Stephan Joubert: God, ek het ’n guns nodig, nes Jelly Roll

Kyk ook:

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Stephan Joubert: God, ek het ’n guns nodig, nes Jelly Roll | Rapport

Stephan Joubert

Sondag, 13 Augustus 2023

Toe ek die Amerikaanse rapper Jelly Roll se trefferlied “Need A Favor” vir die eerste keer hoor, het ek byna ’n geestelike spier geskeur. Dit was oor dié woorde: “I only talk to God when I need a favor.”

Jaaa, nè! het ek gedink, dis presies wat baie mense met God doen.

Maar ek het besef ek moet na die res van die woorde luister. Toe hoor ek hoe hy sing: Wie de duiwel is ek om net met God te praat as ek ’n guns nodig het? Padlangs eerlik sing Jelly Roll hy ken “Amazing Grace” en die King James-Bybel lê onder ’n laag stof op sy bedkassie, maar hy drink homself meermale dronk op Sondae eerder as om in die kerk te wees.

Dan eggo daardie aardskuddende woorde: “I only talk to God when I need a favor . . . But God, I need a favor!”

Dalk begryp jy wat Jelly Roll bedoel. Dalk ken jy ook die pad van God in die steek laat en van jou eie lewe opmors.

Wel, dan moet jy Jesus se gelykenis in Lukas 18:9-14 gaan lees. Hier vertel Jesus van ’n tollenaar wat hom in dieselfde bootjie bevind en toe ’n genadeguns by God gaan bedel het: “God, wees my genadig.”

Net dit!

Jesus vertel dan die tollenaar is daardie dag huis toe as iemand wie se saak met God reggemaak is.

As jy ook so ’n “guns” van God nodig het, sing dit saam met Jelly Roll. Bid dit saam met die tollenaar van Lukas 18.

Jou gebed sal verhoor word.

Kommentaar

Daniel Louw

Stephan Joubert speel alweer op die rand van die afgrond. Jelly Roll besef lyk my dat dit eintlik nie billik is om vir God ‘n guns te vra as hy nie ‘n verhouding met God het nie. Tog gaan hy voort om vir die guns te vra sonder ‘n teken daarvan dat hy beplan om sy lewe te verander (‘n nader verhouding met God gaan hê). ‘n Mens kan dus nie Jelly Roll met die tollenaar, wat sy lewe verander het, vergelyk nie. Aan die einde van Joubert se artikel kan hy die indruk skep dat ‘n mens nou maar sulke “gunse” van God kan vra sonder om ‘n verhouding met Hom te hê.

1 thought on “Stephan Joubert: God, ek het ’n guns nodig, nes Jelly Roll”

  1. Menigmaal het ek al ondergenoemde gelees. Baie jare gelede besef, dat die Ou Testament deur baie, baie “herinterpreteer” word, en só “gas lighters” van wêreldformaat word, wat hul eie motiewe wegsteek. Maar hùl kan die grootste ☝ na ander wys..

    As teoloë, en leraare, en kerkleiers, en kerkrade (en éks-teoloog, eks-….., ens) méén hul ken GOD se Stem deur die Woord, waarom dan nie so “Combo-meal”, soos mens vind by vele “Take Away Restaurants”, as “take away meal” gee aan die mense nie, maar nie in woorde, maar in dade, want dekades se “woorde sonder dade”, is presies wat met die “kerk” gebeur het, waar meesste nie eens hul eie “selfaanbidding” en “idol worship” herken én erken nie. Mens sit met leiers wat soos jellievisse geword het.

    My raad is:
    1.Word kaal en loop voor gemeentes soos Jesaja vir jare.
    2. Demonstreer Esegiël 24:10 se donkiehings. En streel die tepels.
    3. Trou met ‘n hoervrou soos Hosea.

    Klink dit erg? Dit is dan in die Woord van Waarheid!

    En dit is PRESIES hoe die hedendaagse “christen” dikwels is, maar hy/sy meen nie so nie..Die ironie is, Esegiël en Jesaja het God ook aanskou, wat dit soveel èrger maak: GOD was absoluut woedend vir Sy volk. En dit was 2500+ jare gelede! Om een of ander rede, dink die mens God dínk nié meer so nie, en is nou soos “Goedige Krismisvader” wat nét “genade skenkies” uitdeel.

    Ek het geleer: DOEN wat Hy sê. En ek het. En só geleer: bitter, bitter, bitter min leraars en leiers en “christene”, kén God se Stem werklik. Baie kan die Bybel hardop lees van Genesis tot die einde, en sommige het baie grade, maar weier om hulself te meet aan elke karakter en elke nuanse en elke woord in die Bybel En só toe geleer, hoe geweldig misleidend mense 🖤 kán wees, veral die “gas lighter” 🖤’e.

    “…in dié tyd het die Here deur die diens van Jesaja, die seun van Amos, gespreek en gesê: Gaan gord die haarmantel van jou heupe af los, en trek jou skoene van jou voete af. Hy het toe so gedoen en naak en kaalvoet geloop. Daarop het die Here gesê: Soos my kneg Jesaja naak en kaalvoet geloop het, drie jaar lank, as teken en sinnebeeld met betrekking tot Egipte en Kus, so sal die koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge van Kus wegdrywe, jonk en oud, naak en kaalvoet en ontbloot aan die agterdele — ‘n smaad vir Egipte”.
    JESAJA 20:2‭-‬4 AFR53
    https://bible.com/af/bible/5/isa.20.2-4.AFR53

    “DAARNA het Hy vir my gesê: Mensekind, eet op wat jy vind; eet hierdie rol op, en gaan spreek met die huis van Israel. Toe het ek my mond oopgemaak, en Hy het my dié rol laat eet en vir my gesê: Mensekind, laat jou buik eet, en vul jou ingewande met hierdie rol wat Ek jou gee. En ek het dit geëet, en dit was in my mond soos heuning so soet. Mensekind, Ek het jou as wag vir die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku. As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe — en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.:
    ESÉGIËL 3:1‭-‬3‭, ‬17‭-‬18 AFR53
    https://bible.com/af/bible/5/ezk.3.1-18.AFR53

    “Hulle het in Egipte gehoereer, reeds in hulle jeug het hulle gehoereer. Daar is hulle borste betas en hulle maagdelike tepels gestreel.
    Haar dade van owerspel wat in Egipte begin het, het sy nie laat vaar nie; want die Egiptenare het met haar gemeenskap gehad in haar jeug. Dit is hulle wat haar maagdelike tepels gestreel en hulle owerspeligheid op haar uitgestort het.
    “Haar suster Oholiba het dit gesien, maar in haar wellus was sy meer verdorwe as haar suster, en haar dade van owerspel was nog erger as die hoerery van haar suster.
    Toe sy haar dade van owerspel openlik bedryf, haar naaktheid ontbloot het, het Ek ‘n diep weersin in haar gekry, net soos Ek ‘n diep weersin in haar suster gekry het.
    Sy het gesmag na buite-egtelike verhoudings met hulle, hulle wie se organe soos dié van donkiehingste en wie se saadstorting soos dié van perdehingste is.
    “Jy het die skandelike dade van jou jeug weer opgesoek, toe van die Egiptenare jou tepels gestreel, jou jong borste betas het.
    Ja, hulle het egbreuk gepleeg, en daar is bloed aan hulle hande. Met hulle afgodsbeelde het hulle egbreuk gepleeg, en hulle het selfs hulle kinders wat hulle vir My in die wêreld gebring het, vir die beelde as voedsel deur die vuur laat gaan.
    Toe hulle hulle kinders geslag het vir hulle afgodsbeelde, het hulle op dieselfde dag na my heiligdom gekom om dit te ontheilig. Kyk, so het hulle binne-in my huis opgetree.” v
    Esegiël 23:3, 8, 11, 18, 20-21, 37, 39
    © Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui