Brief aan NGK ASM 2011

(For English, click here.)

Die volgende brief is op 16 November 2011 aan die moderamen van die NG Kerk gestuur op daardie stadium. Dr Kobus Gerber het baie kortliks ’n antwoord teruggeskryf.

***********

Geagte lede van die moderamen

Ek wil julle vra om namens die NG Kerk hand in eie boesem te steek oor die besluit by die pas afgelope Algemene Sinode dat ons ruimte maak vir mense wat nie glo in die bestaan van die duiwel as ’n persoon nie.

Volgens die Beeld (13 Oktober 2011) was dit op versoek van twee mense nl dr Ben du Toit en dr James Kirkpatrick. Beide sou openlik in die Sinode verklaar het dat hulle nie in die bestaan van die duiwel glo nie. (Hulle glo wel in die bestaan, van die bose, maar dit is volgens enige regdenkende mens se verstaan van woorde, ’n drogredenasie). Die Sinode het nie alleen hulle standpunt aangehoor nie, maar ook ruimte gemaak vir mense wat so glo en het dus ook per implikasie hulle sieninge gesanksioneer. Hulle en ander wat so glo, kan nou met die sanksie van die kerk voortwoeker met hierdie dwaalleringe en al die implikasies daaraan verbonde.

Waarom sou die Sinode hierdie besluit geneem het?

  • Die Sinode is bekendgestel as ’n sg, “Oop Bybel” Sinode. Het die Sinode dit in die Bybel gelees dat die duiwel nie bestaan nie? Vir my lyk dit eerder na ’n blatante miskenning van wat in die Evangelies opgeteken is en van die leer van die apostels.
  • Daar is glo baie gebid by die Sinode. Het die Sinode dit by die Here gehoor dat die duiwel nie bestaan nie?
  • Is dit deel van die “Seisoen van Luister”? As dit so is, is die hele “Seisoen van Luister” onder verdenking, want die vraag ontstaan na wie het die kerk die afgelope tyd geluister en na wie moet die kerk in die toekoms luister?
  • Is dit deel van die kerk se poging om “in pas te kom met ’n postmoderne wêreld”, soos br Nelus in sy boek vra? As dit so is is ek jammer om onder julle aandag te bring hoe die samelewing op die sinodebesluite gereageer het in die koerante en op die Sinode se facebook. Ek lees daar oorwegend net van van mense se minagting en spot met die kerk.
  • Die woorde “inklusiwiteit” en “diversiteit” word nou baie in die kerk gebruik. Is dit die kragte wat die kerk in hierdie tyd dryf om tot sulke ongehoorde besluite te kom?

Wat hier gebeur het is nie ’n toevalligheid of ’n glips wat goedskiks maar oorgesien kan word nie. Dit is ook nie ’n besluit wat in ’n bepaalde konteks gelees moet word nie. Dr Kirkpatrick het in 2007 reeds voor ’n groep teologiese studente gesê dat hy nie in die bestaan van die duiwel glo nie. Dit is aangeteken op die Teologiese Fakulteit se webwerf. Dr du Toit het in sy Andrew Murray bekroonde boek: God? Geloof in ’n postmoderne tyd, reeds gesê dat die duiwel nie bestaan nie, maar dat die bose sy oorsprong in die mens self het. (Afgesien daarvan maak hy ook baie uitlatings in daardie boek, wat die Godheid van Jesus bevraagteken.)

Ek glo ons moet vir mekaar sê, dat die sieninge van du Toit en Kirkpatrick niks anders, as die klassieke opstand teen die Waarheid en teen God self is nie. Die apostel Paulus het destyds in die vroeë kerk al daarmee te doene gehad en dit skerp teengestaan (2 Tim 3:8). Die Sinode het ’n groot fout begaan deur hulle leringe te akkomodeer.

Ek wil dus vra dat die moderatuur ’n agendapunt van die saak sal maak en dit sal hanteer met die wysheid wat ek glo julle van die Here sal kry. Dit gaan nie hier oor mense nie, maar oor die roeping van die kerk om die draer en beskermer van die waarheid te wees (1Tim 3:15). Die saak is ernstig omdat ons God ’n heilige God is wat gehoorsaamheid vra. In die briewe aan die sewe gemeentes in Openbaring hoor ons waarskuwings van die Here soos: As julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat! …. Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. ….. Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood.

’n Paar jaar gelede het die moderators van die verskillende Sinodes ’n verklaring uitgereik waarin hulle, hulle geloof in die liggaamlike opstanding van Jesus bely het. Dit was, soos ek dit verstaan het, na aanleiding van die kwessie dat professore van Pretoria die opstanding bevraagteken het. Die minste wat die moderamen nou kan doen is om ’n verklaring uit te reik waarin bely word dat die Sinode ’n fout begaan het, al is dit in julle persoonlike hoedanigheid. Dit is egter vir my onbegryplik dat die twee here hier ter sprake, jaar na jaar toevertrou kan word met die verantwoordelikheid om die verslae van leerstellige aard vir die Sinode saam te stel.

Jan Louw

11 November 2011

Antwoord

Januarie 2012

Beste broer Jan

Ek het u brief aan die dagbestuur van die Moderamen voorgehou.

Op hulle advies stuur ek vir u die volledige besluit oor die Bediening van Bevryding asook die volledige verslag wat die besluit voorafgegaan het. Ek meen u sal dan sien hoe sterk die Algemene Sinode standpunt ingeneem het oor die konkrete werklikheid van die Bose.

Die Algemene Sinode kan nie oordeel oor die leer of lewe van ’n bedienaar van die Woord nie. Dit is die funksie van die plaaslike ring.

Indien u nie tevrede is nie sal die Aktuarius van die sinodale gebied waarbinne u is u kan adviseer oor verdere prosesse wat u kan volg.

Die Here se seën word u toegebid.

Vriendelike groete

Dr Kobus Gerber

Algemene Sekretaris / General Secretary
Nederduitse Gereformeerde Kerk / Dutch Reformed Church
Posbus 13528 / PO Box 13528
Hatfield, 0028 / Hatfield, South Africa, 0028
+27 (12) 342 0092
+27 (12) 342 0380
+27 82 895 5680
kobusg@ngkerk.org.za
algemenesinode@ngkerk.org.za

****************

Letter to Moderamen AS 2011-11-16

Written by Jan Louw

(As translated by Google Chrome)

The following letter on 16 November 2011 sent to the moderamen of the Dutch Reformed Church at that time. Dr Kobus Gerber wrote back very brief answer.

See also:

***********

Dear members of the moderamen

I want to ask you on behalf of the DRC to cross its own heart about the decision at the recent General Synod that we make room for people who do not believe in the existence of the devil as a person.

According to the Image (13 October 2011) was requested by two people namely Dr Ben du Toit and Dr James Kirkpatrick . Both openly in the Synod declared that they would not believe in the existence of the devil. (They believe in the existence of evil, but it is by any sane person’s comprehension of words, a fallacy). The Synod not only their views to be heard, but also made room for people who believe and also sanctioned by implication their views. They and others who believe this, with the sanction of the church now run its course with these heresies, and all the implications involved.

Why would the Synod this decision?

  • The Synod was introduced as a so-called “Open Bible” Synod. The Synod read in the Bible that the devil does not exist? To me it looks more like a blatant disregard of what is recorded in the Gospels and the teachings of the apostles.
  • Apparently there are many praying at the Synod. The Synod heard from the Lord that the devil does not exist?
  • Is it part of the “Season of Listening”? If so, the whole “Season of Listening” under suspicion, because the question of who the church lately listened and listen to whom the church in the future?
  • It is part of the church’s effort to “fit in with a postmodern world”, asask br Nelus in his book? If so, I am sorry to bring to your attention how society on the Synod responded decisions in the newspapers and on the Synod’s facebook. I mostly just read people’s contempt and derision church.
  • The words “inclusion” and “diversity” are now many in the church. It is the force that drives the church at this time to reach such unprecedented decisions?

What happened here is not a coincidence or a slip goedskiks but can be neglected. This is not a decision that should be read in a particular context. Dr. Kirkpatrick in 2007 before a group of theological students said he did not believe in the existence of the devil. It was recorded at the Theological Faculty’s website. Dr du Toit said in his Andrew Murray winning book: God? Faith in a postmodern time , has said that the devil does not exist, but that evil originates in man himself. (Apart from that he also remarks in that book, who question the divinity of Jesus.)

I believe we have to tell each other that the views of du Toit and Kirkpatrick nothing else, as the classic rebellion against the truth and against God himself. The Apostle Paul was back in the early church had to deal with and it sharply opposed (2 Tim 3:8). The Synod made a big mistake by their teachings to accommodate.

I would therefore ask that the moderator is a subject matter of the case and it will deal with the wisdom that I believe from the Lord you will receive. This is not about people, but about the calling of the church to be the bearer and protector of truth (1 Timothy 3:15). The matter is serious because our God is a holy God who ask obedience. In the letters to the seven churches in Revelation we hear warnings of the Lord as: If you repent, I will come to you and I will take away your lamp stand from its place! …. He who has an ear, let him hear what the Spirit says to the churches. ….. I know what you are doing. I know that you have a name that you live, and you are dead.

A few years ago, the moderators of the various Synod issued a statement in which they, their belief in the bodily resurrection of Jesus confessed. It was, as I understand it, following the issue that professors of Pretoria Resurrection questioned. The least the moderamen now can do is to issue a statement in which confessed that the Synod a mistake, even if it is in your personal capacity. It is incomprehensible to me that the two gentlemen involved here, year after year can be entrusted with the responsibility of the reports of doctrinal nature of the Synod together.

Jan Louw

11 November 2011

Answer

January 2012

Dear brother Jan

I have your letter to the executive committee of the presented Moderamen.

On their advice I sent you the full decision of the Ministry of Liberation and the full report that preceded the decision. I think you will see how strong the General Synod stance on the concrete reality of evil.

General Synod can not judge the doctrine or a minister of the gospel. It is the function of the local ring.

If you are not satisfied the actuarius of synod which you are can advise on further prosese you can follow.

The Lord’s bless you toegebid.

Kind regards

Dr Kobus Gerber

General Secretary / General Secretary
Reformed Church / Dutch Reformed Church
PO Box 13528 / PO Box 13528
Hatfield, 0028 / Pretoria, South Africa, 0028
+27 (12) 342 0092
+27 (12) 342 0380
+27 82 895 5680 kobusg @ DRC . org.za algemenesinode@ngkerk.org.za

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui