‘Moenie Nuwe Hervorming net afwys’

‘Moenie Nuwe Hervorming net afwys’ | Beeld

Deur Neels Jackson

1 April 2003

Drie Pretoriase NG predikante het ’n pleidooi gelewer dat die kerk nie die Nuwe Hervorming bloot afwys nie, maar dat hy ruimte moet skep vir geleenthede om vrymoedig te kan praat oor hoe hulie die kerk se geloofswaarhede op eietydse wyse kan verwoord.

Drr. Fanie Cronjé van die gemeente Jakaranda, James Kirkpatrick van Suidoos-Pretoria en Eduan Naudé van Lyttelton reageer in die jongste uitgawe van Kerkbode op die algemene sinodale kommissie (ASK) se onlangse verklaring oor die Nuwe Hervorming.

Die drie predikante sê daar is ook baie lidmate wat ernstige vrae oor dieselfde geloofswaarhede vra.

“Dit is mense wat gelowig soek na nuwe moontlikhede om uitdrukking te gee aan hul nadenke oor God. Die ASK se verklaring gaan hulle nie help nie.”

Hulle stem saam met die ASK dat die kerk nie sonder sy ou geloofswaarhede kan wees nie.

“Ons bepleit egter dat daar ’n sensitiwiteit en erkenning moet wees dat die waarhede nie sonder meer duidelik in ons dag spreek nie.”

Die dominees vra of ’n gesprek tussen die ASK en teoloë ’n gewenste uitwerking sal hê.

“Dis nie teoloë wat eerste hierdie vrae begin vra het nie – dit wa slidmate wat die vrae gevra het en die teoloë wat antwoorde probeer verskaf het”.

■ njackson@beeld.com

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui