Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
70% van Bethulie se lidmate stem om NG sinode te los | Rapport
Johan Eybers
Rapport
Sondag, 7 September 2025
Die NG gemeente Bethulie het die afgelope week met ’n oorweldigende meerderheid besluit om alle bande met die algemene sinode van die NG Kerk te verbreek.
Dié Suid-Vrystaatse gemeente gaan nou ’n nuwe regsentiteit stig en beplan om voortaan onafhanklik te funksioneer.
In ’n stemming wat Sondag gehou is, het 96 lidmate ten gunste van uittrede gestem, met 42 daarteen. Twee stemme is as bedorwe aangeteken.
Met 69,57% van die stemme ten gunste van uittrede, het die kerkraad Dinsdag die besluit bekragtig.
“Bethulie voel nie langer gebonde aan die gesag of besluite van die NG Kerk se meerdere vergaderings nie,” sê die kerkraad in ’n brief aan die Vrystaatse sinode.
Die besluit volg op maande se spanning nadat ’n tugliggaam van die ring van Smithfield die gemeente se predikant, Rheinier Nel, skuldig bevind het aan misleiding, verdagmakery en skeurmakery.
{Lees verder op Netwerk24}