Word NGK nou deel van die ‘Groot Herset’?

Kyk ook Dis nie ’n profesie, maar ’n samesweringsteorie waarin Jan Lubbe op hierdie brief reageer.

*******

Word NGK nou deel van die ‘Groot Herset’? | Netwerk24

Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes

31 Mei 2022

Ds. Dubois du Toit van Kestell het ’n profetiese stem laat hoor in sy brief “Dít is die rede vir vasgelooptheid in die NGK” (23.05).

Wat my verbaas, is dat daar tot dusver nog geen reaksie op hierdie besonder belangrike skrywe was nie.

Is dit miskien omrede die Algemene Kuratorium ’n afdwingbare beleid ter tafel gelê het wat predikante en ampsdraers van die NGK “verbied om sosiale media-platvorms te gebruik . . .” soos uitgelig in die berig “Teologiese opleiding: So maak mens voorts met navrae” wat onlangs in die Kerkbode verskyn het?

Hoe ver strek hierdie verbod?

Lyk my die arme NGK-predikante en lidmate word toenemend gemuilband. Daarom is skrywes soos dié van ds. Du Toit so noodsaaklik.

Ds. Du Toit verwys na die verskeie skokkende voorstelle in die NGK se Droom Scenario 2030, soos om ’n “nuwe alternatiewe, ekumeniese, inklusiewe, relevante, vloeibare kerkgroepering te vestig”. Dit is dieselfde datum wat die Wêreld-Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, die Nuwe Wêreld-orde, die Verenigde Nasies (VN), die Pousdom met sy aardverwarming-bemoeienis en andere daargestel het vir die bereiking van sekere ideale. Is hierdie datum toevallig dieselfde, of is daar heelwat meer wat agter die NGK se Droom Scenario sit, soos ds. Du Toit probeer uitwys het?

Word die NGK nou ook deel van die “Groot Herset”?

Weet die NGK se leierskap wat die uiteinde gaan wees van die huidige ekumeniese rigting wat hulle die kerk laat inslaan het?

Wat sorgwekkend is, is dat dit blyk dat baie lidmate besonder onkundig is aangaande hierdie nuwe 2030-Droom Scenario wat alle lidmate gaan opslurp.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui