Russell Humphrey verdedig sy kosmologiese model

Kyk ook:

Russell Humphreys (en John Hartnett) het ’n model ontwikkel Ver-sterlig-jong-aarde-probleem om te verklaar hoe ’n mens sterre kan sien wat miljoene ligjare ver is indien die heelal slegs 6000 jaar oud is. Hierdie model word nie goed deur nie-skeppingsleerders ontvang nie. Dit is heel waarskynlik oor die volgende twee redes:

  • Die aanname dat die aarde in die middel van die heelal is, is onuithoudbaar. Die oerknal is juis ontwikkel met die aanname dat die aarde (of enige ander planeet) nie ’n spesiale posisie in die heelal besit nie. Die kosmologiese beginsel word baie streng toegepas (kyk Ons is in die middel!).
  • Dit is heel waarskynlik ’n bitter pil om te sluk dat skeppingsleerders ’n teorie gekry het wat ontslae raak van donkermaterie en donkerenergie.

Mense wat steeds die oerknal aanhang beweer egter dat Humpreys se model op grond van swak wetenskap verwerp word. Dit lyk vir my glad nie of dit waar is nie. Hier volg ’n paar pogings om Humphreys se model op grond van wetenskap af te skiet. Ek self verstaan nie al die wetenskap nie, maar dit is duidelik (as jy die moed het om deur die artikels te lees) dat Humphreys se opponente dit nie regkry om sy model wetenskaplik af te skiet nie.

Ek het hierdie artikels oor die bespreking van Humphreys deurgegaan en hier volg my kommentaar.

Debat 1: Samuel R Conner & Don N Page

Kritiek op Humphreys se model: Starlight and Time is the Big Bang, Samuel R Conner en Don N Page, CEN Tech. J., vol. 12, no. 2, 1998
Humphreys se antwoord: New Vistas of Space-Time, Rebut the Critics, D. Russell Humphreys:

My kommentaar:

  • Alhoewel ek glad nie die wiskunde verstaan nie, was dit vir my duidelik dat Conner en Page (1ste artikel) nie Humphreys se model (wou) verstaan (het) nie. Ek het dit besef selfs voor ek Humphreys se antwoord gelees het. Humphreys se antwoord het natuurlik my gevoel bevestig.
  • Dit lyk ook vir my dat Conner en Page self skuldig daaraan is dat hulle nie begryp het dat die oerknalmodel aanvaar dat daar geen middelpunt vir die heelal is nie.
  • Dit het vir my weer maar net baie duidelik geword hoeveel onbekendes en aannames daar is en dat hierdie ’n groot invloed het op die uitkoms van teorieë. Daar is nog baie om te leer oor die heelal en selfs al is Humphreys se model verkeerd, is daar nog heeltemal te min inligting om dit verkeerd te bewys.
  • Dit is ook duidelik dat Humphreys bekende wetenskap gebruik. Dit is nie spesiaal gefabriseerde dinge nie – net gewone wetenskap met ander aannames as wat die hoofstroom wetenskaplikes maak.
  • En dit lyk tog of Humphreys weet waarvan hy praat, alhoewel dit ’n subjektiewe uitlating van my is, want ek is seker eintlik nie in staat om daaroor te oordeel nie.
  • Na die kritiek van Conner en Page het Humphreys net nog meer vertroue in sy teorie. Kyk wat sê hy: “A third reason I am grateful for the critique is that it has increased my confidence in the basics of my theory. These two highly-motivated and well-trained critics have been working diligently for several years, and yet they have failed to come up with anything more substantial than what they have said here. I hope most readers also have greater confidence in my theory now.
  • Humphreys se model het nie donkermaterie, donkerenergie of inflasie nodig nie. Hierdie is dinge wat eintlik ’n groot kopseer vir die oerknalteorie is.

Debat 2: Weer Samuel R Conner & Don N Page

Starlight — time and again, CEN Technical Journal 14(2) 2000

Lees ’n bietjie “Conclusions” van die dokument Starlight — time and again. Ek dink tog dit sê iets oor Humpreys se karakter…

Debat 3: Fackerell & McIntosh

Errors in Humphreys’ cosmological model, E.D. Fackerell & C.B.G. McIntosh, CEN Technical Journal 14(2) 2000 (Bevat beide kritiek teen Humphreys se model en Humphreys se verdediging)

Humphreys sê: “With their first dozen equations, Fackerell and McIntosh try to prove that the Schwarzschild time element dt becomes imaginary. However, the foundation of their argument is the same equation for Schwarzschild time t with which Conner started in his 1999 letter to this journal. My reply in the very same issue asserted that the equation is not valid in the region of space-time where Conner wanted it to be valid. Yet Fackerell and McIntosh have taken no notice of my 1999 reply, continuing to use the same foundational equation as if it were unquestioned.

Twee vrae:

  • Hoekom het Fackerell nie na Humphreys se antwoord aan Conner gaan kyk nie en weer presies dieselfde (verkeerde) argument gebruik?
  • As Humphreys se argument verkeerd was aan Conner, hoekom het Fackerell dit nie pertinent genoem in sy kritiek nie?

Dit is vir hulle óók moeilik om te verstaan dat die oerknal nie ’n middel vir die heelal het nie, ten spyte van Steven Weinberg se stelling: “On the other hand, if matter were evenly dispersed through an infinite space, there would be no center to which it could fall.

Hierdie is ’n groot dilemma, want as dit waar is dat tyd vinniger loop aan die rand van die heelal, dan is Humphreys reg en dan kan ’n mens die groot probleem vir skeppingsleerders antwoord: hoe sien ’n mens lig van sterre miljoene ligjare ver?

Verder maak Humphreys se teorie vir my baie sin: ons sien dat atoomhorlosies in verskillende gravitasievelde stadiger en vinniger loop en ons gebruik presies dieselfde beginsel in GPS sisteme – daar moet gekompenseer word vir die feit dat horlosies in swakker gravitasievelde vinniger loop as horlosies in sterker gravitasievelde.

’n Ander interessante een is hierdie:

“Now we get to what they call “the worst error in [Humphreys’] writings,” my alleged failure to realize that an observer will not observe anything peculiar when the horizon is crossed”.

Yet about the same situation I wrote: “As he passes the event horizon, he feels no unusual sensations.”

So much for what Fackerell and McIntosh allege that I failed to realize. I am glad that my alleged “worst error” turns out to be their overlooking my words.”

Debat 4: Weer Humphreys vs Ross

CEN Technical Journal 13(1) 1999, Letters to the editor, Humphreys’ new vistas of space

Ross sê: “My motive is to save the Christian community, including Humphreys himself, from embarrassment and from unnecessary scorn.” En “the damage it brings to the Christian community and to your and our evangelistic efforts can be minimized.
Die ironie is dat CMI talle voorbeelde het waar Ross se siening mense eerder van God laat wegdraai het. Ross aan die ander kant het nie voorbeelde waarvan ek weet wat sy stelling bevestig nie.

Ross sê: “Humphreys’ attacks on Conner and Page, his disregard for their knowledge and expertise, and his trading of one untenable model for an even less tenable one
Ek het niks hiervan gesien in Humphreys se antwoord aan Conner en Page nie. Moet Humphreys nou net alles aanvaar wat Conner en Page sê net omdat Ross dink dat hulle kenners is? En hier speel Ross die man en nie die bal nie. Hoekom nie net Humphreys se model kritiseer nie? Is dit omdat sy argumente opgeraak het?

Dit is baie duidelik dat KJ Duff nie Humphreys se teorie verstaan nie. Nog voor ek Humphreys se antwoord gelees het, het ek geweet dat die heelal aan die rand miljoene jare oud is, maar slegs 6000 jaar gemeet met horlosies op aarde. Ongelooflik dat sulke geleerde mense so ’n swak begrip het. Of miskien verblind hulle vooropgestelde idees hulle.

Daar is niemand so blind soos die een wat nie wil sien nie.

Verdere leeswerk

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui