André Bekker antwoord progay oor wetenskap

Kyk ook:

Iemand het die onderstaande kommentaar vir André Bekker aangestuur:

Kom ons is net eerlik en praat nie (soos sommiges) van “menslike OPINIE oor seksuele orientasie” nie maar van WETENSKAPLIKE NAVORSING òor seksuele orìentasie. Dit is nie wetenskaplik verantwoordelik om jou hele gevolgtrekkings oor ’n saak te bou op die verslag van een wetenskaplike konklusie wat jou saak steun nie. Doen moeite op die internet en soek maar net iets op soos “reparative therapy” om letterlik honderde stukke navorsing te kry oor die skade wat mense aangedoen word in pogings om hulle seksuele orientasie te verander en die suksesse al dan nie om dit te verander. Lees asb veral wat die die APA daaroor sê gebaseer op wetenskaplike navorsing.

Deur net te sê “mense is nie so gebore nie en daarom moet dit ’n keuse wees, beteken nie dat dit weer deur ’n keuse net so omgedraai kan word nie. Dit hou ook nie rekening met die geweldige komplekse wyse waarop seksuele orientasie in mense vasgelê word en ontwikkel nie.

Die sinode sal in die toekoms veel verder moet gaan as die blote vraag of mense so gebore word of ’n keuse gemaak het om so te wees. Die vrae gaan meer oor watter psigiese geweld mense wat kern homoseksueel op die glyskaal is aangedoen word om hulle seksuele orientasie te probeer verander. Dit is nie mense wat deur die Here oorgegee is om skandelike, losbandige homoseksuele dade met mekaar te pleeg nie, maar mense wie se orientasie in die unieke seksuele vensterperiode vir hierdie groeiproses, so ontwikkel het.

Ja, ek weet dat die sinode se besluit hulle volle regte in die kerk bevestig. Maar dit klink of ons sê jy is welkom in die kerk, maar bewaar jou siel as jy op iemand van dieselfde geslag verlief raak en dit intiem (seksueel) wil beleef – ’n begeerte wat by hulle net so natuurlik ontwikkel soos by heteroseksueles.

Daar is nog soveel meer waarop ek graag wil reageer vanuit die wetenskaplike studie van die sielkunde waarin ek bevoorreg was om te studeer, maar ek volstaan op die oomblik net hierby.

André se antwoord:

Met alle respek gesê moet ook nie alles glo wat die internet jou vertel nie. Ek self is ’n voormalige homoseksueel en ekself het terapie ontvang en ek self was al die leuens vertel wat die internet en die aktiviste vertel. Kom ek verwys jou na ander navorsing . Dit is maklik om eensydig wetenskap te gebruik. Maar weet dit dat daar is ook ’n ander kant indien jy moeite wil doen om dit te vind. Gaan lees gerus die volgende twee bronne:

  1. Journal of Human sexuality (Vol 1), What Research Shows: NARTH’s Response to the APA Claims on Homosexuality, A Report of the Scientific Advisory Committee of the National Association for Research and Therapy of Homosexuality, James E. Phelan, Neil Whitehead, Philip M. Sutton, 2009: Dit spreek die hele APA 2009 verslag aan waarop hulle die leuens baseer.
  2. My Conversation With a Typical Opponent of Professional Therapies that Include Change, Christopher H. Rosik, Alliance for Therapeutic Choice and Scientific Integrity

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui