Moet NGK nie anders oor gay-saak praat?

Kyk ook:

Van Die Burger gekopieer.

**************

Moet NGK nie anders oor gay-saak praat?

deur Louis Jonker
2011-12-05 02:48

In my persoonlike hoedanigheid wil ek graag my steun toesê aan Lulani Vermeulen oor die hartseer gebeure dat sy nie saam met haar klasmaats deur die NG Kerk gelegitimeer kon word nie – terwyl sy aan alle gestelde akademiese vereistes voldoen het.

As die dosent wat haar proefpreek tydens haar prakties in die Presbiteriaanse Kerk in Somerset-Wes moes beoordeel, was ek baie beïndruk deur die erns en toewyding waarmee sy hierdie geleentheid benader het, asook vir die baie kundige en simpatieke wyse waarop sy God se Woord (nogal oor die kerklike tug, na aanleiding van Matteus 18) aan die gemeente gebring het. Dit sou hartseer wees as hierdie toewyding en talent vir die NG Kerk verlore is.

Ek het begrip dat die NG kuratorium sy besluit geneem het na aanleiding van sy interpretasie van die laaste sinodale besluite hieroor. En ek is dankbaar dat die kuratorium van voorneme is om saam met die dosenterade te werk om ’n studiestuk hieroor vir die volgende algemene sinode op te stel.

Maar dan wil ek die dringendheid van die proses juis deur hierdie openbare skrywe beklemtoon. Dat selibaatheid van gay dominees vereis word, maar nie ’n beoordelingskriterium by heteroseksuele dominees is nie, sal (nie eerstens weens regstegniese redes nie, maar) op teologiese grondslag hersien moet word.

Sou ’n kerk wat onlangs die Belhar-belydenis omhels het – wat onder meer oor die beoefening van geregtigheid handel – nie juis anders oor hierdie saak moet praat nie?

Louis Jonker
Fakulteit teologie en lid van die gesamentlike dosenteraad

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui