Hoop vir Laurie as hy sy lewe verander

RAPPORT, 4 SEPTEMBER 2005

http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2005/09/04/R1/18/06.html

JOHANNESBURG FINAAL

NUUS bl. 18

BRIEWE OOR DIE GAY-KWESSIE

Hoop vir Laurie as hy sy lewe verander

WILLEM HERBST, PINETOWN:

Mag ek ’n paar gedagtes wissel oor die onderhoud met Laurie Gaum: “God het my gemaak soos ek is” (Rapport 28 Augustus)?

Ek het goeie nuus vir Gaum. Hy is glad nie alleen nie. Ons almal is deur God gemaak.

Ons almal is gebore as sondaars. Almal deel wat Gaum ontvang het. Daar is egter een verskil tussen Gaum en baie ander sondaars. Hulle het deur genade die verlossing wat in Christus is, ontvang.

So, daar is hoop vir Laurie, as hy die verlossing aanneem wat in Christus is en sy lewe verander tot eer van God soos die Bybel aan ons verduidelik. Dan kan daar ook vir hom hoop wees, maar op die Woord van God moet ek hom waarsku, as hy dit nie doen nie, sal sy ewige lewe nie by God in die hemel wees nie.

Dit is ’n tragiese voorbeeld dat met ’n erkende moedswillige sondige lewe hy die arrogansie kon hê om van die preekstoel af ’n beroep op die kerk van Christus te doen om volgens die Bybel te lewe.

Dit geld natuurlik almal wat die Woord van God op hul lippe neem en moedswillig voortgaan in sonde.

Foto: volkleur
Onderskrif: Laurie Gaum

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui