Geskiedenis van Israel

Hier volg ‘n kort oorsig van die belangrikste gebeure in die geskiedenis van Israel:

1921 vC: Verbond met Abraham

God belowe dat Israel aan Abraham se nageslag sal behoort (Genesis 12). In Genesis 13 bevestig Hy dit: “(15)Die hele land wat jy sien, gee Ek vir altyd aan jou en jou nageslag.

1451 vC: Josua neem vir Jerigo in

Vir die volgende ses jaar veg hy teen die konings in daardie gebied. Hy kry dit egter nie reg om die Jebusiete uit Jerusalem te verdryf nie. Josua 15:63 sê dit soos volg: “Die mense van Juda kon dit nie regkry om die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, te verdryf nie. Hulle woon vandag nog daar saam met die mense van Juda.” In Josua 21:45 en Josua 23:14 word gesê dat God se belofte aan Abraham vervul is – Israel leef nou in die beloofde land.

1048 vC: Dawid neem Jerusalem oor

Dawid val Jerusalem aan en neem dit oor van die Jebusiete (2 Sam 5:6-7). Jerusalem word die stad van Dawid genoem en is vir die hele res van die Ou Testament die hoofstad van Israel.

607 vC: Ballingskap begin

Nebukadneser voer Juda (die stamme Juda en Benjamin) weg in ballingskap.

537 vC: Die ballingskap eindig

Nehemia herbou Jerusalem se muur.

535-515 vC: Tweede tempel

Die tempel word herbou na ballingskap.

63 vC: Romeinse ryk

Die Romeine neem Israel oor en noem dit Palestina, wat afgelei is van “Filistyne”, Israel se vyande in Gasa. Dit motief: om Israel te beledig.

70 nC: Vernietinging van die tempel

Die Romeine vernietig die Joodse tempel wat na ballingskap herbou is.

395-1453: Bisantynse Ryk regeer oor Israel

Die Bistantynse Ryk regeer van 395 tot 1453.

630: Islam word gebore

Mohammed leef van 570 tot 632 nC. Hy is die stigter van die Islamgeloof.

Mohammed is egter meer van ‘n krygsman as ‘n morele rolmodel. Vanaf 632 tot 750 verower Moslems die volgende gebiede:

  • Sirië, Palestina, Egipte
  • Irak, Iran
  • Noord-Afrika
  • Spanje
  • Sentraal-Asië
  • Noord-Indië

Kyk:

395-1453: Die Rotskoepel

Die Rotskoepel (“Dome of the Rock“) word gebou bo-op die ruïnes van die tweede Joodse tempel.

1095-1291: Kruistogte

Die kruistogte vind plaas om Israel van die Moslems te bevry.

1516-1918: Ottoman Ryk

Die Ottoman Ryk regeer oor Israel (behalwe vanaf 1831-1840 toe die Egiptiese goewerneur Muhammad Ali, Israel ingeval het)

1897: Stigting van Sionisme

Die stigting van Sionisme vind plaas omdat Jode oral in die wêreld onwelkom is.

Sionisme is ’n politieke en nasionale beweging wat ontstaan het in die laat 19de eeu, met die doel om ’n tuisland vir Jode in die historiese land Israel te vestig en te handhaaf. Die woord kom van “Sion”, ’n Bybelse naam vir Jerusalem en die simboliese Joodse vaderland.

Vroeë 1900’s: Sionisme. Jode uit Europa keer terug na Israel.

1852: Arthur Penrhyn Stanley besoek Israel

Arthur Penrhyn Stanley besoek Israel en is nie beïndruk met die land nie, omdat daar volgens hom nie veel aangaan nie.

1867: Mark Twain besoek Israel

Hy skryf:

“…desolate country whose soil is rich enough, but is given over wholly to weeds — a silent mournful expanse….A desolation is here that not even imagination can grace with the pomp of life and action….We never saw a human being on the whole route….There was hardly a tree or a shrub anywhere. Even the olive and the cactus, those fast friends of the worthless soil, had almost deserted the country.”

Twain se observasie stem ooreen met Arthur Penrhyn Stanley se opinie oor Israel en wys dat Israel nie iets besonders was voor dit in 1948 onder Israeliese beheer gekom het nie.

1917: Balfour verklaring

Die Britte ondersteun die gedagte dat die Jode moet terugkeer na Israel.

1917-1948: Israel is onder Britse regering

In 1917-1918 neem die Britse regering die gebied oor van die Ottomaanse Ryk.

1929: Hebron bloedbad

Tydens die Hebron bloedbad maak Palestyne 67 Jode dood na gerugte dat die Jode van plan was om beheer oor die Tempelberg in Jerusalem oor te neem.

Julie 1937: Peel kommissie verslag

Die oorsake van die konflik tussen die Jode en Arabiere in die Britse mandaat van Palestina word ondersoek. Die Peelkommissieverslag erken dat die mandaat onuitvoerbaar is omdat Joodse en Arabiese doelwitte in Palestina onversoenbaar was. Dit is die eerste amptelike Britse voorstel dat Palestina in drie sones verdeel word: ‘n Arabiese staat, ‘n Joodse staat en ‘n neutrale grondgebied wat die heilige plekke bevat.

1947: VN verdelingsplan

Op 29 November 1947 kondig die VN die verdelingsplan (“partition plan“) aan wat aanbeveel dat die land opgedeel word in ‘n Joodse staat, ‘n Arabiese staat en dat Jerusalem onder internasionale beheer verdeel word. Die Palestyne verwerp dit en begin met geweld teen die Jode.

1948: Israel word ‘n staat

Op 14 Mei 1948 word Israel amptelik ‘n staat. Jerusalem word verklaar as ‘n internasionale stad en word omring deur Palestynse gebied.

1948: Eerste Arabies-Israeliese oorlog

Op 15 Mei 1948, ‘n dag na Israel ‘n onafhanklike staat word, val vyf Arabiese nasies Israel aan, maar verloor. tydens hierdie oorlog word ongeveer 700 000 Arabiere verdryf na verskillende dele:

  • Gasa (200 000 – 250 000)
  • Wesoewer (280 000 – 300 000)
  • Jordanië (70 000 – 100 000)
  • Libanon (± 100 000)
  • Sirië (70 000 – 90 000)
  • Totaal = ± 700 000 tot 750 000.

Die oorlog eindig in 1949. Israel en naburige Arabiese state teken wapenstilstandsooreenkomste. Daar is geen Palestynse verteenwoordiging nie. Grense (“Green Line”) word vasgestel. Na die oorlog besit Israel dieselfde grondgebied as vandag. Israel word egter steeds gesien as ‘n internasionale stad. Vandag verwys die Palestyne na hierdie oorlog as die Nakba (“ramp” of “katastrofe” in Arabies) en die Jode verwys daarna as die onafhanklikheidsoorlog.

1956: Tweede Arabies-Israeliese oorlog (Seuz-krisis)

In Julie 1956 nasionaliseer die Egiptiese president Gamal Abdel Nasser die Suez-kanaal. Dit veroorsaak dat (1)Israel se skeepsvaart deur die Straat van Tiran geblokkeer word, en (2)Egipte se steun aan fedayeen-aanvalle op Israel versterk. Israel, met die hulp van Brittanje en Frankryk, val Egipte aan. Internasionale druk gedwing hulle egter om te onttrek.

Egipte kom ooreen dat hulle nie die Straat van Tiran sal blokkeer vir Israel nie.

1964: PLO word gestig

Die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PLO) word gestig op 28 Mei 1964 in Jerusalem, tydens die eerste Palestynse Nasionale Kongres, met steun van die Arabiese Liga.

1967: Sesdaagse oorlog (Derde Arabies-Israeliese Oorlog)

In Mei 1976 kondig die Egiptiese president, Gamal Abdel Nasser, aan dat Straat van Tiran weer vir Israeliese skepe gesluit gaan word (kyk 1956). Hy mobiliseer ook Egiptiese magte aan die grens met Israel.

Op 5 Junie voer Israel ’n reeks lugaanvalle op Egiptiese vliegvelde uit. Feitlik die hele Egiptiese Lugmag word vernietig.

Israel verower die Gasastrook en Sinaiskiereiland van Egipte, die Wesoewer van Jordanië en die Golanhoogland van Sirië. Israel annekseer Oos-Jerusalem en verklaar Jerusalem as hoofstad. Die internasionale gemeenskap erken egter nie Jerusalem as hoofstad nie.

Kyk ook Wikipedia en ChatGPT.

1967: Khartoem-beraad

Na die Sesdaagse Oorlog vind die Khartoem-beraad (Khartoum Resolution) plaas. Dit is bekend vir die “Drie Nee’s van Khartoem” waar die Arabiese Liga nee sê vir:

  1. Geen vrede
  2. Geen erkenning van Israel
  3. Geen onderhandeling met Israel nie

Kyk ook ChatGPT.

1970: Swart September

‘n Konflik in Jordanië tussen die Jordaanse regering en weermag aan die een kant en Palestynse guerrillagroepe (veral die PLO) aan die ander kant vind plaas vanaf September 1970 tot Julie 1971. Dit verander die politieke kaart van die Midde-Ooste ingrypend.

1972: München-slagting

Op 5 September 1972, tydens die Olimpiese Somerspele in München, Wes-Duitsland, geïnfiltreer agt lede van die Palestynse terreurgroep Swart September, die Olimpiese dorp en maak twee lede van die Israeliese Olimpiese span dood en neem nege ander as gyselaars.

Die fliek, Munich (2005), is gebaseer op hierdie gebeure.

1973: Jom Kippoeroorlog (Vierde Arabies-Israeliese Oorlog)

Die 1973 Arabies-Israeliese Oorlog of die Vierde Arabies-Israeliese Oorlog, vind plaas van 6 tot 25 Oktober 1973 tussen Israel en ‘n koalisie van Arabiese state onder leiding van Egipte en Sirië.

1978: Camp David-ooreenkomste

Camp David is die Amerikaanse president se plattelandse toevlugsoord in Maryland, ‘n veilige vlootfasiliteit wat gebruik word vir ontspanning en belangrike diplomatieke vergaderings.

In 1978 fasiliteer President Jimmy Carter (VSA) gesprekke tussen President Anwar Sadat (Egipte) en Eerste Minister Menachem Begin (Israel). Dit duur 13 dae.

Alhoewel die akkoorde hoofsaaklik oor Egipte en Israel handel, word ’n raamwerk vir Palestynse outonomie in die Wesoewer en Gasa goedgekeur. Palestynse leiers verwerp dit egter.

1982: Die eerste Lebanon oorlog

Die Eerste Libanon-oorlog van 1982, ook bekend as Operasie Vrede vir Galilea, is ’n grootskaalse militêre inval deur Israel in Suid- en Sentraal-Libanon vanaf Junie 1982 tot 1985. Die hoofdoel was om die PLO (Palestynse Bevrydingsorganisasie) uit Libanon te verdryf, vanwaar hulle aanvalle op Noord-Israel geloods het.

1987–1993: Die eerste Intifada

Intifada is ‘n Arabiese woord wat “afskud” beteken. In die Palestynse konteks word dit verstaan as ‘n burgerlike opstand. Op 8 Desember 1987 veroorsaak ’n Israeliese vragmotor per ongeluk ’n botsing waarin vier Palestyne in die Jabalia-vlugtelingkamp in Gasa omkom. Gerugte dat dit doelbewus was, versprei vinnig. Grootskaalse Palestynse volksopstand volg.

1991: Madrid-konferensie

Die eerste formele multi-party gesprekke tussen Israel, Arabiese lande en ’n Palestynse delegasie (onder Jordaanse sambreel) vind plaas. Geen grondgebiedsooreenkoms nie, maar dit is die begin van direkte dialoog.

1993: Oslo 1-ooreenkoms

Die Palesynse bevrydingsorganisasie (Engels=PLO) en Israel erken mekaar wedersyds. Die Wesoewer en Gasa word in A-, B- en C-gebiede verdeel met ’n oorgangsfase na ’n finale status.

1995: Oslo 2-ooreenkoms

Uitbreiding van selfregering vir Palestyne. Verdere presiese afbakening van gebiede, sekuriteitsamewerking en verkiesing van Palestynse gesag.

1993-1995: Onrus

14 selfmoordbomaanvalle vind plaas in Israel. 86 mense sterf.

2000: Camp David-beraad

Bill Clinton (VSA) tree op as bemiddelaar tussen Ehud Barak (Israel) en Yasser Arafat (Palestyne). Israel bied ’n omvattende tweestaatraamwerk aan. Arafat verwerp dit. Na die tyd sê Clinton: “Arafat was here 14 days and said no to everything.” In 2016 verwys Clinton weer hierna en sê: “I killed myself to give the Palestinians a state.”

2001: Taba-onderhandelinge

Finale onderhandeling tussen Israeliese en Palestynse leiers. Alhoewel die gesprekke beduidende vordering maak oor kernkwessies soos grondgebied, vlugtelinge, veiligheid en Jerusalem, eindig hulle sonder ‘n finale ooreenkoms, deels as gevolg van die dreigende Israeliese verkiesing en die voortgesette Tweede Intifada.

2000-2003: Die tweede Intifada

Dit breek uit ná die mislukking van die Camp David-onderhandelinge en ’n omstrede besoek deur Ariel Sharon (Israel) aan die Tempelberg/Al-Aqsa-kompleks op 28 September 2000. 3000 Palestyne en 1000 Israelies sterf. Israel begin die veiligheidsmuur bou en verskerp militêre teenwoordigheid in die Wesoewer.

2005: Israel onttrek uit Gasa

Israel onttrek uit Gasa en dwing ongeveer 10000 Jode om ook die gebied te verlaat

2006: Hamas word verkies in Gasa

Die inwoners van Gasa verkies Hamas demokraties as regerende party.

Sep 2008: Olmert-voorstel van 2008

Israeliese eerste minister Ehud Olmert lê ‘n omvattende tweestaatvredesplan persoonlik voor aan die Palestynse president Mahmoud Abbas. Dit word algemeen beskou as die grootste persentasie grond wat ’n Israeliese regering ooit amptelik aangebied het aan ’n Palestynse staat. Dit word egter verwerp.

2008-2014: Oorloë in Gasa

2011: Ysterkoepel

Israel se ysterkoepel (iron dome) word in bedryf gestel wat inkomende missiele onderskep.

6 Des 2017: Jerusalem word hoofstad van Israel

Die Verenigde State onder leiding van President Trump erken Jerusalem amptelik as die hoofstad van Israel.

7 Okt 2023: Israel-Hamas oorlog

Sedert 2006, toe Hamas oorgeneem het, is ongeveer 30000 missiele op Israel afgevuur. Hierdie konflik bereik ‘n klimaks toe Hamas op 7 Oktober 2023 vir Israel aanval:

  • Duisende vuurpyle word vanaf Gasa op Israel afgevuur
  • Die grens met Israel deurbreek en Israeliese dorpe en kibboetse word binnegedring
  • Ongeveer 1 200 mense word doodgemaak (hoofsaaklik burgerlikes)
  • Meer as 240 Israeli’s word as gyselaars ontvoer na Gasa

Dit is die dodelikste aanval op Jode sedert die Holocaust.

Kyk ook

1 thought on “Geskiedenis van Israel”

  1. Die Artikel blyk as of hy meeste feite reg het. Maar dit maak die Kontinuiteitsdinkfout of gelykbewordingsdrogredenasie. En dis dat
    Die Jode / huidige staat genoem Israel gelyk is aan die Volk Israel in die OT. As mens egter die bybel en ook die geskiedenis dieper bestudeer kom mens agter dat dit juis nie die geval is nie.

    Dit gese glo ek dat Israel weer herstel sal word, dit sal egter met die Wederkoms en eerste opstanding gebeur, soos dit ook in die boek Opembaring aangedui word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui