Tafelberg: akte van opskorting

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Tafelberg tree uit NG-verband

AKTE VAN OPSKORTING

VAN DIE KERKVERBAND

met die

RING VAN KAAP DIE GOEIE HOOP

en die

SINODE VAN WES- EN SUID-KAAPLAND

en die

ALGEMENE SINODE

VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Aangesien die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg onwrikbaar staan by die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God, en

Aangesien die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg glo dat die leer soos vervat in die drie algemene belydenisskrifte en die drie Formuliere van Eenheid, naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis (Confessio Belgica), die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls, ooreenkom met die Woord van God, en

Aangesien gemeentes, ampsdraers en lidmate van die Ring van Kaap die Goeie Hoop, die Sinode van Wes- en Suid-Kaapland en dosente by die teologiese opleiding aan die Universiteit van ‘Stellenbosch nie meer hierdie leer getrou verkondig en uitleef nie, en nie dwalinge wat met hierdie leer in stryd is, weerlé en uit die kerk weer nie, en

Aangesien daar by meerdere vergaderinge van die kerkverband nie aan die kerklike orde gehou word nie, en

Aangesien die kerkverband nie met aandag en ywer besig is om die Koninkryk van God in ons geknelde land uit te brei deur die bevordering van die kennis van, vertroue in en gehoorsaamheid aan die Drie-enige God nie, en Aangesien predikante met hulle gemeentes en dosente met hulle studente onnadenkende, onkritiese en selfs roekelose en onverskrokke navolgers van die tydsgees geword het, op relatiewe en subjektiewe wyse met die Bybel omgaan, eie inhoud aan Bybelse waarhede oor die huwelik en seksualiteit, saamwoon van ongetroudes, die bestaan van die Bose en ander teologies- dogmatiese en teologies-etiese sake gee, en as bondgenote optree van ideologies gedrewe groepe wat die kerk en kerklike vergaderinge binnedring en die kerk en kerkvergaderinge vir hulle eie agenda gekaap het, en

Aangesien ampsdraers en lidmate van die kerk, wat met die Woord van God, die Belydenis en die Kerkorde as maatstaf die werk van vergaderings en leidende persone beoordeel, se gegronde besware geignoreer, geminag, verdraaid voorgestel, liefdeloos geag, valslik weerlé en selfs uitgedaag word, en

Aangesien die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg sy besware op ordelike en grondige wyse aan die kerkverband bekend gemaak het en vir 4 (vier) jaar daaroor gedoleer het, het die kerkverband weinig, indien enigsins, daarna geluister, daaroor met die gemeente in gesprek getree en daarvoor ‘n oplossing gesoek deur herderlike sorg, versoeningsaksies, kerklike mediasie of die hantering daarvan as ‘n kerklike geskil, en

Aangesien die Ring van Kaap die Goeie Hoop deur sy gevolmagtigdes nou die weg van konfrontasie gevolg het deur een van die leraars en die leierouderling op vervolgsugtige, ongemagtigde en kwaadwillige wyse aan te kla, die selfstandigheid van die gemeente daardeur aangetas het, spanning in die gemeente aangewakker het en die probleem by bepaalde persone en nie by hulleself en hulle eie verdagmakende en verdelende optrede gesoek het nie,

Daarom besluit die Kerkraad die volgende:

1. Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg, handelend as Tafelberg Gemeente, hou op om ‘n dolerende gemeente te wees, nadat die doel van dolering, naamlik om die kerkverband op te roep om terug te keer na die Woord van God alleen (sola scriptura), na 4 (vier) hartseer jare nie op bekering en berou uitgeloop het nie, maar steeds deur die kerkverband in kerkvergaderinge en by die teologiese opleiding teengestaan is.

2. Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg, synde ‘n regspersoon in eie reg en volledig kerk, skort met behoud van alle regte, voorregte, besittings, naam, seggenskap oor eiendom, finansies, werksaamhede, diensverhoudinge, ampsbevoegdheid en lidmaatskap van enige fonds en organisasie, die verband met die Ring van Kaap die Goeie Hoop, die Sinode van Wes- en Suid-Kaapland en die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op, omdat so ‘n stap voor God in die lig van sy Woord regverdig kan word.

3. Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg behou haar identiteit as Nederduitse Gereformeerde Kerk soos uitgedruk in die Bybel en die Belydenis.

4. Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg is nie van voorneme om na opskorting van die kerkverband as ‘n onafhanklike gemeente te bly voortbestaan nie en sal, soos dit ‘n gereformeerde kerk betaam, bly soek na gemeentes, ringe en sinodes met wie daar op dieselfde grondslag, wat leer en lewe betref, in verband getree kan word.

5. Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg behou die dienste van die leraars en ander besoldigde amptenare. Die Kerkraad of sy gevolmagtigde sal vanaf die datum van die opskorting van die kerkverband uitsluitlik die diensverhoudinge in die gemeente bestuur en oor tug en dissipline, ook wat die ampsdraers betref, beslis.

6. Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg se opskorting van die kerkverband verander nie aan die lidmaatskap van die gemeente en die uitoefening van enige lidmaatskapregte nie. Dit sal egter enige lidmaat vrystaan om van gemeente te verander, indien so ‘n lidmaat aan ‘n gemeente wil behoort wat steeds in verband met die Ring van Kaap die Goeie Hoop, die Sinode van Wes- en Suid-Kaapland en die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk staan. Insgelyks verander die ampsposisie, ampsverpligtinge en ampsvoorregte in die Gemeente op geen wyse nie.

7. Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg se besluit tot opskorting van die kerkverband is onmiddellik van krag, maar word op twee agtereenvolgende Sondae aan die Gemeente gekommunikeer met die oog op enige konstruktiewe inset vanuit die Gemeente wat betref die verdere pad vorentoe vir aanvullende goedkeuring deur die Kerkraad. Die enigste voorwaarde vir die bekragtiging van die besluit is dat die meerderheid van die Kerkraad en die meerderheid van die lidmate met die besluite saamstem. Sou daar enige versoek tot revisie van die besluite van ‘n ingeskrewe lidmaat ontvang word, sal die Kerkraad dit oorweeg en daaroor beslis.

8. Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg sal na opskorting van die kerkverband ingevolge die artikels van die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk soos tot en met die Algemene Sinode van 2015 die geval was, bly funksioneer, maar dan net soos op die Gemeente as die kerk van toepassing en met uitsluiting van die artikels wat die kerkverband reël, totdat daar deur die Gemeente tot kerkverband toegetree sal word met gemeentes wat Artikel 1 van die Kerkorde nie net geheel en al onderskryf nie, maar ook in leer en lewe volkome handhaaf.

9. Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg neem hierdie besluite in biddende afhanklikheid van en in onvoorwaardelike gehoorsaamheid teenoor die Here van die kerk.

Besluite geneem by die Kerkraadsvergadering gehou op 22 Junie 2023.

Geteken:

Dr C Saayman (Voorsitter)

Mnr T vd Westhuizen (Skriba)

Kommentaar

Daar is nog baie vrae oor hierdie stap. Daar word steeds oral na Tafelberggemeente verwys as ‘n NG Kerk, maar punt 4 sê:

4. Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg is nie van voorneme om na opskorting van die kerkverband as ‘n onafhanklike gemeente te bly voortbestaan nie

Indien hierdie stap slegs beteken dat Tafelberg breek met hulle ring en streeksinode, dan is dit niksseggend. Daar is alreeds dolerende gemeentes wat nie meer ringsittings, streeksinodes, en vanselfsprekend die Algemene Sinode, bywoon nie. Behoudende gemeentes het ook met die Koinonia Sinode en selfs voor dit, begin om met ander behoudende gemeentes binne die NG Kerk te assosieer.

Behoudende gemeentes sal geheel uit die NG Kerk moet wegbreek. Daar kan die gemeentes met totaal verskillende teologiese sieninge binne een denominasie wees nie. Dit sal verwarring skep. Kyk ook:

1 thought on “Tafelberg: akte van opskorting”

  1. Met verwysing na :”…Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg….onwrikbaar (staan?)….by Bybel as heilige en onfeilbare Woord van God….”.

    Dit herinner mens (my) aan ‘n toer in Duitsland (Passiespele) en Israel in 2010, en die verbintenis (“links”) van al die besienswaardighede met die Bybel, en in besonder aan die stap in die ondergrondse tonnels, waar daar ‘n “Steen” is, klaarblyklik uit die Salomo tydperk, en die toegemesselde Poort, en dan natuurlik, die skaalmodel van die Tempel wat die Joodse Tempel-beweging, wil bou.

    En dan ook aan ‘n besoek 1 oggend baie vroeg deur myself, aan ‘n ondergrondse sinagoge by ‘n Hotel waar die toer oornag het. Wat help dit eens mens noem, dat mens ‘n visioen gehad het? Volgens John Macarthur en Justin Peters en vele ander in VSA, NET SOOS Nku Nyembezi-Heita en Gavin Griffiths van ArcelorMittal in daardie tyd (ek noem dit die NG Kerk van SieleMoordBende, sáám Rudolph Torlage en Gerhard Van Zyl en Louis Boshoff en Marietjie Lotter, en vele ander), word enige “woord” wat ek spreek of wat ek ookal “sien”, as TWAK afgemaak. Miskien moet hul vir Nku vra om haar “director connections” te gebruik by die “ROOK” Aandeelhouer, wat die ANC en DA sò laat lieg en bedrieg, om so “rook-rook” by die Here se Troonkamer te gaan draai?

    Want soos Tafelberg NG spog oor hul “Woord getrouheid”, só spog Mittal oor hùl “woorde getrouheid”?

    Ek sal Gerrie Nel van Oscar Pistorius-faam aanraai, om Nku en Kobus Verster en daardie “Paul -perd” (ex “Price Waterhouse” vennoot, Mittal CEO, toe ABSA, ens) te dagvaar vir ALLE eposse wat aan hul gestuur is, en ook vir HAWKS in Pta?Vaal?….

    Want ek het geleer hoe skeef mense se woorde is by die kerk…EN…by die werk….wat GOD se Bloedvergifnis bespot en Raad.

    Die “vrou” wat sonder hoofbedekking profeteer in die openbaar? Paulus het dan Christus se Verblindende Lig gesien? Het hy gelieg in 1 Korintiërs? Sy doen haar man EN Christus oneer aan sonder hoofbedekking: maar dit sal selfs deur Albert Mohler, Kevin De Young, Dr. Izak Burger, ens, verwerp word, want hul glo die “skeefgetrekte interpretasie” van moderne tye is “heel aanvaarbaar”.

    Ek het gesien hoe verwoestend dinge kan raak as leiers valse profete geword het: hul almal. Hul woorde nie belyn met die Reguit Straat van God se Woord nie, al sê hul dit. Maar hul dóén dit nie.

    En die “krag” op haar kop? Dié krag sal al hul koppe te pletter laat loop teen Jerusalem se muur, want slegs woorde wat doen wat God sê, kom in Sy Hart in. SOOS Jesus Sy Seun die Woord. Nie TV woorde…storieboeke…ens. Maar egte woorde wat bedoel wat hul sê: nie soos Lakshmi Mittal wat teenoor die 🌏🌎🌍 spreek oor “Health and Safety”, maar laat dan toe dan sy leurnbestuurders my 🧠 opkap met 🔪🔪🔪🔪🔪…….

    “Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus. Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan; maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is. Daarom moet die vrou ‘n aanduiding van gesag op die hoof hê ter wille van die engele.
    I KORINTHIËRS 11:3‭-‬5‭, ‬10 AFR53
    https://bible.com/af/bible/5/1co.11.3-10.AFR53

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui