Kerkraadslede stap uit vergadering met moderator

Kyk ook:

Op 4 November 2015 was daar ’n vergadering in George gereël om die besluit oor SGV (selfdegeslagverhoudings) te bespreek.

Pieter Hurter het begin deur ’n voorlegging te maak wat die homoseksuele besluit teengestaan het (kyk Pieter Hurter se voorlegging aan byeenkoms in George).

Die moderator, Nelis Janse van Rensburg, het toe die vloer geneem en begin om die SGV-besluit te verdedig. Toe hy begin praat het, het die grootste gedeelte van die vergadering uit protes uitgestap.

Aan die einde van die byeenkoms sou almal aan ’n nagmaal of liefdesmaal deelneem, maar dit is nie deur die uitstappers bygewoon nie.

Party Christene voel dat dit uiters onchristelike optrede was. As ’n mens egter kyk wat die Bybel sê, was die optrede 100% in lyn met Christelike optrede:

2 Johannes

(7) Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met “die misleier”, “die antichris”, bedoel. … (9) Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun. (10)As daar iemand na julle toe kom wat ’n ander leer bring, moet julle hom nie in julle huise ontvang nie en hom selfs nie groet nie, (11)want wie hom groet, is saam skuldig aan die kwaad wat hy doen.

Kyk ook Die Bybel oor dwaling.

Kyk ook wat Bart Vosloo, kerkraadslid van Moedergemeente George, oor hierdie gebeure geskryf het.

*************

Bart Vosloo se weergawe

Dawie Badenhorst het hierdie epos aan Jaco de Beer gestuur na aanleiding van die uitstappery uit Nelis Janse van Rensburg se propagandavergadering in George. Dankie vir die aanstuur Jaco!

Naand broer.

Ek is kerkraadslid van Moedergemeente George en het die vergadering op 4 November bygewoon. Ek stuur maar n boodskap omdat ek nie genoeg karakters het op tweet nie.

Ja, ons as kerkraad het vooraf met moderamen gekorrespondeer omdat hul geskok was in ons standpunt. Ons het ingestem om die byeenkoms by te woon op voorwaarde dat daar ’n gebalanseerse gesprek sal wees.

Ja wel, daar was natuurlik geen gesprek nie.

Almal teenwoordig het hul besware gelig en was begroet met “hulle hoor ons en het deernis met ons”. Twee vrae is egter wel beantwoord wat uiters insigewend was:

1. In watter hoedanigheid bevestig ’n dominee ’n burgerlike verbintenis, kerklik of as staats verteenwoordiger? Antwoord: As staats verteenwoordiger.

2. Kan daar ’n opsomming gegee word van hoe die praktiese probleme aangespreek was tydens die AS en ’n werkstuk hoe praktiese probleme aangespreek kan word? (Dit na aanleiding van verskeie vra oor praktiese implikasie). Antwoord: Praktiese implikasie is nie bespreek nie, maar slegs ’n beleidsbesluit is geneem sonder om praktiese implikasie in ag te neem.

Van Rensburg het kort hierna sy ingeoefende relaas gelewer, wat natuurlik geen aspek aangespreek het wat van die vloer af geopper was nie, maar in wese ’n herhaling van sy praatjie op Kyknet was. Verder is daar verskeie inligtingstukke uitgereik om die leser te oortuig dat hul dwaalspoor korrek is.

As gevolg hiervan het ons die vergadering tydens Van Rensburg se voordrag verlaat en neem ek aan kort daarna het vele ander die saal verlaat. Ons het reeds voor die vergadering in aanvang geneem het besluit om nie nagmaal [aan die einde] saam met hulle te gebruik nie.

Ons benadering tans is om kollektief saam met ander gemeentes landswyd op te tree om hierdie ernstige probleme aan te spreek. Ons beplan ook om die gemeentes (gewone lidmate) hier te bemagtig om ook behoorlik te beoordeel van wat tans in ons kerk aangaan, veral die agenda wat deur ’n klein minderheid aggressief gevoer word.

Groete

Ons het ook verdere terugvoer van Bart Vosloo gekry:

‘n Predikant sê vir my hy het, net na ons groep uit gestap het gou weer na iemand daar gaan soek en toe is daar omtrent geen mense meer oor nie. Ons wag om te sien of die moderatuur soos hulle is, met ander slinkse verduidelikings gaan kom waarom mense uit gestap het. Feite bly staan, ons het geloop, want ons was keelvol en sou nie nagmaal gebruik het nie.

Interessant is dat joernaliste hul bes probeer om die moderatuur te bevoordeel om afgewaterde berigte te plaas[1]. Die Burger se voorbladberig van vanoggend Saterdag 7/11 verwys. Die joernalis is bewus van die uitstappery. Hy het met my geskakel en ek het hom die name van 2 predikante gegee om dit meer gesaghebbend te maak. Lank storie kort, hy het nie een van hierdie predikante gekontak nie maar ’n predikant van George wat baie beskermend teenoor die moderatuur uitgekom het. Die feit bly staan, ons het geloop. Ons predikante van die Klein Karoo het reeds ’n verslag van besware teen die AS besluit opgestel wat aan die Moderator oorhandig sal word. Sodra ek dit het sal ek dit bekend stel.

Nog verdere terugvoer (7 November 2015):

Ek was gister in verskei gesprekke met ons broers en vanoggend ook met een van ons predikante wat die vergadering bygewoon het.

Ek wil bondig my verdere indrukke soos ek dit waargeneem het deel. Met ons aankoms by die byeenkoms is Handelinge 1 in ons hand gedruk. Met die deurlees hiervan aan die tafel het ons vir mekaar gesê: “Hierdie is net om op ons gevoel te speel”. Indoktronasie.

Meer leesstof is uit gedeel, o.a. ’n boekie met die opskrif: DIE NG KERK DIE PAD NA SELFDE GESLAGS VERHOUDINGS. Een opskrif is; VOËLVLUG. Dit begin by 1986 waar die NGK homoseksuele praktyke as sonde verklaar het. Dit eindig by 2015. VOLLE AANVAARDING VAN MENSWAARDIGHEID VAN ALLE MENSE ONGEAG SEKSUELE ORIENTASIE GOEDKEURING VAN SELFGESLAG VERHOUDINGE EN DIE KERKLIKE BEVESTIGING DAARVAN DEUR GEWILLIGE PREDIKANTE. 2015. GESPREKSDOKUMENT OOR ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE MODERNE WETENSKAP AAN DIE KERK VIR GEBRUIK EN ORIENTERING MET DIE OOG OP HERMENEUTIEK. [Wat dit ookal beteken]. Waarheen is hulle op pad?

Nadat ek nou vir die eerste keer na hierdie Moderator geluister het, kom ek tot die oortuiging dat hulle ’n duistere agenda het en ons op ’n dwaal weg wil vat. [Of is hulle deel van die politieke korrektes wat die laaste been van “apartheid” moet laat val]. Nie bereid is om te luister na gewone lidmate se standpunte nie. ’n Orde in ons kerk wil vestig dat die Bybel vertolk moet word soos dit verskillende denkrigtings pas. [Jy kan dink wat jy wil en ek kan dink wat ek wil bly steeds reg]. Die Bybel moderniseer. Die Moderator sê dan openlik op TV, dat die woord homoseksueel verkeerd vertaal is en nie in die Bybel hoort nie. Wat wag vorentoe vir ons?

Hulle gebruik die media verder tot hulle voordeel en die media speel saam. Die berig in vandag se Burger [Saterdag], op die voorblad is ’n voorbeeld. Die joernalis wat met my geskakel het, het verkies om die uitstappery te ignoreer en ’n redelik onbekende predikant van George se simpatieke onderhoud te publiseer. [My predikant noem dat hy verneem het dat aan die einde van die vergadering slegs enkele persone teenwoordig was waarvan 3 predikante van George.]

Daar is nie meer vir ons tyd oor om ’n wag-en-kyk-houding in te neem nie. ’n Invloedryke afvaardiging behoort nou die moderatuur te gaan spreek en die streep te trek. Dan kan lidmate finaal oor die pad vorentoe besluit. Ons kan nie langer ’n moderatuur toelaat wat afdwaal en ons kerk in ’n krisis dompel nie.

Een positiewe aspek van die vergadering was dat die moderator gesê het dat Belhar vir eers nie aandag moet kry nie???

Groete

Bart Vosloo

Hier volg nog terugvoer oor die byeenkoms:

Vriende ek gee net vir julle ’n kort oorsig wat gister gebeur het. Al die ringe van Suid-Kaap het by George byeen gekom. Ons was ongeveer 100 aanwesig. Die moderator was self teenwoordig. ’n Marais van die sinode het die bespreking gelei. [Ek sal DV oor die naweek volledig rapporteer en my mening gee oor ons pad vorentoe].

Al die aanwesiges het dit duidelik gemaak hul gemeentes verwerp die AS se besluit. Daar was nie een enkele aanwesig wat hulle gesteun het nie. Die taktiek op hierdie vergadering van die moderamen se kant was om alles te herhaal wat ons reeds weet. Ek het hierteen beswaar gemaak en my beswaar is gehandhaaf. Ons het toe dadelik na “luister” oor gegaan.

Pieter Hurter het toe die verslag wat hy so netjies vir ons afgerond het voorgelees. Hulle was ontsteld, dit kon jy op hulle gesigte lees. Al opmerking van Marais was dat ek het gemeld dat ek 8 minute sou wees en ek het 15 minute gepraat. Hulle was duidelik ongemaklik. Hierna het die een na die ander lidmaat of predikant opgestaan en gesê hulle verwerp die AS se besluit en hul redes gegee. Die moderatuur het op al die besware feitlik nie gereageer nie.

Die moderator ds. Nelis het toe repliek gelewer en vol selfvertroue weer net die AS se besluit probeer verduidelik. Ongeveer 80% van ons teenwoordig het toe uitgestap en huis toe gegaan.

In die begin van die byeenkoms het die moderator versoek dat almal tog teenwoordig moet wees by die “Afsluiting: Agape Liturgie”.

Ek glo die uitstap van ons het meer gesê as enigiets anders. Ons kan nie toelaat dat hierdie klein groepie ons kerk verder benadeel nie.

Voetnotas

[1] Kyk Ons kan Bybel nie soos Huisgenoot lees oor gays

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui