Kerk nou net vir ‘geleenthede’

http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2005/09/04/R1/18/01.html

JOHANNESBURG FINAAL

NUUS bl. 18

BRIEWE OOR DIE GAY-KWESSIE

Kerk nou net vir ‘geleenthede’

Rapport, 4 September 2005

JAN VENTER, HANKEY:

Ek lees met aandag en verwondering die polemiek oor ds. Laurie Gaum van die NGK. Vir lidmate van die Gereformeerde Kerk is hierdie wroeging in die NGK maar net ’n natuurlike uitvloeisel van die verval wat al langer as 150 jaar aan die gang is.

Daar is nou selfs sprake van kerkskeuring. Om wat te bereik? Sal die “konserwatiewe” werklik bereid wees om terug te keer tot die ware Woord?

Ek dink nie so nie. Almal trek hul strepies in die sand en sê tot hiertoe en nie ’n tree verder nie.

Die kerk sal maar moet aanvaar sy gesag geld nie meer nie, dat hy nie meer uitsprake op grond van die Bybel kan doen nie. Daar is nou ’n moderne mens met wie rekening gehou moet word. Die rede is primêr, die gees sekondêr. Die kerk se taak is om babas te doop, jongelinge aan te neem, getuigskrifte te voorsien, huwelike te bevestig (hoewel dit moontlik ’n instelling is wat afgeskaf gaan word) en ’n waardige heengaan na die hiernamaals te verskaf. Vir dié dienste sal lidmate geduldig Sondae na die preek kom luister en bydraes gee.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui