Dan lieg Bybel mos oor homoseksualiteit

RAPPORT, 4 SEPTEMBER 2005

(Van Rapport gekopieer)

JOHANNESBURG FINAAL

NUUS bl. 18

BRIEWE OOR DIE GAY-KWESSIE

Dan lieg Bybel mos oor homoseksualiteit

ANTI-GAY, PORT ELIZABETH:

Dr. André Bartlett van die Aasvoëlkop-gemeente wat nou so ’n groot kampvegter vir gay-regte en gay predikante is, moet asseblief vir my verduidelik hoekom die Bybel dan lieg.

In my Bybel staan dit dat homoseksualiteit ’n sonde in die oë van die Here is, met verwysing na Sodom en Gomorra, en ander gedeeltes. Is hierdie gedeeltes intussen uit dr. Bartlett, ds. Laurie Gaum en ander gay-voorstanders se Bybels verwyder?

Hoekom het God dan nie eerder twee mans pleks van ’n man (Adam) en ’n vrou (Eva) geskape nie?

As Hy dan van die begin af twee mans geskape het, sou daar nie nou soveel probleme gewees het nie.

Die Bybel spreek hom duidelik uit teen homoseksualiteit.

As die Bybel dan verkeerd is, moet dr. Bartlett, ds. Gaum en ander gay-aktiviste seker maar die Bybel oorskryf sodat dit hulle kan pas.

‘n Ander saak: ds. Gaum moet asseblief lank gaan sit en dink oor die boodskap wat sy lewenstyl en promiskuïteit aan jong mense oordra. Ek wil graag na ’n predikant luister na wie ek kan opsien en wat vir my ’n voorbeeld stel met sy leefwyse.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui