Genadedood

Daar is twee tipes genadedood:

  1. vrywillige aktiewe genadedood of bystandsdood (Engels = “voluntary active euthanasia” (VAE)).
  2. bystandselfmoord (Engels = “assisted suicide” of “physician-assisted suicide” (PAS))

Genadedood

Genadedood of bystandsdood is wanneer iemand wat hopeloos siek of beseer is op ’n betreklik pynlose manier dood te maak of die dood toe te laat om redes van genade.

Op die oomblik bepaal die wet in Suid-Afrika dat die dood van ’n persoon nie verhaas mag word nie. Indien ’n persoon byvoorbeeld aan ’n ventilator gekoppel is, mag die masjien nie verwyder word om die dood te bring nie. Ook mag die persoon se voeding nie gestaak word nie. Die persoon se medikasie mag wel gestop word.

Die huidige grense is van so aard dat wanneer dit gerek word, jy jouself steeds binne veilige gebied kan bevind. Wanneer jy egter die huidige grense wil skuif, beland jy baie vinnig in ’n gebied buite die Christelik-etiese gronde. Die vraag is: waar trek ’n mens die lyn? Vandag word mense wat bloot voel dat hulle ’n ander geslag is, toegelaat om te lewe asof hulle ’n ander geslag het. Dus, wat van mense wat aan depressie ly? Kan hulle ook besluit oor hulle eie lewe?

Bystandselfmoord

Bystandselfmoord is selfmoord wat met die hulp van ’n ander persoon (gewoonlik ’n dokter) onderneem word. Indien die persoon ’n dokter is, word die dokter se hulp gewoonlik beperk tot die skryf van ’n voorskrif vir ’n dodelike dosis dwelms.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui