Brief: Beswaardes vat kortpad na ASM

Kyk KOMMENTAAR onderaan.

**********

Brief: Beswaardes vat kortpad na ASM | Kerkbode

Deur Kerkbode

8 September 2023

André Bartlett van Parkview, Johannesburg skryf: Dr Norma Rossouw skryf in ’n vorige brief oor gemeentes wat die NG Kerk wil “terugroep na die Woord”, maar nie deur die leierskap van die Algemene Sinode te woord gestaan word nie.

Al die gemeentes waarvan sy praat, is deel van een van die 10 streeksinodes van die NG Kerk. Al die leiers van die Algemene Sinode is ook deel van een van dié sinodes.

Hierdie streeksinodes is die aangewese plek vir beswaarde gemeentes en lidmate om hulle besorgdhede aanhangig te maak en onder die aandag van die Algemene Sinode te bring.

Al 10 die streeksinodes het die afgelope vier jaar vergader en in alle gevalle geleentheid vir beswaardes gebied om hulle besware te lug.

My indruk is dat instansies soos die Kairos Netwerk teleurgesteld is met die resultate van hulle pogings by die streeksinodes en nou ’n onordelike kortpad na die ASM wil vat.

Kom ons almal bly geduldig in gesprek met mekaar op die wyses waarop ons oor die dekades met mekaar ooreengekom het.

Kommentaar

Daniel Louw

André Bartlett is eintlik reg.

Kom ons vergeet vir ‘n oomblik die teologiese debat. My opinie is natuurlik dat die behoudendes reg is, maar daar sal altyd verskille wees tussen mense. En baie keer is die minderheid reg en die meerderheid verkeerd. Wanneer daar verskille is word ‘n saak gedebatteer om te probeer om by die waarheid uit te kom.

Wanneer die saak genoeg gedebatteer is, dan moet mens oorgaan na demokrasie en dan moet die minderheid hulle lot aanvaar, selfs al weet hulle, hulle is reg. Dit is so eenvoudig soos dit.

Ek is nie daarteen dat Kairos Netwerk die ASM in 2020 genader het nie. Al die kontaksessies was goeie publisiteit.

Ek is egter verbaas daaroor dat daar soveel ongelukkigheid is daaroor dat die ASM nie verder met Koinonia Sinode (KS) wil praat nie. Wat is daar nog om vir mekaar te sê? KS wil hê dat die dwaalbesluite omgekeer word. Dit is nie net onmoontlik om dit van die ASM te versoek nie, maar ook onbillik.

In 2019 het die AS die besluit geneem om ruimte te maak vir SGV. Almal wat daar was en wat dit op Youtube gekyk het moet erken dat dit op die oog af regverdig geskied het. Die feit dat die 600 bladsye se beswaarskrifte nie hanteer is nie, is vir my ‘n bysaak. Ek weet nie hoe jy dit prakties sou kon doen nie en verder verstaan ek dat ‘n sinode dit nie hoef te hanteer nie as hulle so besluit. Tydens die debat was daar ook genoeg tyd om al die teologiese argumente op die tafel te sit. Almal by daardie sinode was goed ingelig voor die tyd en tydens die sinode.

Na die 2019-sinode was daar meer as genoeg tyd om die kwessie van SGV tydens streeksinodes weer te debateer, maar behoudendes het nie hond-haar afgemaak nie. Dit is net Namibië wat daarteen besluit het en selfs Vrystaat het maar ‘n redelike flou besluit geneem.

Daarom: watter positiewe ding kan moontlik kom uit ‘n mediasie proses? KS kan nie as ‘n minderheidsgroep aanspraak maak op spesiale behandeling nie. KS staan na regte met die hoed in die hand. KS is die verleë party (natuurlik nie voor God nie, en dit moet onthou word).

Die enigste sinvolle gesprek op hierdie stadium is om oor ‘n pynlose skeiding te praat, maar my verstaan is dat KS steeds volstaan by:

  • Van binne reformeer
  • Dit is die kapers wat moet loop

Het dit nie tyd geword dat behoudendes vrede maak met hulle lot nie?

My voorspelling vir AS2023 is dat daar nie amptelike besluite gemaak gaan word oor die problematiese teologiese kwessies nie. Ek hoop dat daar wel oor ‘n pynlose skeiding gepraat sal word.

2 thoughts on “Brief: Beswaardes vat kortpad na ASM”

  1. Wat moet mens hieroor nadink? Dit laat my dink aan die volgende in die Skrif, en ek verwys daarna as die “NET-SOOS- Getuienis” :
    1. “En Dawid het gedoen net soos die Here hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot naby Geser.
    II SAMUEL 5:25 AFR53”
    https://bible.com/af/bible/5/2sa.5.25.AFR53
    2. “Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.
    JOHANNES 17:16‭, ‬18 AFR53”
    https://bible.com/af/bible/5/jhn.17.16-18.AFR53

    EN net soos God gesê het en aangetoon het, is ook net soos Elia en Elisa en Samuel en Moses en Jeremia en Esegiël en Jesaja gesê en gedoen het.

    Albert Mohler van die VSA in sy huidige reeks oor Kolossense, het onlangs gewaarsku teen wat absoluut ✅👁👁., maar absoluut ❎ is. Gegewe die aantal “views” op sy YouTube kanaal, blyk sy preek nie gewild te wees nie, maar wát ‘n goeie reeks sover! Die moderne mens wil eerder 📺 en nie die Skrif meer 👁👁 nie. Hy verwys na Kol 2.8 onder andere, “Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.
    KOLOSSENSE 2:8 AFR53”

    Die onbesnedendheid van die 🖤 is die grootste struikelblok by die mens. Hy skroom ook nie om van die “voorhuide” te praat nie, wat deur die “moderne skugterheid” of sogenaamde “oënskynlike konserwatisme” of “oënskynlike morele karakter” in die samelewing, vermy word, maar wat maar net een enorme ‘ front ‘ is wat aan ándere voorgehou word. Wat nié GOD se taal is nie. GOD draai nie doekies om nie, maar baie sogenaande “herders” wel. Wat eìntlik aan die gang is, is geweldige afgodery wat verskans word agter sosiale denkrigtings, éérder as GOD s’n. En hul kry die bekragtiging vanuit sfere met politiese en sosiale en ekonomiese invloed, en funksioner dikwels vanuit hoogs emosionele platvorms, waar woorde en betekenisse en bedoelinge, verdraai word, met groot invloed by die kyker of gehoor.

    Wil mense SUID AFRIKA verander? Begin dan by die wortel van die kwaad : ” liefde vir 💰”, want dít is die ware dryfveer van húl 🖤, wat hul eie 🧠 as vér méér geloofwaardig ag, as Christus se 🧠.

  2. In ‘n onlangse nuusberig kom die volgende hoofopskrif voor :” “‘Resign or we’re going to shoot you’: Nongoma councillors tell Cele about threats they’ve received 07 Sep 2023 “.

    Woorde begin of eindig oorloë, bring insig of dwaasheid, of heling of die dood, en met soveel ánder moontlikhede tússen-in hiérdie teenpole.

    Was so paar jaar gelede in ‘n kerkdiens in die Baai, wat juis so impak gehad en dit was onverwags en onbegryplik, en selfs “menslik onmoontlik”, maar het dit sélf beleef: ” Woorde” wat soos 🔪-steke in mens se 🫀gevoel het, wat tog nié moontlik was – as mens buite ruimtelik dit beoordeel – want die leraar was intelligent met goeie taalgebruik, en kom rasioneel en innemend voor, selfs met ‘n hoë begrip en kennis en ervaring van mense se wel en weë, en met hul blydskqp en lyding in vele vorme.

    Dit was asof mens se 🫀 gesteek word met ‘ 🔪 ‘n paar steke – en ‘n letterlike geweldige pyn beleef – en die pyn dikwels daarna wéér ervaar in sy preke. En hy 😄 en is opgeruimd en vrolik, en waar mense 😪, was hy ook sáám hul lyding. Hoe was dit moontlik?

    Ek is weg daar later. En so geleer: die Gees van GOD kan geweldig bedroef raak, en Hy kan selfs dit letterlik deur ‘n mens laat ervaar. Ek bid daarom nie meer vir daardie dominee en baie ánder nie. Want AS van NG en hul leraars – soos sáám baie pastore van Pinksterkerke – verstaan maar bitter mín van Hebreërs 9:13 “…die AS van ‘n vers….” Die preke en bede het by meesste rituele geword wat uitgevoer moet word. Die Bybel word per sé, as “geloofwaardig:” verkondig in hul “mission statements” of doktrine-literatuur, maar hul preke en woorde getuig min van ‘n ernstige omgang met die Bybel, en dikwels die teenoorgestelde. Hebreërs 10:30 spreek van God se wraak en oordeel. Dink hul GOD kan met suigstokkie-woorde tevrede gestel word? Net soos Lakshmi Mittal van Mittal Steel – hul eie 🧠 hul afgod, en sal met hoë kaliber woorde en frases mense beïndruk en sielkunde vermeng met die Bybel, en baie dinge verdraai of toesmeer om hul eie 🧠te bemark, maar God word nie deur mens se 🧠 beïndruk van mooi woorde en slim frases en “life coaching skills” en “chirpy slogans” nie – om dan óók so ander bekende engelse leraar in die Baai by Noordeinde, in herinnering te roep.

    Die duiwels besoek hul kerke in soveel vorms, en hul eien dit nie eens.

    Wat moet mens hieroor nadink van André Bartlett? Dit laat my dink aan die volgende in die Skrif, en ek verwys daarna as die “NET-SOOS- Getuienis” :
    1. “En Dawid het gedoen net soos die Here hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot naby Geser.” II SAMUEL 5:25 AFR53 https://bible.com/af/bible/5/2sa.5.25.AFR53
    2. “Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.” JOHANNES 17:16‭, ‬18 AFR53 https://bible.com/af/bible/5/jhn.17.16-18.AFR53

    EN net soos God gesê het en aangetoon het, is ook net soos Elia en Elisa en Samuel en Moses en Jeremia en Esegiël en Jesaja en Daniël en Dawid en Johannes die geliefde dissipel, gesê en gedoen het.

    Albert Mohler van die VSA in sy huidige reeks oor Kolossense, het onlangs gewaarsku teen wat absoluut ✅👁👁 of 👂👂of 🧠❤, maar absoluut ❎👁👁of👂👂 of🧠❤ is. Gegewe die aantal “views” op sy YouTube kanaal, blyk sy preek nie gewild te wees nie, maar wát ‘n goeie reeks sover!

    Die moderne mens wil eerder 📺en💃🕺 en die Skrif nie waarlik 👁👁 en daaroor 🧠 nie. Hy verwys onder andere na Kolossense 2.8 , “Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.” Die onbesnedendheid van die 🖤 is nie alleen die grootste struikelblok by die mens nie, maar ook sy 🧠 aangaande God, of selfs waar hy of sy blyk wedergebore te wees, met hoogs intelligente vermoëns en uitnemende bekwaamheid in sekulêre of teologiese sfere.

    Mohler skroom ook nie om van die “voorhuide” te praat nie, wat deur die “moderne skugterheid” of sogenaamde “oënskynlike konserwatisme” of “oënskynlike morele karakter” in die samelewing vermy word – en verstaanbaar só – maar wat dikwels ‘n enorme ‘ front‘ kán wees wat voorgehou word om die dieper ‘self ‘ te verskans waar groot, groot probleme kan sluimer en stilweg woel, soos ‘n ondergrondse vulkaan.

    GOD se taal is nie “verkleurmannetjie taal” nie. GOD draai nie doekies om nie, maar baie “herders” wel.

    Wat eìntlik aan die gang is, is ‘n geweldige afgodery wat verskans word agter sosiale denkrigtings, éérder as GOD s’n. En hul kry die bekragtiging vanuit sfere met politiese en sosiale en ekonomiese invloed, en funksioneer dikwels vanuit hoogs emosionele platvorms, waar woorde en betekenisse en bedoelinge verdraai word, met groot invloed by die kyker en gehoor.

    Wil mense SUID AFRIKA verander? Begin dan by die wortel van die kwaad : ” liefde vir 💰”, want dít is die ware dryfveer van húl 🖤, wat hul eie 🧠 as vér méér geloofwaardig ag, as Christus se 🧠.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui