Rooms-Katolieke Kerk

Inhoudsopgawe

Die Rooms-Katolieke kerk het in ongeveer 315 nC ontstaan.

Hier volg ‘n lys van dinge waarin die Rooms-Katolieke kerk verskil met die protestanse kerke:

Vagevuur

Die vagevuur (Engels=”purgatory”) is ‘n plek van reiniging en voorbereiding vir die hemel. Ook ‘n plek waar die straf weens onbelyde sondes opgehef kan word.

Aflaatstelsel

Die aflaatstelsel is ‘n manier om die straf vir sonde (die vagevuur) te verminder. Familie en vriende kon aflaatbriewe koop om ’n persoon se tyd in die vagevuur korter te maak. Lidmate kon ook terwyl hulle nog geleef het, aflaatbriewe koop wat dan van die goeie dade wat in die hemel bewaar word na hulle lewe as krediet oorgedra sou word.

Sonde

Sonde moet aan God bely word deur middel van priesters.

Heiliges

Katolieke glo aan die sogenaamde heiliges (Engels=”saints”). Hulle is ‘n spesiale groep heilige mense wat reeds dood is, wat vereer word. Daar word tot hierdie afgestorwe heiliges gebid en aan hulle gevra om namens hulle tot God te bid. Hierdie heilige afgestorwenes tree dus op as voorbidders of intersessors tussen God en mens.

Maria word as een van die heiliges beskou.

Redding

Redding word tydens die doop ontvang. Mens kan verlore gaan deur doodsonde, maar kan weer teruggekry word deur geloof en boetedoening. Jy moet glo dat Jesus die enigste seun van God is, jy moet jou sondes bely en ‘n verhouding met Jesus hê.

Finale waarheid

Die kerk, volg die Heilige Gees en die Woord van God so goed dit kan en daarom het die Kerk die finale sê oor die waarheid.

Sakramente

Daar is sewe sakramente in plaas van slegs twee: (1)doop, (2)bevestiging, (3)nagmaal, (4)huwelik, (5)boetedoening, (6)heilige ordes, (7)salwing van siekes.

Kyk ook Sewe sakramente van die Rooms-Katolieke Kerk.

Doop

Die doop word gesien as ‘n vereiste vir redding.

Nagmaal

Tydens nagmaal (ook genoem “Eucharist“) roep die Priester die Heilige Gees op deur die gawes (die brood en die wyn). Dit verander dan in die werklike liggaam en bloed van Christus. Die presiese manier waarop dit gebeur, is ‘n goddelike raaisel. Nie-katolieke kan nie aan die nagmaal deelneem nie.

Pous

Die pous is die opvolger van Petrus, wat die eerste hoof van die kerk was.

Apostoliese opvolging

die bediening van die Christelike Kerk word in stand gehou deur ‘n voortdurende opvolging van die apostels in die vorm van biskoppe.

Selibaat

Leiers (priesters en biskoppe) moet selibaat bly

Beskouing van protestante

Rooms-Katolieke kerke beskou nie protestantse denominasies as ware “kerke” nie omdat hulle nie in die ware nagmaal glo nie. Hulle kan nie ware priesters of biskoppe hê nie, want ‘n priester is slegs geldig op grond van ordening van ‘n geldige biskop volgens die Apostoliese Afkoms.

Kyk ook

1 thought on “Rooms-Katolieke Kerk”

  1. ‘n Hele sisteem oor die eeue uitgewerk.

    Sakramentalisme. Lidmaatskap en onderdanigheid wat red. Maar alles ‘in die vlees, deur die vlees’. Geen wedergeboorte, Geen gekruisig met Christus (hulle verstaan nie wat dit is nie). Geen lewe uit die Gees. Net “‘n Goeie Mens Wees”… Dan gaan jy hemel toe. En dis vals.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui