2013 NGK homoseksuele besluit

Kyk ook:

Tydens die 2013 algemene sinode is daar geen nuwe besluite oor homoseksualiteit nie en vra vir verdere studie.

Volgens Johan van der Merwe het Coenie Burger tydens hierdie sinode gepleit om ruimte te maak vir selfdegeslagverhoudings deur na Handelinge 15 te verwys.

********

2013 NGK homoseksuele besluit

Die besluit van 2007 word in sy geheel bevestig (sien 1.5.1 hieronder). Wat dan nou hier verder volg, is die prosesvoorstel ten opsigte van die voortgesette gesprek oor homoseksualiteit deur die moderamen wat deur die sinode aanvaar is, naamlik:

Die Algemene Sinode

1.5.1 bevestig dat die besluit van 2007 oor homoseksualiteit geneem is na ’n deeglike eksegetiese en teologiese studie.

1.5.2 gee opdrag aan die ASM om in voortsetting van die 2007 verslag oor homoseksualiteit ’n studie te doen oor die status van selfdegeslagverhoudings, in die lig van die Skrif en Gereformeerde tradisie.

1.5.3 besluit dat homoseksuele en heteroseksuele studente wat hulle voorberei vir die bediening in die NG Kerk, aan dieselfde Christelik-etiese standaarde moet voldoen met die oog op legitimasie.

1.5.4 verbind hom ook in die hantering van die saak aan die waardes van die seisoen van menswaardigheid.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui