Gay-wees is sonde nes moord en prostitusie

RAPPORT, 4 SEPTEMBER 2005

http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2005/09/04/R1/18/07.html

JOHANNESBURG FINAAL

NUUS bl. 18

BRIEWE OOR DIE GAY-KWESSIE

Gay-wees is sonde nes moord en prostitusie

LOUIS VILJOEN, RUSTENBURG:

Die gemeentes in die NG Kerk wat weier om te aanvaar dat homoseksualiteit sonde is, maak ’n onderskeid tussen verskillende soorte sonde.

Is daar ’n verskil tussen die sonde van homoseksualiteit, verkragting en moord?

Hoe kan sulke gemeentes homoseksualiteit goedpraat, maar diskrimineer teen verkragters en moordenaars?

Hoekom dekriminaliseer sulke gemeentes dan nie ook laasgenoemde twee sondes en nooi hierdie praktiserende misdadigers na hul eredienste toe nie?

Ds. Laurie Gaum beweer God het hom gemaak net soos hy is. Hoekom kan die verkragter of moordenaar dan nie ook aanspraak maak op hierdie unieke, selektiewe genetika nie?

Waar gaan sulke gemeentes en vrydenkers die streep van sonde trek?

Gaan die kerk dan ook die prostitute kondoneer? Indien seks tussen twee mans (homoseks) nie sonde is nie, dan is buitehuwelikse, betaalde seks (prostitusie) mos ook nie sonde nie!

Behalwe die geslag, wat is die verskil? Nou moet die prostituut ook toegelaat word om voor in die kerk te sit en voort te gaan met haar sondige lewenstyl sonder veroordeling en sondelas.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui