Panteïsme

Kyk ook:

Panteïsme: (“Pan” = Alles, “teïsme” = God) Dit is die on-Bybelse siening dat “alles God is”. God is nie ’n persoon nie. Dit is die leer dat god alles is en alles god is. Dit sluit die verering van alle gode in. Alles wat mense aanbid, is god: songod, maangod, karma, towerspreuke, ens. Die god van die Christene, Moslems, Hindoes, Voorvaderaanbidders, Boeddhiste, ensovoorts is dieselfde god. Daar is nie een spesifieke een wat alleen reg is nie. Hindoeïsme val hieronder.

Byvoorbeeld Psalm 23 : “Die Here is my herder” (teïstiese siening) word vervang met “Die aarde versorg my as ’n herder.”

Panteïste erken God, maar glo ook dat daar niks is behalwe God nie. Dit behels dat daar nie ’n Satan is nie en dat jy nie God lief kan hê of haat nie, wat impliseer dat jy geen vrye wil het nie. Die menslike bestaan is ’n raaisel, alhoewel moderne panteïste sekerlik vir evolusie as meganisme te vinde is.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui