Dolerende gemeentes sneeubal

******

Dolerende gemeentes sneeubal | Netwerk24

Deur Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes

29 September 2021

Die aantal treurende of dolerende NGK-gemeentes begin nou sneeubal en dit is moeilik om tred te hou met al die dolerendes.

En dit is nie net selfdegeslag-verhoudings en “getroude” gay dominees wat die gemeentes laat doleer nie. Dit was wel die laaste strooi en het die reformatoriese sluise oopgedraai.

Ander beginsels soos die opsionele geloof in die bestaan van die duiwel, nuwe sienings oor voorhuwelikse seks, aanvaarding van verslae wat makro-evolusieleer bevorder en meer het almal ’n rol gespeel om die dolerende beweging ’n hupstoot te gee.

Daarbenewens het die “nuwe teologie” soos deur kweekskool-dosente gepropageer ’n groot rol gespeel in die nuwe Reformatoriese NGK-beweging.

Hierdie dolerendes staan ook bekend as die “Reformatoriese NGK-beweging”. Dit is sekerlik een van die belangrikste teologiese gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse kerklike geskiedenis. Die parallelle met Martin Luther kan nie misgekyk word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui