James Kirkpatrick en Fanie Cronjé ongelukkig dat NG Kerk die Nuwe Hervorming kritiseer

Die Nuwe Hervorming is in ongeveer 2002 gestig. In Desember 2002 word die boek Die Nuwe Hervorming gepubliseer (Sakkie Spangenberg is ’n mede-outeur).

In reaksie daarop het die Algemene Sinodale Kommissie van die NG Kerk in Februarie 2003 ’n verklaring uitgereik waarin hulle hul gedistansieer het van die radikale uitsprake van die Nuwe Hervormers.

Fanie Cronjé en James Kirkpatrick van die Noordelike Sinode het egter hulle misnoë uitgespreek oor die ASK se verwerping van die Nuwe Hervorming se radikale insigte. (kyk ‘Moenie Nuwe Hervorming net afwys’ (Beeld, 1 April 2003).

(Kyk Ferdie Mulder, 16 Jan 2021, Namibië op weg met die Algemene Sinode, Youtube, 11:44)

Later die jaar wou die sinode van Noord-Transvaal (Noordelike sinode), waaraan hulle twee verbonde was, nie standpunt inneem oor Jesus se maagdelike geboorte of oor Jesus se liggaamlike opstanding nie (Sinode vir eers stil oor maagdelike geboorte, 5 Sep 2003).

Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui