UP se dosente nié skuldig aan dwaalleer

*******

UP se dosente nié skuldig aan dwaalleer | Beeld

Rapport, 15 Jun 2005

Briewe

Cobus van Wyngaard, Maartje Potgieter, Tiaan van Niekerk, Jo-Mari Schäder, Pieter Visser, Teologiestudente, Universiteit van Pretoria:

Onlangse bespiegelings in die media oor ons teologiefakulteite verwys dikwels na “sekere studente” se probleme (Rapport 22 Mei).

Ons wat in die binnekant sien hoe individuele studente se probleme in die media opgeblaas word — dit is ons wat in die klasse sit en kwansuis die “dwalings” aanhoor (“Oop gesprek”, 5 Junie).

As studente wil ons graag sê dit is glad nie die geval nie. Ons staan krities teenoor ons eie opleiding (dit is wat van ons verwag word) en waardeer die geleentheid om ‘n eie mening te vorm.

Uit ons oogpunt gesien, is dit die absolute minderheid studente wat glo hulle word aan dwaalleer blootgestel. Uit ons klaservaring moet ons sê dit is ‘n onwaar klagte. Dwaalleer is ‘n ongelooflik harde woord en ons het nog nooit nodig gehad om dit teen enige van ons dosente te gebruik nie. Ons is gemaklik in Pretoria se teologiefakulteit. Verder wil dit vir ons voorkom asof tweedehandse inligting van studente die laaste paar weke se gesprek aangevuur het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui