Hoekom moes Jesus gesterf het?

Die straf vir die sonde is die dood

  • Gen 3: (3)…ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie …, want dan sterf ons.
  • Rom 5: (12)…so het die dood ook tot alle mense deurgedring omdat almal gesondig het
  • Rom 6: (23)Die loon wat die sonde gee is die dood
  • Rom 8: (22)As dood dan die straf vir sonde is

Almal het gesondig

Almal het gesondig, selfs al is dit hoe klein. Dus, verdien alle mense die dood:

  • Rom 3: (23)Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie
  • Rom 5: (12)…omdat almal gesondig het

Om die dood vry te spring moet iets in ons plek sterf

Voor Jesus se kruisiging moes diere (sonder liggaamsgebrek) geoffer word. Offers kan egter nooit volkome van sonde vry maak nie (Heb 10:1)

Jesus was die finale en volkome offer

Jesus het gekom om die finale en volkome offer te wees vir alle mense:

  • Heb 10: (9)Hy skaf dus die eerste offers af om ‘n ander offer in die plek daarvan te stel.
  • Heb 10: (12)Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring…
  • 1 Pet 1: (18)…julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. (19)…julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.

Slegs Jesus kon dit doen

Slegs Jesus kon in ons plek kom sterf omdat hy sonder sonde was. Indien Jesus self sonde gehad het, sou Hy nie die straf vir ons sonde namens ons kon betaal nie, omdat Hy dan self sy eie straf moes uitdien vir sy eie sonde.

  • 1 Pet 1: (18)…julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. (19)…julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.

(Kyk ook Hoekom moes Jesus sonder sonde wees?)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui