Moet ook nie dié feite ignoreer nie

Kyk ook In die skaakklub word skaak gespeel (2 Aug 2021) waarin daar op hierdie brief gereageer word.

******

Moet ook nie dié feite ignoreer nie | Netwerk24

Deur Jozua Hugo, Thornton

26 Julie 2021

Daniel Louw se skrywe “As hierdie feite jou nie oortuig, dan sal niks” (22.07) verdien verdere kommentaar.

Maagdelike geboorte: Bewerings van maagdelike geboortes was volop in antieke tye, veral onder die heidene. ’n Mens hoef maar net te lees oor Mithras, die Boeddha, Dionusus en Zoroaster.

Dan was daar ook priesterlike rituele waar die kinders as “maagdelik” gebore beskou is.

Laat ons nou maar eerlik met mekaar wees: ’n Maagdelike geboorte was maar net ’n antieke metode om status tot ’n persoon se naam te voeg. Selfs die term “Christus” is ’n titel.

Liggaamlike opstanding: In hierdie verband kan Louw gerus gaan lees oor die aansprake van John Dee en Comte de Saint Germain wat deur die eeue sy verskyning gemaak het. Vir eers bly die liggaamlike opstanding vir my ’n misterie.

Dit is belangrik om daarop te let dat Christus se liggaamlike opstanding in die fisieke realiteit nie deur enige nie-christelike historiese bron bevestig is nie.

Die voortslepende dispuut tussen teoloë: Ek vermoed teen hierdie tyd is die meeste “andersdenkendes” in die NG Kerk so moeg vir sommige van hul kollegas se letterlike interpretasies dat hulle stilweg net hul eie ding doen.

Wat egter nie ongemerk verbygaan nie, is hoe venynig en onchristelik sommige van hul kollegas optree.

1 thought on “Moet ook nie dié feite ignoreer nie”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui