Waar kom goud vandaan?

Daar word geglo dat goud gemaak word deur kernfusie. Wat is kernfusie?

Kernfusie

alt

In kort is kernfusie die proses waar atome[1] met laer atoommassa saamsmelt om ’n atoom met hoër atoommassa te vorm. Hierdie saamsmelting is gewoonlik slegs moontlik by baie hoë druk en temperatuur – dit is wanneer atome die vinnigste beweeg en hard teen mekaar sal bots. As atome baie hard teenmekaar bots, gebeur dit dat die atoomkern van een atoom ’n ander atoom se kern binnedring en saamsmelt om een atoom te vorm met ’n groter kern. Bv, as 2H (’n waterstof atoom met twee nukleone, een proton en een neutron (atoomgetal = 1)) en 3H (een proton en twee neutrone) saamsmelt om 4He, met atoomgetal = 2, te vorm.

In die proses word energie vrygestel omdat 4He ’n laer massa het as die som van 2H en 3H. Die energie wat vrygestel word, kan bereken word deur die bekende formule E = mc2. Hierdie selfde proses gebeur ook in die son en verskaf al die energie op aarde (kyk ook Waar kom al die nuttige energie vandaan?).

Soos waterstof kernfusie kan ondergaan om helium te vorm, kan helium saamsmelt en litium (atoomgetal = 3) vorm, litium kan berillium (atoomgetal = 4) vorm, berillium kan boor (atoomgetal = 5) vorm ens tot ’n mens by yster (56Fe, atoomgetal = 26) kom wat die stabielste element is. Fusie kan egter ook verder gaan en goud (197Au, atoomgetal = 79) vorm by baie hoë druk en temperatuur.

Vir meer hieroor, kyk:

Dus kan goud op enige planeet of ster vorm waar daar baie hoë druk en temperatuur is (waar atome baie hard teen mekaar bots). Daar is heel waarskynlik baie goud in die son en ook in die kern van die aarde, asook supernovas (’n ster wat ontplof het). Die artikel Where Does All Earth’s Gold Come From? Precious Metals the Result of Meteorite Bombardment, Rock Analysis Finds (9 Sep 2011) beweer dat daar genoeg goud in die kern van die aarde is om die hele oppervlak van die aarde met 4 m dik goud oor te trek. Sintetiese goud (goud wat deur ’n mensgemaakteproses vervaardig word) is ook moontlik, maar is glad nie ekonomies nie – om goud sinteties te maak, kos baie meer as die markprys van goud. Dus is dit baie goedkoper om goud te myn as om dit sinteties te vervaardig.

Hoe kom die goud in die aarde se aardkors?

Die aarde se aardkors[2] is nie warm genoeg om goud te vorm deur kernfusie nie. Alle aanduiding is dat die goud in die aardkors afkomstig is van die mantel net onder die aardkors. Goud word saam met water teen hoë druk van die mantel na die aardkors vervoer en as die druk verlaag, word die water stoom en die goud slaan neer.

Hoe lank neem dit?

Die vraag is hoe lank neem dit? Is hierdie proses versoenbaar met die Bybel?

Hier volg ’n kort opsomming van die artikel Liquid Gold (Maart 2008) op www.creation.com, gebaseer op artikels uit New Scientist, Geotimes en Science, wat sekulêre wetenskapstydskrifte is:

Die Lihir goudneerslae in Papoea Nieu Guinee is van die grootstes in die wêreld. Dit het ondergronds gevorm waarna magma (gesmelte rots) mineraalryke water verhit het en die water onder groot druk na die oppervlak gedwing het. Binne-in die aarde is hierdie chemies aggressiewe oplossings in staat om alle vorme van minerale op te los. Nader aan die oppervlak by ’n laer druk het die water in stoom verander, waarby die minerale in die water, insluitend die goud, agtergelaat is. Sommige geoloë dink baie van die wêreld se goudertsneerslae het op hierdie manier gevorm. Stuart Sim­mons en Kevin Brown het ’n watermonster geneem onder uit die Lihirmyn en gevind dat die goudkonsentrasie 1000 keer hoër was as wat verwag is (15 dele per miljard). Nadat uitgewerk is hoe vinnig die stoom ontsnap het, is bepaal dat daar elke jaar ongeveer 24 kg goud bygevoeg word by die huidige goudneerslag. Volgens berekeninge kon die hele Lihirgoudneerslag in slegs 55 000 jaar plaasgevind het.

Christoph Heinrich, ’n Switserse navorser wat goudneerslae in die wêreld bestudeer, sê hy het vloeistowwe gevind wat vasgevang was in kwartskristalle met konsentrasies tot selfs 1000 keer hoër as wat Simmons en Brown gevind het. Hy het gesê: “As jy dieselfde argument gebruik wat hulle gebruik met ’n duisend keer hoër konsentrasies, dan is die tyd wat dit kon geneem het, ’n duisend keer korter, dus 50 tot 60 jaar.”

Greg Hall, ’n geoloog wat vir die mynbou-maatskappy Placer Dome gewerk het, het aan New Scientist gesê: “My gevoel oor Lihir is dat dit gevorm het in dieselfde tyd wat dit geneem het vir Berg St Helens[3] om op te blaas – ’n maand, ’n dag, miskien so kort soos 5 uur.”

Skeppingsleerders/kreasioniste het ’n Bybelse verklaring vir hierdie prosesse in terme van Bybelse tydlyne. Die Bybel leer duidelik dat ’n globale vloed ongeveer 2348 vC die aarde in Noag se tyd bedek het. Tydens die sondvloed “het die fonteine van die groot waters oopgebreek” (Genesis 7:11). So ’n kragtige gebeurtenis sou onmiddellike en voortdurende vulkaniese aktiwiteit oral op die aarde veroorsaak het. Dit sou gedurende hierdie tyd en daarna gewees het, dat baie goudneerslae gevorm het, insluitend die Lihir goudneerslag.

In die artikel How gold formed during the Flood verduidelik Tas Walker mbv die volgende prentjies hoe goud tydens die sondvloed kon neerslaan in die aarde se kors.

Floodwaters depositing gold diagram 1Floodwaters depositing gold diagram 2Floodwaters depositing gold diagram 3Floodwaters depositing gold diagram 4

Kyk ook die volgende twee artikels op www.creation.com:

Baie onlangs het Nature-tydskrif ook berig dat goud en ander edelmetale baie vinnig gevorm het toe goud van die aarde se mantel deur water na die aardoppervlak vervoer is:

Goud in die Bybel

In die Bybel lees ’n mens in die Ou Testament baie van goud:

In Genesis 2:11-12 lees ons “Die eerste rivier is die Pison en dit loop rondom die hele Gawila, waar daar goud is. (12) Die goud van daardie land is suiwer. Daar is ook balsem en oniks.” Hierdie was voor die sondvloed (dit is onbekend hoe lank ná die skeppingsweek). Dus het God moontlik hierdie goud tydens die skeppingsweek geskep. ’n Ander opsie is dat dit in ’n baie kort tyd deur vulkane van die aarde se mantel tot op die oppervlak vervoer is, op dieselfde manier hoe goud vandag by Lihir in Papoea Nieu Guinee geskep word.

Later in die Bybel lees ons van Abraham se goud in Genesis 13:2 “Abram was baie ryk aan vee en silwer en goud.” En ook in Genesis 24:35 en 44:8. (Abraham het 1996 vC tot 1821 vC geleef. Hy is 352 jaar na die sondvloed [2348 vC] gebore.)

In Eksodus lees ons hoe God opdrag gee dat groot hoeveelhede goud deel van die tempel moes wees (kyk Bybelse gewigte en mates). Hierdie goud is heel waarskynlik tydens die sondvloed gevorm.

Gevolgtrekking

Goud kan deur fusie geskep word teen baie hoë druk en temperatuur. Dit kan ook in die aarde se kern plaasvind en kan deur water na die aardkors vervoer word waar dit kan neerslaan. Skeppingsleerders glo dat die meerderheid goud wat vandag gemyn word tydens die sondvloed in die aardkors neergeslaan het. Vandag word daar steeds goud neergeslaan by plekke soos Lihir in Papoea Nieu Guinee. Die idee dat God ook goud kon skep tydens die skeppingsweek is egter nie uitgesluit nie.

Kyk ook:

Voetnotas

alt ’n Eenvoudige voorstelling van ’n helium atoom.

[1] In kort: Alle materie bestaan uit atome. Atome het ’n kern in die middel waarom elektrone (negatief-gelaaide deeltjies) draai. ’n Atoom se kern bestaan uit protone (positief-gelaaide deeltjies) en neutrone (neutraal gelaai). Gewoonlik is daar ongeveer dieselfde hoeveelheid protone as neutrone. ’n Atoom het ewe veel protone(+) en elektrone(-). Verskillende elemente bevat verskillende hoeveelhede protone (en elektrone), bv: Waterstof het 1 proton, koolstof het 6 protone, suurstof het 8, goud het 79 (kyk Periodieke tabel). Vir meer inligting oor atome, kyk Atoom, Proton, Neutron en Elektron.)

[2] Die aarde is verdeel in die volgende lae (kyk ook Inside the Earth, Structure of the Earth, The Earth’s Inside):

alt

  • Kors (0 – 50 km): Alle myne kom in die aardkors voor.
  • Mantel (50 – 2900 km): Die mantel is waar die kors begin plasties raak. Daar is nog nooit tot in die mantel geboor nie.
  • Buitekern (2900 – 5200 km)
  • Binnekern (5200 – 6370 km).

(prentjie kom uit Where did all the water come from?)

[3] Vir meer oor wat by Berg St Helens gebeur het, kyk:

Bylae A: Goudsintese

Op Yahoo Answers het iemand die volgende geskryf oor wat sintetiese goud is:

Die kunsmatige produksie van goud [sintetiese goud] is die eeue-oue droom van die alchemiste. Dit is moontlik in partikelversnellers of kernreaktore. Aangesien daar net een stabiele goudisotoop, nl Au-197 is, moet kernreaksies hierdie isotoop skep om bruikbare goud te produseer.

Goudsintese van kwik (Hg)

Goud verkry deur mynbou het silwer en koper as onsuiwerhede. Goud van hoër suiwerheid kan gemaak word deur die fotoneutron proses:

Hg-198 + 6.8Mev gammastraal –> 1neutron + Hg-197 (halfleeftyd 2.7 dae –> Au-197)

Hierdie energievlakke laat ’n meer doeltreffende neutron bron toe as die Spallation Neutron Bron.

Goudsintese in ’n versneller

Goudsintese in ’n partikelversneller is moontlik op verskeie maniere. Die Spallation Neutron Bron het ’n vloeistof kwik teiken wat in goud, platinum en Iridium, kan transformeer wat laer is in atoomgetal.

Goudsintese in ’n kernreaktor

Goud kan in ’n kernreaktor vervaardig word deur bestraling van platinum (Pt) of kwik (Hg). Aangesien platinum duurder as goud is, is platinum nie ekonomies geskik as ’n rou materiaal nie. Slegs die kwik isotoop Hg-196, wat teen ’n frekwensie van 0.15% in natuurlike kwik voorkom, kan na goud omgeskakel word deur neutronvang, en gevolglike K+-verval na Au-197 met stadige neutrone. Ander kwik isotope word omgeskakel wanneer bestraal word met stadige neutrone in ’n ander of vorm kwik isotope, wat betaverval na tallium. Die gebruik van vinnige neutrone, kan die kwik isotoop Hg-198, wat tot 9.97% in natuurlike kwik voorkom, omgeskakel word deur afsplitsing van ’n neutron om Hg-197 te vorm, wat disintegreer dan na stabiele goud. Hierdie reaksie beskik egter oor ’n kleiner aktivering deursnit en is slegs haalbaar is slegs met ongemodereerde reaktore. Dit is ook moontlik om ’n paar neutrone uit te skiet met ’n baie hoë-energie in die ander kwik isotope in om die Hg-197 te kry. Maar sulke hoë-energie-neutrone kan egter slegs geproduseer word deur partikelversnellers.

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

Rob W: “Great show [Creation Magazine Live] thank you again for making my faith unbreakable, to be honest I was an atheist before I started watching now my whole family watches. Thank you again.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui