Aflaatstelsel

Die aflaatstelsel (Engels=”indulgence”) is ‘n skema waarvolgens mense geld kan betaal om hulle straf vir sonde in die vagevuur te verminder en is deel van die sakrament van boetedoening (“penance”).

Dit was gebaseer op goeie werke wat uit vrees en pligsbesef gedoen is. Volgens die leerstellinge van die Middeleeuse Katolieke kerk het Christus, Maria en die heiliges sonder sonde geleef en gesterf. Hulle het ook ’n groot aantal goeie werke gedoen wat in die hemel bewaar is.

Omdat gewone mense aan die einde van hulle lewe meer sonde as goeie werke gehad het, moes hulle ’n boete daarvoor betaal. Hierdie betaling is gemaak deur ’n bepaalde tyd in die vagevuur deur te bring. Wanneer die tyd verstryk het, is ’n sondaar tot die hemel toegelaat.

Familie en vriende kon aflaatbriewe koop om ’n persoon se tyd in die vagevuur korter te maak. Lidmate kon ook terwyl hulle nog geleef het, aflaatbriewe koop wat dan van die goeie dade wat in die hemel bewaar word na hulle lewe as krediet oorgedra sou word.

Op 24 Februarie 1517 het Martin Luther die aflaatstelsel in ’n preek veroordeel. Volgens hom het die stelsel mense aangemoedig om sonde te doen en hulle daarvan weerhou om God regtig as ’n genadige Verlosser te leer ken.

Dit was ook gesien as ‘n geldmaakskema ten bate van die kerk.

Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui