Die debat oor homoseksualiteit

Deur Hercules Stander

15 Julie 2020

Om mense aan te val, werk nie, veral in die media.

Ja, ontbloot die dwaalleer. Verwys na dwaalleraars se geskrifte en weerlê dit. Veroordeling van persone lei egter net tot verwerping, verharding en selfs hofsake.

God oordeel oor mense.

Ons moet dwalende idees bestry, wat strydig is met God se norme. Waak en bid, staan dan vas. Speel die bal.

Stel dus liewer die saak vanuit God se Woorde.

Ek stel die volgende 12 punte voor, almal onder een hoof. Die volgorde kan dalk beter wees.

Skrifgesag

Die debat oor homoseks gaan eintlik oor alle abnormale seksuele verhoudings, waarvan homoseks net een aspek daarvan is. Dit val onder die sondeval en die “Jy mag nie egbreuk pleeg nie” gebod (Eks 20:14) as die oortreding van God se ordening by die skepping van die geslagte.

Alle sonde is strafbaar met die dood. Hiervan is homoseks een wat God spesiaal ten sterkste in die hele Skrif afkeur, van Genesis tot Openbaring 22:15.

Dit gaan in wese oor heiligheid in lewenswandel voor jou God, volgens Sy norme en eise. Daardeur word ware, egte geloof en liefde vir Jesus bewys soos Hy sê in Joh 14 en 15. Hierdie nuwe lewe sal as oordeelsnorm deur die Here Jesus self gebruik word in die eindoordeel soos Hy in die hele Matteus 25 bepaal.

Die debat oor homoseks word nou in 12 punte opgesom:

1. Die argument van “homofobie” is ’n leuen. Dis die strooipop van “daar moet ’n vyand wees. So nie, dan maak ons een.” Homofobie is self net so ’n valse woord, as die vals begrip wat daaraan toegeskryf word, nou selfs ook in woordeboeke.
Latyn:
Homo = mens soos in homo sapiens (denkende mens),
Fobie = irrasionele vrees vir iets.

Geen mens het ’n irrasionele vrees vir ’n homoseksuele mens nie, behalwe as jy hul optogte na jou toe sien nader kom. Of as jy hul invloed en onverdraagsame haat vir die “veroordelende” Skrif en gelowiges sien oorborrel in media, sinodesale en selfs in parlemente.

2. Dis ongeldig om te beweer dis “homofobie” of “haat” as God self enige vorm van onsedelikheid (seks buite die huwelik) as afskuwelike sondes beskryf in Sy Woord, en as doodsondes bestempel. Hy gebruik nie net ’n klein aantal tekste of woorde nie, maar baie tekste in die hele Skrif, met etlike woorde, bv in 1 Kor 6:9-10, Gal 5:19-21, Rom 1:16-32, ens.

Hier volg ’n paar begrippe:

  • Aselgeia (unbridled lust, excess, licentiousness, lasciviousness, wantonness, outrageousness, shamelessness, insolence, NT 9 tekse)
  • pornos (sodomis, onsedelike man wat met ander mans seksueel verkeer, NT 10 tekste)
  • porneia ( illicit sexual intercourse, adultery, fornication, homosexuality, lesbianism, intercourse with animals etc, sexual intercourse with close relatives; Lev. 18, sexual intercourse with a divorced man or woman; Mar 10:11, Mar 10:12 | In Afr 1953: hoerery, inteling, enige abnormale seksuele verhoudings wat homoseks, lesbianisme, insluit. Ook met diere, NT 26x)
  • malakos (manlike prostituut, NT 4x)
  • arsenokoites (man wat aktief met ’n ander man seks het, NT 2x)
  • moichos (egbrekers, huwelikseed verbreek, NT 4x)
  • moicheia (owerspel, seks van ’n getroude mens buite sy/haar huwelik NT 4)
  • inteling (met eie boedfamilie seks het, of naby familie trou, Lev 18 en 20)
  • Bestialiteit (seks met diere (mense sê mos “my hond is my getrouste en liefdevolste sielsgenoot”), ens. Nou reeds wettig in Kanada, Duitsland, ens.
  • Pedofilie (volgens eietydse norme is seks met minderjariges onder ’n arbitrêre eiendom ’n strafbare sonde. Net een dag bo dié ouderdom is seks glo wettig as homoseks. Watter afsny ouderdom? Sê wie?)

Nêrens kanselleer God in die Skrif sy verordening van seks alleen binne die huwelik nie. Selfs die Here Jesus bevestig dit in Matt 5-6, veral in Matt 5:17-20 en Openb 22:15.

Daar is geen Skriftuurlike basis vir die sinodale gedagte dat alle vorme van seks ’n “gawe van God” is nie. Jy glo Hom, of jy probeer dit en talle ander verwante uitsprake vergeefs wegredeneer met vandag se idee van “verantwoordelike Skrifuitleg”, eintlik “inlegkunde”, of “wetenskap bo die Skrif” en veral van paslike bronne van buite die Skrif geneem by gebrek aan Skriftuurlike bewyse. Maar ons sál verantwoording moet doen oor ons sedelike norme en Skrifmisbruik.

3. Al hierdie buite huwelikse verhoudings kan beskryf word as die Sinodale en teologiese valse maatstaf van “‘n verhouding van liefde en trou”, as mens mooi oor elkeen nadink. Lev 18 en 20. (Waarom owerspel pleeg? Ek het nou mos ’n sprankelende gawe van God gekry: van wedersydse liefde en nuwe trou vir ’n ander vrou/man, want myne is nou nie meer goed genoeg nie.)

God veroordeel dit alles.

Die straf vir sonde is die dood vanaf Adam tot die laaste volhardende sondaars in Openb 22:15.

4. Dis nie Hy of ons, as Sy verloste kinders, wat sondaars haat of veroordeel nie. Dis God wat alle sonde haat, self bepaal wat sonde is en wat is nie. Hy veroordeel volhardende sondaars en sal hulle oordeel. Hy het mos uit genade en liefde die Weg, Waarheid en Lewe gestuur. Verstoot of aanvaar Hom en dra dan die gevolge van jou besluit.
Ons het nie die reg om mense te oordeel nie, net Hy wat die harte en opregtheid al dan nie, van ons geloof ken deur ons binneste en ons werke.

5. Gelowiges is net padtekens wat die pad wys. Dis Jesus se groot opdrag in Matt 28:18-20. Wanneer ons daarvan afdwaal agter dwaalleer aan, dan is ons tereg op die verkeerde pad. In Matt 25 oordeel Jesus baie kras oor sulke mense wat hul besig hou met ander dinge as hul opdrag.

6. Ons waarsku uit liefde op God se bevel. Hy en dus ons, wil juis sondaars laat deel, soos ons self, in Sy verlossing, genade en liefde. Diegene wat dit verwerp, het net hulleself te blameer wanneer die Here Jesus kom oordeel en vir ewig straf, of beloon. Regsbeginsel: Die dief betaal vir sy eie sonde. Hy kan nie vingers wys na ander nie. Hulle sake kom nog voor.

7. As ons enige sonde, volgens God se siening, goedpraat, sal ons voor Hom daaroor verantwoording doen.
Ook as ons die sondaar nie waarsku en na verlossing in Christus se versoening lei nie.

8. Volgens die Skrif is alle mense sondaars, sonder uitsondering, behalwe die wondermens Jesus. Elkeen benodig verlossing deur Christus. In Joh 14-15 verklaar Jesus sewe keer dat indien ons Hom liefhet, ons Sy gebooie moet hou en dan kom God intiem binne ons lewens. Geregtigheid kom deur geloof in Jesus. Geloof word bewys deur ’n nuwe lewe. Dus word ons nuut gebore in ’n nuwe lewe, wat impliseer dat die ou lewe gelos moet word.

2 Joh 1:6 “En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel.” en verskeie ander plekke.

9. Maklik? Nee. Ons vind almal dat dit volgens Rom 7 ’n erge lewenslange stryd is. Dis nie net bitter moeilik om ingebedde homoseks te kan staak nie. Sommige van ons ken selfs dit. Ons ken almal die geweldige stryd teen alkohol, verdowingsmiddels, pornografie, oorweldigende heterogene seks drange, vloek en leuens, haat en woede, ens. Die Homoseksuele stryd is niks anders nie, net populisties opgeblaas bo die ander. Breek een wet en jy breek almal (Jak 2:10). Vra enige leraar of onpartydige sielkundige oor die stryd teen die ander hierbo genoem. Hoe gebroke sondaars is. Maar kompleksiteit van ’n sonde verskoon mos nooit die misdaad self nie: ’n Arm mens mag mos nogtans nie steel nie, al ly hy honger. Anders volg anargie.

10. Ons dank God dat Hy in Sy liefde ons en alle ander bekeerde sondaars Sy kinders maak in Christus. Ons wil graag hê dat ander mense dieselfde verlossing en blydskap vir bevryding kan ondervind as ons. Kom in opregtheid, en ons sal jou hand vashou uit ons wat die balk uit eie oog moes uithaal. Dalk kan die Gees jou wel deur ons help as jy regtig berou het. Vloek en skel op ons en ons vlug dan ook maar weg van jou. Is jy dan ernstig met God en ons? Jesus het self die dorpe verby gegaan wat Hom weggewys het. Die Gees sê dat ons dwaalleraars moet verwerp en nie eens saam eet nie.

11. En daar is talle verloste alkoholiste, dwelmverslaafdes en homoseksueles wat saam met ons getuig van bevryding in Christus. Kom luister gerus opreg na hulle.

12 Finaal: Kom na Hom toe, elkeen wat vermoeid en belas is, en jy sal vir ewig ware rus en ewige vrede met God vind saam met ons. Fokus voluit op Jesus, nie op jou persoonlike ellendes, verlore sondaarskap, komplekse self, eietydse wysgere, of “menswaardigheid” nie. Hy is die enigste Weg, die Waarheid en die lewe na die Vader.
Ons ondervind dit. Kom saam.

4 thoughts on “Die debat oor homoseksualiteit”

  1. Hercules, dink jy nie ons behoort ’n bietjie anders oor dit te dink nie? Kan dit die kerk regtig enige skade berokken as ’n verskeidenheid seksualiteite geakkomodeer word in liefde nie? Dit kan ’n nuwe dinamika van verdraagsaamheid en geduld on mekaar aktiveer.

  2. Sonja,
    Dis juis die punt wat ek probeer stel het.
    Die kerk is die bruid van Christus en moet lewe volgens Sy standaarde. Joh 14:15, 21, 23-24, 28, 15:10, 14. 2 Joh 1:5-11. Ens.
    Die eintlike probleem is aanvaarding van Sy Woord as Sy ewige, onveranderlike standaarde soos die Here Jesus dit so duidelik in Matt 5 stel. Teenoor ons eiesinnige tydsgees se veranderinge daarvan as “woorde van ons eie tyd se mense oor God, ondergeskik aan ons wetenskap, intellek, ens.”. Kyk gerus na Art 1-7 van die NGB en die Chicago Declaration of Inerrancy of Scripture op internet.
    As ons begin om ons eietydse norme in te bring, is ons besig om Sy bruid te versier met wêreldse tooisels en die inspirasie van die Gees te ontken. En so verval die Skrifgesag. Die Gees sal mos onmoontlik vir 3000 jaar een ding verkondig wat nou skielik blyk foutief of mites te gewees het, of selfs onwaar te wees.
    Dis juis waarom die kerk besig is om wêreldwyd te skeur: Metodiste en Prebiteriane en nou die NGK wat klaar de facto geskeur het. Vele ander Christelike bruide is besig om so te skeur.
    Ons glo Sola Scriptura as Woord van God aan mense. Die ander MGK helfte glo aan woorde van mense oor God volgens hulle tydsgees en pas die Skrif willekeurig aan.
    Dis presies wat ek hierbo vir u sê: óf ons aanvaar Sy ewige standaaarde of vervang dit met ons eietydse geite.
    Maar albei hierdie sieninge kan onmoontlik saamleef in een bruid. Daarom was die Kruis nodig vir sondaars en Hervorming nodig om die verworde Skrifbeskouing reg te stel – en hervormers is daaroor vermoor. Ons staan weer voor so ’n tyd. Dwaalleer en waarheid kan onmoontlik saamleef in een liggaam: die bruid is óf heelhartig Syne, of nie.

  3. Kyk na
    https://en.wikipedia.org/wiki/Legality_of_bestiality_by_country_or_territory
    Dis verstommend hoe dit wêreldwyd behandel word.

    Ek het in die oorspronklike artikel ’n fout gemaak.
    Dis multi-geslag (polyamory) huwelike (meer as een man en een vrou in een huwelik) wat deur Duitsland en sekere state in Amerika wettig verklaar is.
    Bestialiteit is wel wettig in Roemenië, Belarius en Rusland in Europa. Sien die wiki webwerf hierbo gegee.

    Can you be married polyamorous?
    But the marriage will not be legal. They must find alternative ways to have their family recognised. … Without marriage rights, though, people even in the most committed polyamorous relationships do not have access to the same legal and tax benefits as married couples. 21 Jul. 2017

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui