You have to be gay to know God wen Andrew Murray boekprys

Die boek You have to be gay to know God is een van die boeke wat die Andrew Murray-prys gewen het vir 2019. Hier volg ’n baie kort opsomming oor die boek:

Siya Khumalo grew up in a Durban township where one sermon could whip up a lynch mob against those considered different. Drawing on personal experience – his childhood, life in the army, attending church, and competing in pageants – Khumalo explores being LGBTQI+ in South Africa today. In ‘You Have to Be Gay to Know God’, he takes us on a daring journey, exposing the interrelatedness of religion, politics and sex as the expectations of African cultures mingle with greed and colonial religion.

Hier volg die beskywing van die boek op www.andrewmurrayprys.co.za:

Die beoordelaars meen dat hierdie boek “inderdaad stilisties gesproke buitengewoon presteer het”. “Die skrywer se vermoë om die leser deur taal te begelei, is inderdaad prysenswaardig. Hy identifiseer homself as Christen, maar nuanseer sy identiteit as ’n ‘repressive Christian’, as ’n ‘questioner and believer’ wat in ’n stryd gewikkel is om vrede te maak met sy homoseksuele oriëntasie. Hoewel die boek oor die soeke na seksuele identiteit handel, beweeg die skrywer kreatief oor na sosiale en politieke kommentaar soos wat hy sy eie lewensverhaal as swart Suid-Afrikaner (Zoeloe) vertel. Die teks is oorspronklik, aktueel, vars, treffend, eerlik en op die mens af geskryf. ’n Besondere bydrae tot die huidige diskoers in kerk en samelewing!” Die beoordelaars is prof Jaco Beyers, me Jeanne Els en mnr Ashwin Thyssen.

Andrew Murray was ’n baie behoudende, gerespekteerde teoloog in Suid-Afrika. Die Andrew Murray boekpryse het egter ontaard in ’n skande. Verder is die Andrew Murray-Desmond Tutuprys bygevoeg en later Desmond Tutu-Gerrit Brandprys. Nie Tutu of Brand kan enigsins kwalifiseer as pioniers in die NG Kerk nie.

Die volgende is nog kontroversiële boeke wat hierdie toekenning gekry het:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui