Rooms-Katolieke Heiliges

Rooms-Katolieke glo aan die sogenaamde heiliges (Engels=”saints”). Hierdie status word eers na die dood van die persoon verleen (saligverklaring (Engels=”beatification”)).

Lidmate van die Rooms-Katolieke kerk bid tot hierdie afgestorwe heiliges en vra hulle om namens hulle tot God te bid. Hierdie heilige afgestorwenes tree dus op as voorbidders of intersessors tussen God en mens. Protestante glo dat Jesus die enigste middelaar is tot God en bid nie tot enige ander afgestorwenes nie.

1 Timoteus 2:
(5)Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus

Bekendse heiliges

Daar is meer as 10000 heiliges. Hier volg ‘n kort lysie van die bekendse heiliges:

  1. Maria (Jesus se ma)
  2. Josef (Jesus se pa)
  3. Jesus se 12 dissipels behalwe Judas Iskariot
  4. Paulus
  5. Aartsengel Migael (Judas 1:9)>
  6. Die engel Gabriël
  7. Maria Magdalena
  8. Thomas Aquinas
  9. Joan of Arc
  10. Moeder Teresa

Hoe om ‘n heilige te word

As ‘n persoon beweer dat ‘n wonderwerk gebeur het as gevolg van voorbidding deur die persoon in die hemel, en dit word deur die pous ondersoek, bevestig en goedgekeur, dan word die voornemende heilige se status na “Geseënd” geskuif. Hierdie proses word saligverklaring genoem.

Saligverklaring is die stap reg voor heiligheid. Deur iemand salig te verklaar, verkondig die Kerk dat die betrokke persoon a) beslis in die Hemel is, en b) beslis in staat is om namens jou by God te pleit as jy tot hom bid.

Kyk ook

1 thought on “Rooms-Katolieke Heiliges”

  1. Die RKK heiliges is maar net ‘n voorbeeld van hoe daar die ‘gode’ weer ingebring is onder Christene in die verlede.

    Daar is sprake van Heiliges in die Byble, maar dis duidelik dat dit diegene is war uit die Gees leef, dus Christene in die nou sin van die woord.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui