Woord verdraai om situasie te pas

Kyk ook:

Van Beeld gekopieer.

**************

Woord verdraai om situasie te pas

deur C.J. Pienaar van Gauteng skryf

2011-12-07 23:26

Ná 15 jaar in Mosambiek, waar ek ’n plaas ontwikkel het en evangelisasiewerk gedoen het, is ek terug in my geliefde Suid-Afrika.

In afsondering diep in die bos was ons nie altyd op hoogte van die daaglikse gebeure in SA nie.

Ons het egter af en toe ’n Beeld, asook ’n weeklikse gesinstydskrif gelees wat familie en vriende vir ons op die plaas aangebring het. Twee berigte wat ek in dié tyd gelees het, het my hewig ontstel.

Die eerste was ’n berig oor ’n ma wat gepraat het oor haar dogter wat ’n normale jong lewe op skool gelei het. Die dogter is ná matriek Kaapstad toe en by haar terugkeer vertel sy haar ma dat sy nou haar ware seksualiteit ontdek het, naamlik dat sy eintlik seksueel aangetrokke is tot haar eie geslag.

Die ander geval was dié van ’n gesiene teoloog wie se seun (toevallig ook ’n teoloog) ook ’n belangstelling in sy eie geslag het.

In albei dié gevalle haal die ouers Matt. 19:12 heeltemal uit verband aan. Die vers lees in die oorspronklike vertaling van die Bybel so: “Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is … ” Die bewering is dat sommige gebore is met ’n belangstelling in hul eie geslag.

Gesiene teoloë mislei gewone lidmate deur die Woord van God te verdraai om hul eie situasie te pas.

Ons moet onthou dat ons almal gebore homoseksuele, moordenaars, diewe, leuenaars, ensovoorts, is. Alleen deur die genade van God word ons verlos van dié ou natuur in ons deur die wedergeboorte.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui