Slegs sekere dialoog tussen wetenskap en teologie skynbaar noodsaaklik

Kyk ook:

Onderstaande artikel is op Kerkbode-aanlyn geplaas, en die eerste kommentaar het darem omtrent ’n dag na die plasing daarvan, verskyn.

Die 3de kommentaar is selfs na ’n 2de probeerslag, nie geplaas nie.

***********

‘Dialoog tussen wetenskap en teologie noodsaaklik’

15/08/2012 | Filed under: Nuus,Suid-Afrika | Geskryf deur: Jean Oosthuizen

STELLENBOSCH. – Gelowiges en ongelowiges het vroeër vandeesmaand skouer teen skouer geluister na redes waarom daar nie altyd konflik tussen wetenskap en geloof hoef te wees nie.

‘n Groot aantal akademici, teoloë, wetenskaplikes en lede van die publiek, waarvan heelwat met opponerende geloofsoortuigings, het met aandag geluister na ’n lesing deur die internasionaal bekende prof Wentzel van Huyssteen, wat deur die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (Stias) aangebied is.

Prof Van Huyssteen is die James I McCord-professor in teologie en wetenskap aan die Princeton Theological Seminary in New Jersey in die VSA.

In sy lesing oor die evolusie van geloof het prof Van Huyssteen aangevoer dat teologie en verskeie wetenskappe op verrassend baie gebiede by mekaar aanklank vind, veral wanneer daar gesoek word na antwoorde op vrae soos “wat maak van ons mense?” of: “wat definieer die mens?”

Hy het gesê die ingewikkelde vrae van die twee onderskeie dissiplines, teologie en wetenskap, hoef nie altyd in stryd met mekaar te wees nie. “Daar is gedeelde standpunte met opwindende antwoorde op baie van die vrae.”

Verskeie uitgelese gaste het prof Van Huyssteen se lesing bygewoon, onder meer die bekende paleontoloog, dr Jurie van den Heever, die wetenskapjoernalis en skeptikus dr George Claassen, die dekaan van die Fakulteit Teologie, prof Nico Koopman en die bekende teoloog, prof Dirkie Smit.

Dr Claassen het na afloop van die lesing aan Kerkbode gesê die dialoog tussen godsdiens en wetenskap is nodig, en veral om die volgende redes: “Nie een van die twee dissiplines het die volle waarheid in pag nie. Van dié twee het die wetenskap se invloed en status ten koste van religie drasties sedert die 16de eeu gegroei, en bevind religie hom myns insiens, soos wat kennis vermeerder, in die laaste loopgrawe.”

Dr Claassen sê dit beteken nie dat religie nie ’n belangrike rol kan speel om gemeenskappe te help om armoede en sosiale ongeregtigheid te beveg nie. Volgens hom kan religie egter nie meer aanspraak maak op die gesag en beheer wat dit oor mense se lewe tydens byvoorbeeld die Middeleeue en die Renaissance gehad het nie.

Dr Claassen is een van die samestellers van die boek God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles, terwyl prof Van Huyssteen een van die medewerkers is wat vanuit ’n geloofsoogpunt sy saak in die boek stel. In sy bydrae tot die boek skryf prof Van Huyssteen onder meer: “In die dialoog tussen teologie en die wetenskappe word dit moontlik om verskillende maar ewe geldende maniere te ontwikkel waar uiteenlopende stemme gehoor kan word, in ’n gemeenskaplike poging om die ryke dimensies van beide die wetenskappe en godsdienstige geloof bymekaar te bring.”

– jean@tydskrifte.co.za

Kommentare:

Hennie Mouton
15/08/2012

Ware geloof gedy genadiglik en behoorlike wetenskap vorder goed, maar evolusionistiese wetenskap bevind hom myns insiens in die laaste loopgrawe. Maar dit mag lank neem voor sommige teoloë agterkom hulle het ’n dooie perd opgesaal.

Dr Hennie Mouton

Louis van Ryneveld
24/08/2012

Vir diegene wat nie noodwendig gevorderde opleiding in die natuurwetenskappe het nie maar wel ’n intelligente, oopkop-belangstelling op daardie gebied is ’n besonder insiggewende boek onlangs gepubliseer. “The Story of Earth & Life” (McCarthy en Rubidge; Struik; ISBN 1 77007 148 2)is aangewese leesstof. Die uitgelese bydraers tot hierdie boek skets ’n pragbeeld van die verstommende insigte wat die ideologies ongebonde natuurwetenskappe na vore bring en sodoende slaag hulle daarin om die vergeefse teëstribbeling van die met oogklappe versierde teenstanders van sogenaamde “evolusionistiese wetenskap” vernietigend af te maak.

Hennie Mouton
29/08/2012

Your comment is awaiting moderation. [Kerkbode het nie hierdie kommentaar laat verskyn nie.]

Geologists actually catch hints of this event [Noah’s flood] but their interpretive framework, especially the dates they have assigned, prevents them from making the connection. For example, they speak of a time when the Indian and Atlantic Oceans were ‘born’—of the break-up of Gondwana. The ‘birth’ of these oceans provided the place for the waters to go:

“The break-up of Gondwana began with the opening of the Indian Ocean along the African east coast, heralded by the eruption of basalts and rhyolites of the Lebombo region.”

[This is a quote from the book “The Story of Earth and Life: A Southern African Perspective”]

So, geologists do see the effects of Noah’s Flood, and document them quite remarkably. But they do not make the connection because of the uniformitarian glasses they are wearing by which they interpret the evidence. This philosophy is like mind-forged manacles. It makes them imagine the process took hundreds of millions of years. It would be interesting if geologists could free themselves to look through a different interpretive framework. If they would do this, even for a little while and for the adventure of exploring new ideas, it will be interesting to hear of the new insights that they will gain.

[http://creation.com/noahs-flood-africa ]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui