Kom gerus; Jesus was by sinode

Kyk ook:

*******

BRIEF | Kom gerus; Jesus was by sinode | Netwerk24

21 Mei 2023

Ernst Swanepoel, Roodepoort, skryf:

Nogal ’n interessante vergelyking wat Albert Alberts probeer skep met ’n verhaal uit die Evangelies, ook asof Albert dit die eerste keer gelees het.

Ek wil hom gerusstel: Jesus wás by die Kairos-sinode. Die owerspelige vrou was egter nie daar nie. Die fari­seër-skrifgeleerdes was ook nie daar om enigeen te beskuldig nie. Diegene wat wél daar was, het by wyse van vernuwing die Bybel as die onvervreemde Woord van God bevestig en het alle dwaallerings wat van Jesus anders as die Opgestane Seun van God wil maak, verwerp. Die eenvoud van die Evangelie, die ware uitlewing van die Woord van God, soos vervat in ons belydenisskrifte, is herbevestig. Kinders word steeds gebore uit ’n liefdesverhouding tussen een man en een vrou soos God dit ingestel het, en Christus hét die Satan oorwin deur sy opstanding uit die dood. (As gevolg van die talle gebede het die Satan ook weggebly!) Én die wens is uitgespreek dat die toekomstige predikante van die NGK dieselfde waardestelsel sal behou en na kweekskole sal gaan wat die bogenoemde waarhede leer.

Albert, doen die moeite en woon asseblief die volgende een by.

1 thought on “Kom gerus; Jesus was by sinode”

  1. n vraag vir almal …. Sal Jesus n selfde geslag troue bywoon ?? in Engels , Will Jesus attend a same sex wedding ??
    groetnis
    anton

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui