Baie van dieselfde geslag trou in SA

Kyk ook:

Van Beeld gekopieer. Kyk ook NGK vra SA parlement dat homoseksuele huwelike gewettig word (Okt 2006), waar Ben du Toit en Kobus Gerber as parlementêre verteenwoordigers vir die NGK in 2006 die SA regering aangemoedig het om homoseksuele huwelike te wettig.

Baie van dieselfde geslag trou in SA

2012-04-28

Philda Essop

Kaapstad. – Meer as 2 000 aansoeke vir huwelike tussen mense van dieselfde geslag is die afgelope drie jaar deur die departement van binnelandse sake ontvang.

Die meeste van dié huwelike is in Gauteng voltrek, gevolg deur die Wes-Kaap.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van binnelandse sake, het in antwoord op ’n parlementêre vraag van mnr. Manny de Freitas, DA-LP, gesê 2 137 aansoeke vir sulke huwelike is tussen 2009 en 2011 ontvang.

Altesame 917 van dié huwelike het in Gauteng plaasgevind, 632 in die Wes-Kaap, 201 in die Noord-Kaap, 178 in KwaZulu-Natal, 79 in die Oos-Kaap, 69 in die Vrystaat, 24 elk in Mpumalanga en Limpopo en 13 in Noordwes.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui