie eers die geseling oorleef nie. Dit was dus nie uniek tot Jesus gewees nie.
- Die man van die kleed het 50 steekwonde aan sy kop gehad, wat die doringkroon bevestig. Jesus was die enigste gekruisigde waarvan ons bewus is wat ‘n doringkroon gehad het.
- Daar is geen tekens gevind dat die man se bene gebreek is nie.
- Daar is tekens van mirre en aalwyn op die kleed gevind, soos beskryf in Johannes 19:39.
- Die kleed bevat stuifmeel wat afkomstig is uit Israel in die lente, die tyd wanneer Jesus gekruisig is.
- Die kleed toon grondmonsters op die knieë en die punt van die neus, afkomstig uit die sandsteen in die Jerusalem-omgewing.
- Daar is skaafplekke op die skouers, wat ooreenstem met die feit dat Jesus die dwarsbalk van sy kruis na Golgota gedra het.
- Die kleed was van ‘n baie goeie kwaliteit materiaal, duidelik bedoel vir iemand wat ryk was. Dit was hoogs waarskynlik Josef van Arimatea se kleed wat hy vir sy eie begrafnis aangeskaf het.
Hierdie is alreeds merkwaardig. Daar is egter nog ook die beeld of inprent op die lykkleed wat ingedagte gehou moet word.
Die beeld of inprent
Wetenskaplikes van 102 akademiese dissiplines, insluitend die Jet Propulsion Laboratory (NASA), Sandia Labs, Los Alamos Labs en die Lugmagakademie, het die kleed bestudeer en kan nie verduidelik hoe die beeld of inprent op die kleed gekom het nie:
Die beeld is nie deur verf of kleurstof gevorm nie:
- Geen pigment, bindmiddel of verfkwasstrepe is gevind nie.
- Daar is geen klonte van vesels of drade wat deur verf veroorsaak kon word nie.
- Die lap het op geen plek verstyf nie.
- Daar is geen krake van die beeld langs voulyne nie.
- Die beeld nie gevorm as gevolg van enige vloeistof nie. Daar het geen kapillariteit plaasgevind nie.
Die beeld is nie geskroei deur ‘n warm voorwerp nie:
- Wanneer die kleed onder ‘n flouressent lig geplaas word, fluoresseer die brandmerke op die doek wel (onthou, die doek is beskadig deur ‘n brand). Die beeld self flouresseer egter nie. Die beeld is dus nie geskroei deur ‘n warm voorwerp nie.
Dit is nie ‘n foto nie, omdat ‘n gewone foto nie driedimensionele inligting bevat nie. Die beeld op die kleed bevat egter wel driedimensionele inligting.
- Wanneer die beeld deur ‘n VP8-beeldanaliseerder, ontwerp deur NASA om planeettopografie te bestudeer, beskou word, kan ‘n topografiese beeld wat die korrekte, natuurlike reliëfkenmerke van ‘n menslike vorm toon, gesien word. Dit gebeur nie wanneer gewone fotos onder hierdie analiseerder beskou word nie.[2]
Hoe is die beeld gevorm?
Elke draad van die linne bevat 100 tot 200 vesels. Elke vesel is ongeveer 15 mikron (0.015 mm) in diameter. Dit is egter slegs die buitenste 0.2 mikron (0.0002 mm) van die vesels wat verkleur het om die beeld te vorm.
Dit is dus onmoontlik dat enige verf betrokke was – verf sou in die lap ingetrek het en die hele vesel deurweek het.
Daar word steeds tans gespekuleer wat hierdie verkleuring op die oppervlak van die vesels kon veroorsaak het. Diegene wat waag om te spekuleer hoe die inprentsel op die doek gekom het, sê dit kon deur radiasie gevorm. Indien dit wel radiasie was, moes dit ‘n geweldige energie-uitbarsting wees vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde. Daar word beraam dat dit ongeveer 34 000 triljoen (34000×1012) Watt in 1/40 van ‘n miljardste van ‘n sekonde (1/40×10-9 sekonde) moes gewees het. Dus, genoeg energie om die verkleuring te veroorsaak, maar kort genoeg sodat dit nie die kleed sou vernietig nie.
In baie opsigte maak hierdie hipotese sin:
- Dit is ‘n realistiese manier hoe die vesels kon verkleur.
- Die man se tande word op die doek uitgebeeld, wat ‘n aanduiding is dat daar radiasie van binne die liggaam na buite uitgestraal het.
- ‘n Mens sou kon indink dat dit is wat sou kon gebeur het, die oomblik toe Jesus se lewe teruggekom het in sy liggaam.
Die beeld word beskryf as ‘n fotografiese negatief, en dit lyk asof dit ‘n soort foto is.
Ander oorblyfsels van gekruisigde persone
Historici skat dat daar tienduisende, moontlik honderde duisende mense oor verskeie eeue gekruisig is. Josephus, ‘n Joodse geskiedskrywer uit die 1ste eeu, beskryf kruisigings in groot getalle: Tydens die beleg van Jerusalem (70 nC) het Romeine daagliks honderde Jode gekruisig, soms soveel dat daar nie meer plek of hout oor was nie. Tacitus en Suetonius verwys ook na kruisigings as gereelde strawwe vir slawe, rebelle, rowers en politieke vyande.
Die enigste oorblyfsels van gekruisigde persone vandag in ons besit is die volgende:
- Jehohanan:
- Waar gevind: Giv’at ha-Mivtar, naby Jerusalem, 1968
- Wat gevind: Yster spyker deur hakbeen (calcaneus)
- Datering: 1ste eeu nC
- Fenstanton skelet 4926:
- Waar gevind: Cambridgeshire, England, 2017
- Wat gevind: Skelet met spyker in hak. Stukkies hout.
- Datering: 2de – 4de eeu nC
- Gavello:
- Waar gevind: Po Valley, Italië, 2007
- Wat gevind: Skelet met moontlike hakletsel
- Datering: 1ste – 2de eeu nC
- Mendes Harbor:
- Waar gevind: Egipte
- Wat gevind: Geperforeerde hakbene (betwiste interpretasie)
- Datering: 1ste eeu vC – 1ste eeu nC
By geen van hierdie gevalle hierbo is daar ‘n lykkleed gevind nie.
Die Turynse lykkleed is die enigte lykkleed wat ons vandag besit van ‘n gekruisigde man.
Die redes hoekom dit nie waarskynlik sal wees om ‘n lykkleed van ‘n gekruisigde man te vind nie is:
- Organiese materiale soos tekstiele ontbind vinnig tensy die toestande baie gunstig is (droog of gevries).
- Gekruisigdes het dikwels minimale begrafnisrituele ontvang of is verbrand.
Skeptici sal sê dat hierdie die waarskynlikheid groter maak dat die lykkleed vervals is.
As mens egter glo dat Jesus opgestaan het, maak dit baie sin hoekom hierdie die enigste lykkleed is wat ons het:
- Voor die kleed kon begin ontbind, het Jesus opgestaan.
- Na Jesus se opstanding het een van sy volgers, dalk Maria, die lykkleed in besit geneem.
Waarskynlikheid
Bruno Barbaris, ‘n wiskundige aan die Universiteit van Turyn, het sewe ooreenkomste tussen die man van die Turynse kleed en Jesus geïdentifiseer:
- Beide was in ‘n kleed toegedraai.
- Beide het ‘n doringkroon gehad.
- Beide het ‘n swaar voorwerp op hulle skouers gedra.
- Beide is aan die kruis vasgespyker.
- Beide het steekwonde aan die sy gehad om te toets of hulle dood was. Hulle bene is nie gebreek nie.
- Beide se lyk was toegedraai direk nadat dit van die kruis afgehaal was. Die lyk is nie gewas nie.
- Beide was nie vir lank in die kleed nie.
Volgens Barbaris is die waarskynlikheid dat die man van die Turynse doodskleed iemand anders as Jesus was, een in 200 miljard (200×109).[3]
Koolstof-14-datering
In 1988 is die Turynse kleed deur middel van die koolstof-14 dateringsmetode gedateer na die Middeleeue in die 13de eeu (1260-1390 nC). Hierdie was ‘n groot terugslag vir die Turynse kleed en skeptici het die Turynse kleed hoofsaaklik op grond van hierdie inligting verwerp.
Bedrog
Barrie Schwortz, die amptelike dokumenterende fotograaf van die Turynse doodskleed se wetenskaplike studie in 1978 (STURP – Shroud of Turin Research Project) het in ‘n onderhoud met Glenn Beck gesê dat die Britse Museum aanvanklik nie die rou data van die radiometriese datering wou vrystel nie. Dit is eers na 27 jaar gedoen nadat die Freedom of Information Act die Britse museum geforseer het om dit te doen. Daar is egter gevind dat die monster nie homogeen was nie – die een kant van die monster het een datum gehad en die ander kant het honderde jare verskil. Die gevolgtrekking was dat die monster wat gebruik is, later aan die kleed gewerk is as herstelwerk. Verder, lyk dit ook of daar ‘n verskuilde motief was: anonieme skenkers het die laboratorium ‘n miljoen pond betaal om te sê dat die Turynse kleed vals was.[4]
Ander dateringsmetodes en ondersteunende bewyse
Die Turynse doodskleed is ook op ander maniere gedateer benewens koolstof-14-datering:
- Wyehoek-X-straalverstrooiing (WAXS)
Hierdie is ‘n tegniek wat gebruik word om die strukturele agteruitgang van die linnevesels in die kleed te analiseer.
‘n WAXS-analise van die lykkleed is vergelyk met ‘n WAXS-analise van die Masada doek (gedateer op 40-73 nC) en daar is ooreenstemming getoon, wat aandui dat die lykkleed al vir 2000 jaar agteruitgaan. Die WAXS analise het die kleed gedateer op 55-74 nC.[5]
- Vanillien
Die gebrek aan vanillien in die kleed dui op ‘n hoë ouderdom, aangesien dit 2000 tot 5000 jaar neem vir ‘n linnedoek om alle spore van vanillien te verloor.
- Stuifmeelspore
Stuifmeelspore wat op die Doodskleed van Turyn gevind word, blom slegs in Israel tydens Pasga (wanneer Jesus gekruisig is). Stuifmeelspore kan teruggevoer word na Edessa (vroeg Bisantyns), Konstantinopel (7de-6de eeu), Griekeland, Frankryk en toe Turyn, wat die koolstof-14-datering voorafgaan.
- Kalksteen
‘n Spesifieke soort kalksteen uit die grond van Jerusalem se grafte word op die lykkleed gevind.
- Kopdoek van Oviedo
In Johannes 20:7 word melding gemaak van ‘n doek wat om Jesus se kop was. Daar word geglo dat hierdie doek gemeld in die Bybel en die Kopdoek van Oviedo (of sweetdoek, Engels=“Sudarium of Oviedo”) een en dieselfde doek is. Die volgende redes word aangevoer:
- Die bloed op die kopdoek van Oviedo is ook soos die bloed op die Turynse kleed, van tipe AB.
- Die bloedmerke op die kopdoek van Oviedo stem ooreen met die merke op die Turynse lykkleed.
- Die kopdoek van Oviedo bevat, soos die Turynse kleed, stuifmeel wat inheems is aan die Jerusalem-gebied.
- Die weefsel van die lap en die materiaal daarvan (linne) stem ooreen met Joodse begrafnispraktyke in die 1ste eeu.
Die kopdoek van Oviedo is deur middel van die koolstof-14-metode gedateer uit die 9de eeu. Daar is egter dokumentêre bewyse dat hierdie doek reeds in die 6de eeu (500-600 nC) bestaan het. Die dokumentêre bewyse maak die koolstof-14 datum dus ongeldig.
Indien die kopdoek van Oviedo gekoppel kan word aan die Turynse kleed, beteken dit dat die datering van die Turynse kleed verkeerd is en dat die Turynse kleed ten minste uit die sesde eeu dateer.
Hoekom verwerp soveel mense die Turynse kleed?
Wil nie naïef wees nie
Ek glo die belangrikste rede hoekom mense die Turynse kleed verwerp is omdat hulle nie deur ‘n slenter gevang wil word nie. Hulle wil nie naïef voorkom nie. Dit is beter vir jou reputasie om skepties te wees as om iets te glo en later tot jou eie verleentheid te moet erken dat jy naïef was.
‘n Afversie in die Rooms-Katolieke Kerk
Die Rooms-Katolieke Kerk is bekend daarvoor dat hulle geneig is om beelde te vereer. Hierdie feit alleen is vir sommiges genoeg om die kleed te verwerp (dit is natuurlik nie ‘n geldige rede om die kleed se egtheid te verwerp nie).
Verkeerde inligting
Soos reeds gesê: In 1988 is gerapporteer dat die kleed uit die 13de eeu dateer. Vir baie mense was hierdie inligting genoeg om te twyfel in die kleed. Die rou data van die radiometriese datering is eers in 2017 bekend gemaak en teen daardie tyd het baie mense waarskynlik reeds ‘n besluit geneem oor die kleed.
Barrie Schwortz (reeds genoem) het juis met die webblad shroud.com begin omdat daar soveel vals inligting in omloop was.[6]
Vandag is mense waarskynlik steeds skepties weens vals inligting wat hulle in die verlede gehoor het.
Soveel ander bewerings
Daar is baie ander relikwieë wat met Jesus geassosieer word.[7] Ook is daar beweringe van ander dinge wat kwansuis gevind is, maar wat nooit volledig bewys kon word nie. ‘n Mens dink maar aan alles wat Ron Wyatt na bewering gevind het.
Sommige mense voeg die Turynse kleed bloot by al hierdie dinge en voel dat dit oneg is of dat daar waarskynlik ‘n gebrek aan bewyse is.
Wat sal my oortuig dat dit nie eg is nie
Daar is slegs drie opsies:
- Dit is bloot toevallig.
- Dit is vervals.
- Dit is eg.
Sonder om Bruno Barbaris se waarskynlikheid van een in 200 miljard (200×109) te aanvaar, is bloot gesonde verstand nodig om te weet dat die waarskynlikheid van toeval bitter klein is.
As dit vervals is, is die vervalsing amper ‘n groter wonder as die idee dat die lykkleed eg is.
Om te oortuig dat dit vervals is, sal ‘n mens ten minste moet begin deur te wys hoe iemand wat 1200 nC geleef het die beeld op die kleed sou kon kry.
Vrae aan skeptici
‘n Mens sou die volgende vrae aan skeptici kon vra:
- Wat sou waarskynlik met Jesus se doodskleed, wat in die graf gevind is, gebeur het? Sou dit nie sin gemaak het dat Maria, Jesus se moeder, dit by haar sou hou nie? Of sou hulle dit eerder net in die graf gelos het of verbrand het?
- Veronderstel een van die Evangelieskrywers het genoem dat die kleed aan Maria gegee is, sou dit ‘n verskil in jou siening maak?
- Veronderstel Maria het die kleed by haar gehou, watter waarde sou sy en die erfgename van die kleed daaraan heg?
- Indien die Doodskleed van Turyn nie Jesus s’n is nie, waar sou dit vandaan kom? Hoekom sou ‘n gekruisigde se doodskleed verwyder word?
Ten slotte
Ek was 100% oortuig van Jesus se dood en opstanding voor ek die argumente vir die Turynse doodskleed gehoor het. Daarom gaan ek nie my geloof verloor indien latere inligting die kleed weerlê nie. Ek kan egter nie die egtheid van die kleed bloot op filosofiese basis of oormatige skeptisisme, verwerp nie.
Die Turynse kleed word algemeen beskou as die artefak wat in die geskiedenis die meeste wetenskaplike ondersoek ondergaan het (102 akademiese dissiplines, 600 000 totale ure[8]). Meer as die Rosettasteen, die Dooie See-boekrolle of die Antikythera-meganisme. Dit maak die waarskynlikheid baie klein dat dit later as vals bewys sal word.
Tot ek beter inligting het, wil ek hierdie kleed graag by al die ander bewyse voeg vir die Bybel en Jesus se opstanding:
- Bybel
- Hoeveel integriteit het die Nuwe Testament?
- The Bible and the Qur’an: A historical comparison
- Hoe nie om ’n nuwe geloof te begin nie
- Die Bybel oor Jesus se opstanding
- 44 profesieë oor Jesus vervul
Daar is reeds mense wat getuig dat hulle tot bekering gekom het op grond van hierdie kleed.[9]
Ander bronne
- shroud.com (Barrie Schwortz)
- shroudreseach.net (Robert Rucker)
- Doodskleed van Turyn (Wikipedia)
- Sudarium of Oviedo (Wikipedia)
- Relics associated with Jesus (Wikipedia)
- “The Face of God” Michael & The Shroud of Turin | Dr. Jeremiah Johnston (Youtube, 01:35:58, 18 April 2025, Onderhoud tussen Michael Knowles en Jeremiah Johnston)
- Shroud of Turin Expert: ‘Evidence is Beyond All Doubt’ (Youtube, 7:09, 25 April 2025, CBN)
- Scientists STUNNED by New Evidence on Shroud of Turin — Proof of JESUS’ Resurrection? (Youtube, 16:07, 6 Julie 2025, Revealing Dust)
- RETURN of the Nuclear Engineer & The Shroud of Turin | feat. Robert Rucker (Youtube, 01:04:58, 1 Nov 2024, Mike Creavey, Onderhoud tussen Mike Creavey en Robert Rucker)
- NEW EVIDENCE: Does THIS PROVE the Shroud of Turin is REAL? (Youtube, 11:33, 30 Jul 2023. Onderhoud tussen Glenn Beck en Barrie Schwortz, amptelike fotograaf van die 1978 ondersoek. Datering was gedoen op stuk wat later aan die doek geheg is.)
- The Shroud and the Jew: Barrie Schwortz at TEDx ViadellaConciliazione (Youtube, 24:10, 2 Mei 2013)
- Let’s Talk About The Shroud (Youtube, 8:00, Whaddo You Meme??, 24 Aug 2024)
- Eddie Bravo went down a rabbit hole on the Shroud of Turin (Youtube, 23 Mar 2025, Joe Rogan)
- Shroud studies (Youtube, 48:07, 28 Okt 2024, Dr. John Campbell)
- The 2,000-Year-Old Mystery of the Shroud of Turin: Is It Jesus’ Burial Cloth? (Youtube, 7:44, 17 Apr 2025, Shawn Ryan Clips, Lee Strobel, ….)
- Radiocarbon dating of the Shroud of Turin (Wikipedia)
- Is die Doodskleed van Turyn outentiek? (GotQuestions.org)
- New Study “Debunks” the Shroud—But There’s a Huge Problem (Youtube, 12:06, 2 Aug 2025, Capturing Christianity)
- Jeremiah Johnston: Shroud of Turin, Dead Sea Scrolls, & Attempts to Hide Historical Proof of Jesus (Youtube, 1:33:25, 8 Aug 2025, Tucker Carlson)
- NEW EVIDENCE REVEALED: What No One Ever Told You About the Shroud of Turin w/Jeremiah J. Johnston (Youtube, 1:16:51, 1 Apr 2026, Frank Turek)
- The Jesus Discoveries: 10 Historic Finds That Bring Us Face-to-Face with Jesus (Boek, 10 Maart 2026, Jeremiah Johnston)
Voetnotas
[1] “The Face of God” Michael & The Shroud of Turin | Dr. Jeremiah Johnston (Youtube, Michael Knowles, 18 April 2025)
[2] Kyk:
- Shroud.com
- Google: “Shroud of Turin VP8 image analyzer“
[3] Uit https://viverealtrimenti.com/the-shroud-between-science-and-faith-interview-with-bruno-barberis/:
Let’s examine the main characteristics common to Jesus and to the man of the Shroud:
1) The man of the Shroud and Jesus after death were wrapped in a sheet. This is a very rare fact in ancient times, especially for a crucifixion. In most cases, the corpses of the crucified were abandoned on the cross to the wild animals or buried in common graves.
2) Upon both the man of the Shroud and Jesus has been placed a thorn helmet on his head. This fact is truly exceptional and we do not possess any document reporting such a custom either among the Romans or other peoples.
3) The Man of the Shroud, like Jesus, carried a heavy object on his shoulders, which can only be the patibulum (cross-beam of the Crucifix) to which he was nailed.
4) Both the man of the Shroud and Jesus were fastened to the cross with nails. This fact seems to have been reserved for official crucifixions, while in the majority of cases the convicts had their hands and feet tied with ropes.
5) The man of the Shroud and Jesus were injured at the cost after death, without presenting fractures to the legs. It is practically unique: it was more common to break the legs to crucified people to speed up their death (as John’s Gospel explains) when it was necessary to anticipate the conclusion of the execution.
6) The man of the Shroud and Jesus were wrapped in the funeral sheet just deposited from the cross, without any washing and unction of the corpses. This does not correspond to the customs of the time where corpses were washed and anointed with aromatic plants and herbs wrapping them in the funeral towel for regular burial. This is therefore an exceptional case for which some external factors have occurred which have led to a hasty burial, postponing the final one. In the case of Jesus we know that he was wrapped in a sheet and placed in a tomb immediately after the deposition from the cross before the evening came and Easter began during which no manual work could be performed. The final burial should have been performed by women two days later.
7) Both the man of the Shroud and Jesus remained in the sheet for a short time. In fact, in order for the image we see to have been produced, it was necessary for the body to remain in the sheet for at least twenty-four hours but not more than two or three days, otherwise the decomposition process would have destroyed the image or left still visible and recognizable spots that are not present on the Shroud. This fact is really amazing because it does not seem reasonable to put a dead body in a sheet (something unusual in ancient times) to enter very soon in the tomb, removing it after such a short time. Even Jesus was wrapped in a sheet just after the deposition from the cross and, after a period of no more than forty hours, in the tomb, watched by a guard, just the sheet was found while the corpse was not there anymore.
It has been assigned one probability to each of these seven characteristics common either to Jesus and to the man of the Shroud, giving a greater value to those which, more likely, have belonged to any crucified and a lesser value to the rarest ones.
At the end of this calculation, the total probability – that is the probability that these seven events occurred at the same time, or that these seven characteristics were all united together on the same man who suffered the crucifixion, was equal to 1 divided 200 billion. This means that over 200 billion crucified men, just one would have possessed the seven characteristics common to the man of the Shroud and to Jesus. Since it is evident that in the history of mankind it is not possible 200 billion men have been crucified (at most a few hundred thousand or a few millions), the calculation made allows to conclude that it is very high the probability that a crucified with these characteristics is unique and that, therefore, the man of the Shroud is Jesus of Nazareth.
[4] Uit NEW EVIDENCE: Does THIS PROVE the Shroud of Turin is REAL? (5m55s):
Barrie Schwortz, the official documenting photographer of the Shroud of Turin’s 1978 scientific study:
Barrie Schwortz: You mentioned the radiocarbon dating which was done 10 years after our team completed our work and for decades after that the world said: “Well, the shroud must be a fake.” It took 27 years in the Freedom of Information Act to get the British museum, that was the overseer of the three labs that did the radiocarbon testing, to release the raw data, which is very unusual. Historically a scientist, once his work is published in a journal, will release the raw data so other scientists can either repeat the experiment, which is part of the scientific method, or perhaps take the information and try and get to go further with it. So, we finally got the raw data and we can understand why they didn’t want to release it. It showed that the sample, and there was only one sample taken which is already bad science, was inhomogeneous, meaning it was a strip that was cut and there was one date at one end and hundreds of years later at the other end of that strip. So, there was nowhere on that strip that we can claim gave us the date for anywhere else on that cloth and they never took a control sample from anywhere else.
Glenn Beck: Wait, wait, I want to make sure I understand this. So, this was like a repair made later on the cloth?
Schwortz: Correct. There’s evidence in that corner where the sample was taken that there’s cotton interwoven and you know that goes against Jewish law. It is called “mixing of the kinds” and you’re not supposed to mix wool with cotton or cotton with the linen. A burial shroud of someone of high stature is supposed to be pure linen and yet we found cotton in the corner that was ultimately radiocarbon dated and that implied that there was a repair or re-weaving done in that corner. So, they dated a repaired corner of the shroud which could not give us an accurate date for anywhere else on that cloth.
Beck: So why would the British museum do this?
Schwortz: Well, I will say this that as soon as the results were leaked, even before their paper was published, claiming the shroud was medieval, the British museum, or rather the Oxford laboratory, one of the three labs that examined the shroud, received a million pounds sterling from anonymous donors for debunking the shroud and Dr Michael tide of the British museum left the British Museum and took a permanent chair at Oxford with some of that money. So, I hate to say, “follow the money”, but perhaps that had some influence.
[5] Kyk New analysis dates Shroud of Turin to the first century (26 Apr 2022).
[6] In die vroeë 1990’s, na jare van stilte na die 1988-radiokoolstofdateringsresultate (wat die Turynse kleed tot die 13de-14e eeu gedateer het), was Barrie Schwortz in gesprek met ‘n vriend. Tydens hierdie gesprek het die vriend skertsend gesê dat hy in ‘n tydskrif gelees het dat Leonardo da Vinci die kleed geskep het.
Schwortz, wat die kleed persoonlik in 1978 as deel van die STURP-span gefotografeer het en intieme kennis van die eienskappe daarvan gehad het, het geweet dat hierdie bewering nie net onakkuraat was nie, maar heeltemal onmoontlik was. Da Vinci is in 1452 gebore, meer as ‘n eeu na die radiokoolstofdatering, en eeue na die kleed se gedokumenteerde teenwoordigheid in Europa (bv. Lirey, Frankryk omstreeks 1350).
Hierdie terloopse grap het ‘n senuwee geraak, want:
- Dit het uitgelig hoe wydverspreid waninligting en onkunde oor die Lykkleed geword het.
- Dit het getoon hoe maklik leuens herhaal kon word, selfs deur intelligente mense.
- Dit het hom die motivering gegee om ‘n openbare opvoedkundige hulpbron te skep wat op bewyse en wetenskap gegrond is.
[7] Kyk Relics associated with Jesus (Wikipedia)
[8] Kyk The Indisputable Scientific Evidence Proving the Shroud of Turin Is Real (10 Aug 2025, Youtube, 14:38, Tucker Carlson Network)
[9] Mense wat tot bekering gekom het:
Kommentaar onderaan NEW EVIDENCE: Shroud of Turin Shows Exact Moment of Resurrection?! | The Glenn Beck Podcast | Ep 243 (Youtube, 2 Feb 2025)
carlosandrade4395
I’m going to be honest here. I am currently walking down the path of faith and have experienced and felt things that to me explain the holy spirit. But after seeing this for the first time. There is no doubt in my mind now that Jesus is real and Alive. Praise the Lord! Jesus lives and lam excited to have him in my life. This single handedly made me embrace him fully. Seeing his image embedded in the cloth made me cry!
ryankeane6612
Me too brother! I was shown the truth through a powerful and undeniable spiritual experience. I feel unworthy to have to have it proven to me by the Holy Spirit, after 50 years of arrogance, sin and stubbornness. It is and will be the greatest gift I have ever been given. There is nothing that could possibly even come close. My gratitude and sadness about my past, brings tears to my eyes every time | think about it.
Eddie Bravo went down a rabbit hole on the Shroud of Turin (Youtube, 23 Mar 2025, Joe Rogan)