Die doel is debatvoering

Hierdie is een van ’n paar artikels wat deel van ’n debat is oor Adrio König se boek Die evangelie is op die spel.

Kyk König: “Publiek het reg om ingelig te word,” sê uitgewer vir die vorige artikel en Teoloë kap König oor sy nuwe boek vir die eerste artikel.

**********

Die doel is debatvoering

16/05/2009 12:40 – (SA)

Proff. Cas Vos en Dirk Human, Fakulteit teologie, Universiteit van Pretoria

Die berigte van Marlene Malan (Rapport, 26 April en 3 Mei) en die brief van Schalk Meintjies (Rapport, 3 Mei) het betrekking.

Dit gaan vir ons inderdaad in ons brief aan mnr. Stephan Spies van Lux Verbi om die boek van prof. Adrio König. Ons maak hierin beswaar teen die verkeerde voorstellings, onbillike afleidings en die wyse waarop ons standpunte aangebied word. Dit is die redes vir ons ontsteltenis in die brief. Ons het wanvoorstellings oor ons standpunte in ons brief aangedui.

Skrywers gebruik verskillende stylmiddels om hul gedagtes oor te dra. Ons het in die brief van satire, ironie, hekel en beeldspraak gebruik gemaak.

Dit was geensins ons bedoeling om prof. König te verneder of kwetsende dinge oor sy persoon te sê nie. Indien die brief so oorkom, vra ons verskoning daarvoor.

Geen oomblik het ons gedink dat ons die alleenreg op publisiteit het nie. Ons het Spies se aanbod aanvaar om ’n boek te skryf.

Daarin beoog ons om oor onder meer die vrae en sake wat König teen die bors stuit, noukeurig uiteen te sit. Meer nog: ons wil graag die kerk se lidmate en predikante en die samelewing dien deur teologiese temas waaroor vrae en onsekerheid bestaan op ’n toeganklike en verstaanbare wyse te beredeneer.

Ons wil graag aan ’n debat deelneem. Daarvoor is ’n verantwoordbare boek nodig. Daarin kan almal lees en nadink waaroor hierdie debat gaan.

**********

Lees die volgende artikel by ‘Ek het vir u te veel respek om te sê u jok’.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui