Greta en Timothy trek tou oor masturbasie onder jonges

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Greta en Timothy trek tou oor masturbasie onder jonges | Netwerk24

Chrislynn Sias

Rapport, 14 Januarie 2024

Die verhoudingskenner Gretha Wiid het die seksuoloog Timothy Kieswetter die hare ingevlieg omdat hy sê daar is niks fout daarmee as jongmense masturbeer nie.

Wiid, wat bekendheid verwerf het vir haar seminare waar sy huweliksraad gee, het op sosiale media gesê sy is “kwaad, hartseer en bekommerd” dat seksuoloë kinders aanmoedig om te masturbeer. Kieswetter het onlangs op sy sosialemediablad, Gesonde Seks, vir ’n ouer wat raad gevra het oor haar jong dogter en masturbasie geantwoord dis belangrik vir mense, insluitende jongmense, “om hul liggame te verken en lief te hê”.

Wiid het in haar reaksie nie uitdruklik na Kieswetter verwys nie. Sy het in ’n video uitgevaar teen “sogenaamde kenners” wat kinders aanmoedig om te masturbeer. Sy sê onder meer: “Here, Here help my. As elke ouer vir hul kinders sê dis oukei om te masturbeer, waar dink ons gaan dit eindig vir kinders?”

Sy sê ook om kinders aan te moedig om te masturbeer “in ’n wêreld deurdrenk van wellus, seks en pornografie staan sterk in teenstelling met God se woord”.

Kieswetter het in reaksie op Wiid se video gesê sy hoef nie bekommerd te wees nie, want kinders wat masturbeer, doen dit juis in hul eie, veilige spasie.

“Ek is seker baie mammas wat bang is oor hul kinders se seksuele veiligheid en heiligheid gaan aanklank vind by haar menings, maar ongelukkig bring dit net verdere diskonneksie tussen ons geestelike self en ons seksuele self. Die twee is nie vyandig teenoor mekaar nie. Lus is nie iets wat die duiwel vir ons kom gee het nie, maar wat ons by ons Skepper gekry het om ’n vol en gesonde mens te wees.”

Kieswetter, wat ’n meestersgraad in seksuologie het, sê ook: “As ’n seksuoloog en Christen kan ek met alle vertroue noem masturbasie is die fondasie van enige gesonde seksuele self.

“As jy nie weet hoe om jouself lief te hê nie, gaan jy nooit die volheid van verhouding-intimiteit kan bereik nie.”

Wiid het aan Rapport gesê sy wil nie kommentaar lewer nie, want “mediadekking is nie iets wat ek sommer meer kies nie”.

Kommentaar

xxx

1 thought on “Greta en Timothy trek tou oor masturbasie onder jonges”

  1. Laat my herinner aan die ‘gesig’ wat ek eenmaal gehad het oor NG Kerk, AGS Kerk, VEK en baie, wat in die NG KERK hiernaby vergader, terwyl die ‘MESSIAS’ van Handel op die orrel speel.

    Wat my herinner het aan P.H. NORTJE se ”TER WILLE VAN ‘N ORREL” kortverhaal, waar die kerkraad en leraars teen die dorp rugby speel, om fondse in te samel vir die orrel, want “ons orrel is nie lekker nie. Hy is vir my party oggende so heserig.” , “Of hy gaan vir geen rede nie aan die fluit,” en ”Kompleet of die ding begin asma kry. ””

    In die verhaal, kom Dr Andrew Murray ook ter sprake :’…Gn wonder dr. Andrew Murray, salige nagedagtenis, het gepraat van “het liewe Wellington” nie. En van hom gepraat: Met sy voete op die sypaadjie sit hy nog steeds voor ons kerk en hy hou ‘n strenge oog oor alles wat in Kerkstraat voor hom en in Hoofweg links en regs van hom gebeur. Daarom gedra ons ons in dié twee strate, en in die systrate waar hy nie kan sien nie? Daar gaan dit niks erger aan toe as in enige ander dorp nie.”.

    In die ‘gesig’ [of droom, welke jy dit glo of nie], word die woorde van die leraars en leiers en kerkrade, soos penisse, en hulle ejakuleer die heeltyd….dit klink verskriklik erg, maar toe lees ek in Esegiel hoe die HERE SELF SY volk vergelyk met drifte van ‘n vrou, soos perde wat runnik in wellus. Toe weet ek : DIT IS HOE HULLE WAARLIK IS voor GOD….en nie soos in die verhaal nie….

    ”Eze 23:12  Sy het gesmag na die seuns van Assur, goewerneurs en owerstes, krygshaftige mense, pragtig aangetrek, ruiters te perd, almal begeerlike jongmanne. 
    Eze 23:13  Toe het Ek gesien dat sy verontreinig was: altwee het dieselfde weg bewandel. 
    Eze 23:14  Ja, sy het nog meer gehoereer; toe sy manne sien wat op die muur afgeteken was, afbeeldinge van die Chaldeërs, geteken met rooiminie; 
    Eze 23:15  omgord met ‘n gordel aan hulle heupe, met oorhangende tulbande op hulle hoofde, in hulle voorkoms almal offisiere, in die gestalte van die seuns van Babel wie se geboorteland Chaldéa is— 
    Eze 23:16  net toe sy hulle sien, het sy na hulle gesmag en boodskappers na hulle gestuur, na Chaldéa toe. 
    Eze 23:17  Daarop kom die kinders van Babel by haar, na die bed van liefde, en verontreinig haar met hulle hoerery, en sy het onrein geword deur hulle; daarna het haar siel van hulle vervreemd geraak. 
    Eze 23:18  En toe sy haar hoererye geopenbaar en haar skaamte ontbloot het, het my siel van haar vervreemd geraak, soos my siel vervreemd geraak het van haar suster. 
    Eze 23:19  Ja, sy het haar hoererye baie gemaak deur te dink aan die dae van haar jeug toe sy ‘n hoer was in Egipteland. 
    Eze 23:20  En sy het gesmag na hulle wellustelinge, wat sinlik soos esels en onstuimig van drif was soos perde. 
    Eze 23:21  En jy het na die skandelike daad van jou jeug verlang, toe dié van Egipte jou boesem gedruk het om jou jeugdige borste ontwil. 
    Eze 23:22  Daarom, o Ohóliba, so sê die Here HERE: Kyk, Ek verwek jou minnaars, van wie jou siel vervreemd geraak het, teen jou, en Ek sal hulle van alle kante teen jou aanbring: 
    Eze 23:23  die kinders van Babel en al die Chaldeërs, Pekod en Soa en Koa, al die kinders van Assur saam met hulle, begeerlike jongmanne wat almal goewerneurs en owerstes is, offisiere en aansienlike mense wat almal te perd ry. ”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui