Neels, soms is ’n hamer tóg nodig

Kyk ook:

*******

BRIEF | Neels, soms is ’n hamer tóg nodig | Rapport

21 Mei 2023

Gerhard Oosthuizen, Hartbeesfontein, skryf:

Neels Jackson se skrywe “ ’n Hamer maak nooit heel nie” (14.05) het betrekking.

Dit is duidelik dat Jackson nog nooit in ’n duikklopper-werkwinkel was nie, aangesien hy dan sou weet dat ’n hamer wél verskeie stukkende motors (menselewens) al heelgemaak het.

Dit is werklik so dat die Bybel (Nuwe Testament) baie duidelik daaroor is dat dronkaards, hoereerders, bedrieërs, leuenaars, ensovoorts nié ’n ewigheidsplek in die hemel sal hê en/of op ’n preekstoel of in ’n pastorie hoort nie.

Jackson mis totaal en al die punt dat mense wat tot bekering gekom het – deur ’n hamer, met ander woorde die Bybel, geduikklop is en daardeur tot bekering gekom het – wel op ’n preekstoel hoort en in ’n pastorie kan werk en lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui